Hof beslis teen Steve Hofmeyr oor ou vlag

Steve Hofmeyr (Foto: Facebook/Steve Hofmeyr)

Die landdroshof in Stellenbosch het Maandag ten gunste van ʼn Stellenbosse aktivis beslis wat ʼn beskermingsbevel teen Steve Hofmeyr wou bekom.

EWN berig die hof het ʼn finale interdik uitgereik wat Hofmeyr verbied om die aktivis, Johan Pienaar, te teister of te kontak.

Hofmeyr wou op navraag van Maroela Media nie kommentaar lewer oor die uitspraak nie.

Pienaar het ʼn tydelike beskermingsbevel teen Hofmeyr bekom nadat die tonge behoorlik geklap het oor ʼn installasie van die ou Suid-Afrikaanse vlag wat tydens die US Woordfees buite die US Museum aangebring is. Op die vlag is name geskryf soos dié van Hofmeyr, DF Malan, Connie Mulder, Riaan Cruywagen, Freek Robinson en Totius – mense wat volgens Pienaar ʼn groot rol “onder die ou landsvlag” gespeel het en “deur dié vlag bemagtig is”.

Hofmeyr het egter volgehou die sogenaamde protes-installasie van die ou Suid-Afrikaanse vlag wat ʼn gesprek oor die vorige politieke bedeling se “apartheidsmisdade” wou begin, kom neer op die aanhitsing tot volksuitwissing en crimen injuria.

Pienaar, wat mense aangemoedig het om oor die vlag te loop, het gesê die vlag verteenwoordig die misdaad wat “in die naam van wit Suid-Afrika” teen die mensdom gepleeg is. Hy het gesê diegene wat die vlag beskerm in die naam van tradisie of sentimentaliteit betrek hulself by “apartheidspornografie” van die gewelddadigste aard.

Die ou landsvlag wat die tonge laat klap het (Foto: Twitter via Johan Pienaar)

Volgens Pienaar was die installasie bedoel om gesprekke oor die besluite en “misdade” van die vorige politieke bedeling uit te lok. Hy het mense genooi om daaroor te loop, maar gesê dit moet nié “in ondersteuning van die vlag, die uitstalling daarvan of apartheid” wees nie.

Dié installasie het wyd omstredenheid tot gevolg gehad en Pienaar is oor die kole gehaal deur sosialemediagebruikers. In ʼn Twitter-inskrywing wat sedertdien verwyder is, het ʼn gebruiker gedreig om hom te “donn*r” en die vlag is in ʼn stadium ook “gesteel”, maar later weer teruggekry. Sosialemediagebruikers het Pienaar van “verdeeldheid” beskuldig.

Oor die vlag wat gesteel is, het Pienaar gesê: “Regses het die gedekontekstualiseerde vlag probeer steel soos hulle voorvaders die grond gesteel het.”

Hofmeyr het onder meer geld aangebied vir enigiemand wat Pienaar se installasie kon verwyder en Mulder het aangevoer dat Pienaar waarskynlik sekuriteit moet kry vir sy “aandagsoekery”.

Pienaar het daarna gesê hy gaan aanklagte van diefstal, intimidasie en sameswering tot diefstal teen onder meer Hofmeyr en Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, aanhangig maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Attie ·

Beslis sal ‘n korrupte, ANC-beheerde “regstelsel” sulke oordele fel.

Felix ·

Pienaar is ‘small fry’, Steve het die oorlog teen DSTV gewen.

Wilma Josey ·

Hip hip HoeraaA! Steve L A G oor hierdie uitspraak… en ons, sy getroue aanhangers ook. Dat die liberale bang is vir Steve is DUIDELIK te sien in hierdie hofuitspraak sowel as die kansellasies van sy komserte!

Kobus ·

Hahaha!!! Is die ou nou bang Steve sal spesiaal Stellenbosch toe gaan om hom by te kom. Bangbroek!

Gert ·

Daar is mos deesdae geslagsveranderingsoperasies. Dalk is daar binnekort ook rasveranderingsoperasies, ek glo ons moet help geld insamel dat Pienaar een kan kry, hy is duidelik ontuis in sy eie vel.

Almoedeloos ·

Pienaar se groot doel (hy sal 10 teen 1 soos ander skuldiges ontken), is om ander te probeer oortuig dat hy nie n rassis is nie, wat as jy my vra n kruip in n plekkie is!
Dit is in die eerste plek BELAGLIK om name van mense wat tydens Apartheid iets bereik het op n vlag neer te skryf en so hul sleg maak. En dit bonop DEUR die vlag te noem. Moes Steve onder andere eers wag tot 1994 voor hy sy loopbaan kon begin?

Johan ·

Pienaar hou hom baie slim met sy simpel siening oor die vlag. Hy probeer duidelik om die rol van ‘n anti-blanke aktivis te speel. Miskien hoop hy om binnekort parlement toe te gaan?

