Hof beslis SAUK moet betogings wys

Foto: Argieffoto

Foto: Argieffoto

Die SAUK is Woensdag deur ʼn hofinterdik verbied om sy omstrede redaksionele besluit om nié gewelddadige betogings uit te saai nie verder te implementeer.

Die Helen Suzman-stigting het ʼn aansoek voor die hooggeregshof in Pretoria gebring teen die SAUK se verbod op die uitsaai van betogings, wat die stigting as sensuur beskryf. Die openbare uitsaaier het ʼn skikking met die stigting bereik waarin hy instem om die verbod op te hef.

Volgens die interdik mag die SAUK geen verdere besluite neem wat sal verhoed dat nuus of beeldmateriaal van gewelddadige betogings uitgesaai word nie. Die SAUK sal egter steeds toegelaat word om sy redaksionele diskresie te gebruik wanneer daar oor nuus besluit word in lyn met die Wet op Uitsaaiwese.

Francis Antonie, die direkteur van die Helen Suzman-stigting, het gesê die stigting was bereid om met die SAUK te onderhandel oor ʼn wyse waarop die uitsaaier steeds redaksionele onafhanklikheid kan behou, maar het gesê dit bly ʼn beginselsaak.

“Ons sleutelargument is dat die SAUK se redaksionele beleid nie die handves van menseregte, die Grondwet of die Wet op Uitsaaiwese kan oortree nie. Wat hulle nou by die SAUK doen, oortree hierdie wette. Die SAUK is ʼn openbare uitsaaier wat bestaan danksy openbare fondse, ondersteuning van die staat en belastingbetalers,” het Antonie gesê.

Die interdik noem niks oor die afdanking van die agt SAUK-joernaliste wat glo in die pad gesteek is nadat hulle die verbod op die uitsaai van betogings gekritiseer het nie. ʼn Dringende aansoek deur Solidariteit sal Donderdag in die arbeidshof aangehoor word waarin die vakbond versoek dat die joernaliste se afdankings onmiddellik tersyde gestel word.

Solidariteit het Woensdag die interdik verwelkom en gesê dit versterk die vakbond se saak wat Donderdag aangehoor word.

“Die feit dat die SAUK deur ’n hooggeregshofinterdik verhoed word om verdere sensorskap toe te pas totdat die wettigheid van die gewraakte instruksie op ’n latere stadium deur die hof bereg word, is reeds ’n klinkklare bewys daarvan dat die SAUK se sensorskap verkeerd is,” het Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, gesê.

“Die interdik beteken dat die hof reeds bevind het dat die instruksie om te sensor prima facie onwettig is en by wyse van ’n interdik gestop moet word. Dit baan die weg vir die arbeidshof om te bevind dat die skorsings, dissiplinêre optrede en ontslag van die joernaliste, wat uit die onwettige instruksie spruit, ook onbillik is en omgekeer moet word,” het Kruger gesê.

Volgens Kruger is dit belangrik dat ’n ander hof nog later moet uitspraak gee oor die wettigheid van die instruksie om sensuur toe te pas. Hy meen dat die saak nog lank nie verby is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Maddox ·

En die SABC het besluit om die hof die middel vinger te wys. Onthou die hoof het die ondersteuning van die ayencee en numma wan, so hulle sal maak net soos hulle wil. Het hulleself nog nooit gesteur aan die hof of wet en orde nie….hoekom sal hulle nou?

Poot ·

Elkeen het sy opinie rondom die uitsaai van geweld. Die vraag wat ek vra is egter, wie baat daarby? Wat het geword van die ooreenkoms wat met die Onafhanklike Uitsaai Kommisie aangegaan is om nie haatspraak, geweld en desmeer uit te saai nie?
Almal spring op en af oor saai dit uit of nie. Maar verduidelik ASB vir my……WIE BAAT DAARBY?

Buitestander ·

Poot, aan watter kant is ,jy nou eindlik? Die wet óf dittator óf. ANC ALIANSIE óf is jy dees man woord jy spreek dees se brood jy eet?
Vra net vir my is dit maar ‘n deurmekaar spul.
Na more se hof uitspraak sal ons seker ‘n bietjie nader kom aan die waarheid.
Hoekom mag die verhoor nie môre uitgesaai word nie. Blaas die ook geweld aan? Óf is dit ook maar weer ‘n diktator beslising. Al bring die kraaie dit uit, waarheid sal uit kom

Lee-anne ·

dit gaan oor dit: SABC wil net die goeie nuus wys sdt dit lyk asof dit goed gaan in die land van die ANC. Die SABC wil nie die slegte goed wys nie. As mens nie mooi dink nie, klink dit wonderlik dat geweld nie uitgesaai word nie. As jy verder dink, besef jy dis onregverdig teenoor die land om die waarheid weg te steek.

Wat-ek-lees ·

Dankie tog, nou sal die es-ei-bie-sie ook my betoging moet beeldsend. Bravo!!

