Hof beslis teen SAUK-raadvoorsitter

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die SAUK-raadvoorsitter se dringende aansoek om LP’s te verhoed om met ʼn ondersoek oor sake by die openbare uitsaaier voort te gaan, is Vrydag met koste in die hooggeregshof in Kaapstad van die hand gewys.

Regter Siraj Desai het in ʼn kort uitspraak gesê: “Die aansoek word van die hand gewys. Die redes sal later bekend gemaak word.”

Desai het gesê ʼn geskrewe uitspraak sal later aan alle partye beskikbaar gestel word.

Mbulaheni (Obert) Maguvhe, voorsitter van die SAUK-raad, wou ʼn interdik bekom om die parlementêre ad hoc-komitee wat ondersoek instel na die beleërde openbare uitsaaier, in sy spore te stuit. Maguvhe die enigste oorblywende SAUK-raadslid, is die enigste raadslid wat weier om te bedank.

Vrydag se uitspraak beteken dat die ondersoek volgende week begin. Vincent Smith, voorsitter van die ad hoc-komitee, het aan verslaggewers buite die hof gesê die komitee sal definitief binne die volgende week begin. “Ons gaan nie een dag onnodig mors nie. Ons sal sonder vrees of vooroordeel werk.”

Maguvhe sal na verwagting volgende week Vrydag voor die komitee getuig.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

CHRISTA ·

Waarvoor is hy so bang?? As als by die SAUK reg is hoef hy mos niks te vrees nie!! Dit laat mens wonder . . . . .

Koedoe Kalf ·

Die komitee moet nie net na verlede jaar se “finansiële state” kyk nie….hulle moet NOU daar instap en gaan kyk wat in die bank is….As hulle hare het, sal dit regop staan!! En die werkers wat almal sit en wag vir salarisse en bonusse…het geen idee wat wag nie.

wilma ·

Hukom hof tu gaan as da nix is om weg te steek nie. Skande hu als onder kombers versteek word

Roy ·

Pasop, die geagte raadslid het dalk ‘n botteltjie DOOM by hom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.