Poot ·

Buitestander
As jy mooi lees wat ek sê antwoord jy maar jou eie vraag. “Dis ‘n deurmekaar spul”. Want wie baat daarby.

Peter ·

As die SAUK steeds redaksionele onafhanklikheid behou beteken dit mos dat hlaudi motsoeneng steeds kan voortgaan met die implementering van seensydige besluite.

Karma ·

Vatso, jou skelm, skeeloog Hlaudi!!! Wys jou net wat gedoen kan word as die mense saamstaan en vasskop! Nou nog net vir die ayensee en namba wan! Grrrrrr ………………

Oom Twakkies ·

Maak nie saak of dit voordelig of nadeĺig is nie om gewelds tpnele uit te saai nie. Volgens die negende gebod mag die waarheid nie verswyg of verdraai word nie.

Lh ·

Die belangrikste inligting wat die ANC en hulle broers in enige slegte lig kan stel is en was in elk geval nog nooit ten volle uitgesaai nie. Werk maar so in enige land met enige regering wat aan bewind is. Hierdie makker aan die hoof klink my dink nou nog verder hy is een of ander onaantasbare godelike wese wat net kan doen wat hy wil en die grap van alles is, hy kan want sy werkgewer is die regerende party.

Lida ·

Nou begin die sports. More se hofbeslissing kan dinge deurmekaar krap. Kom ons kyk wat se Tarzan moreaand.

Nita ·

SABC pas al jare lank sensuur toe. Geen berigte oor plaasmoorde! Geen berigte oor wrede rooftogte daagliks in dorpe en stede. Hoekom nie? Ons moet almal ons ‘happy’ Zuma gesiggies vir die wereld wys.

Joann ·

Nita ek stem. Ek kan nie verstaan dat mense so maklik hoe poste kry sonder geleerdheid nie.

Lance ·

Bloedneus …net wat hy wil he sodat hy homself gefire kan kry en die goue handdruk kry …hy werk met n plan !

humor ·

Alle vorme van geweld asb. Ook plaas – en stedelike moorde. Ook die gesigte van van moordenaars, verkragters. en geweldenaars tesame met strawwe wat hul opgele is. Ook is die burgery geregtig daarop om meer dikwels van die misdaadstatistiek kennis te neem

plaasjapie ·

Soos wat oom Siener voorspel het.. ons sal nie regtig weet wat alles in die land aangaan nie want hulle(huidige regering) sal dit van ons weerhou.
Kyk maar na die plaasmoorde wat jy niks van op tv sien nie…en dan word jy dik van onbenullige nuus gestop.

M A ·

Hy het nou gesê hy sal soet wees. Het net nie gedink hulle bedoel ernstig hy mag nie aanhou om te sensor nie. Net bietjie nie mooi verstaan nie. Sonder matriek is moeilik. Hau!

James Louis ·

#HlaudiMotsoenengMustFall Hy is arrogant en dink hy kan maak wat hy wil, maar ek dink nie ek is verkeerd as ek sê dat Zuma ook agter dié arrogansie sit. Verder, dink SABC vir een oomblik dat as hulle geweldadige protes dek nie dat die ander baie groter en baie belangriker kanale dit ook nie sal doen nie. BBC, SkyNews, CNN en s laat hulle belsis nie voorskrys deur die Micky Mouse SABC nie. The news will reach the world, no matter what. DSTV is deesdae beskikbaar vir miljoene in die land.

John ·

Waar het Hlaudi gewerk met al sy kwalifikasies voor hy oor die SAUK begin regeer het?

pieter ·

Waarom lewer dieselfde mense alty kommentaar op enige nuusberig maar nooit op die Boodskap Vir Die Dag nie?

e ·

Hlaudi sonder sy matriek is aangestel deur Zumpi sonder matriek. Hul dink eenders!!! HlaudiMustFall @ ZumaMustFall

Sandra ·

Mooi so!!!!!!!! Hulle kan nie net maak soos hulle wil nie die publiek MOET sien wat aangaan.

Johann Marx ·

Daar is vele kommentators wat vra “Wie baat daarby?” Kom ons kyk na die groter prentjie. Jy ry in jou motor en beland binne in ‘n oproerige massa in bv die middestad. Jou motor word beskadig en jy word aangerand. Sou jy wou hê dat daardie materiaal êrens op ‘n nuuskameraman se toerusting moet wees, en uitgesaai word? Of sou jy “geen getuies” wou hê nie? Nog ‘n voorbeeld: ‘n Gemeenskap hou ‘n vreedsame protes aksie oor die munisipaliteit se swak dienslewering. Die SAPD daag op…en begin links en regs skop, slaan, aanrand en skiet….want hulle weet daar sal geen kamera naby wees nie want die SABC saai nie sulke voorvalle uit nie, en sal dus ook nie ‘n nuusspan soontoe stuur nie. Nou kan hulle maak en breek en intimideer soos hulle wil….want daar is geen bewyse nie. Vra nou weer jou vraag. “Wie baat daarby om sulke voorvalle uitgesaai te kry?”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.