$ ·

Maroela, julle opskrif laat dit klink of Hofmeyr die aansoek tot die hof gebring het, en die hof teen sy aansoek beslis het.

´n Beskermingsbevel is egter aan Pienaar op sy (Pienaar se) versoek toegestaan.

Ek is nie ´n regskenner nie, maar die woordspeling klink vir my bietjie misleidend? Behoort die opskrif nie eerder te lui ‘Hof staan interdik teen Hofmeyr toe ´ nie?

Johann cb ·

Ek stem saam met die beslissing téén Hofmeyr, níé met Pienaar wat oor die vlag loop/laat loop nie. Die opskrif, tussen hakies, is níé misleidend nie. Eerder heel akkuraat!

Cherokee ·

Beslis is die opskrif uiters misleidend. Toe ek dit lees het ek gedink Steve was in een of ander hofsaak betrokke waar hy tweede was.

Rooikop Mamma ·

Stuur hierdie Pienaar is sy glory in man. Hy is te pateries om op te staan vir sy mense leef met oogklappe aan. Laat mens se bloed kook

Christa ·

Pienaar kruip diep vir n POS in regering. Hy hoef nie te kruip nie Hy Moet net Weet hoe om geld te spandeer Dans Hy in. Geen fout met Steve. Hy staan op vir ons land, meer as wat Pienaar Kan sê.

Christel Rawstorne ·

Johan Pienaar ek het net een woord vir jou WORD GROOT KYK OM JOU…..

Bietjie Baie ·

Om eerlik te wees, Steve Hofmeyer dra niks opbouends en konstruktiefs by tot harmonie in Suid Afrika nie. Pienaar ook nie.
Steve, dis beter as jy hou by sing. Politiek is net jou mening, hou dit eerder so.

Pb ·

Korrek…en dan salueer hy nog ook met so ‘n ou pap handjie…nee wat Steve lankal nie meer n ikoon nie…inteendeel…

Akademi Buktu ·

Bietjie Baie – pas asb jou eie benadering op jouself toe en sê dat dit jouy opinie is. Hou dit eerder so.

Karlien ·

Is die kansellering v DSTV subskripsies om “iets” te bereik?
Presies wat het Steve Hofmeyr nou al bereik ten koste van die chaos wat hy en selfs sy seun deesdae saai?
Selfbeskikking? Moedertaal onderrig? Opheffing van arm afrikaner gemeenskappe? ‘N simpatieke oor by die amptelike regering? Indien daar sulke voorbeelde is…gee asb, I stand to be corrected.

INA ·

Daar’s min mense wat verstaan waarvoor die où vlag gestaan het. Ek kannie verstaan wat Johan Pienaar wil bereik deur mense aan te moedig om oor die vlag te loop nie. Dit sal meesal die jonger geslag & veral kinders wees wat aan sy versoek sal voldoen & hùlle weet nie rerig waaroor dit gaan nie… Johan, moenie mèèr haat kweek nie! Ons het genoeg daarvan in hièrdie land. En Steve; laat die man in vadersnaam, tog maar begaan… Èk verstààn jou frustrasie; maar dink ASB voordat jy doen… Jy het duisende aanhangers & volgelinge in SA & in die buiteland; gun diè man sy oomblik in die kalklig…

Petrus ·

G’n wonder ons howe is vol met twak. Ag Steve trek tog terug (jy het al).
Mr Pienaar hoe moed. Jy glo duidelik dat as jy die krokodil voer jy laaste gevreet gaan word. Ja dis ‘n cliche, maar baie waar.

AndrewL ·

Die Pienaar wat ek geken het is nogal heel skerp en verstandig. Ek wonder wie is die man?

Adam ·

Indien die uitspraak tot die gevolg het dat beide Hofmeyr en Pienaar in stilte voortleef sal dit ‘n enorme bonus wees.

Sinoniem ·

Nogaltyd gesê daar is geen verskil in SA tussen vêr links en vêr regs nie… netsomin is daar verskil tussen Steve en Julius… voëls van eenderse vere

anton ·

Ek sou nogal baie geeerd gevoel het as my naam op die Oranje Blanje blou geskryf was!!!
n vlag wat iets beteken het en vir iets gestaan het!!!
As dit op die huidige vlag moes wees, sou ek diaree gekry het.

aj ·

Bedaar …. bedaar …. raak kalm!

Die net ‘n publisiteitsfoefie! Of beter bekend as ‘n ‘publicity stunt’.

‘n ‘Niemand’ misbruik die sentiment rondom die ou vlag om homself in die kalklig te kry.

En toe eleveer hy homself tot sterstatus deur ‘n geveg met Steve Hofmeyer aan te knoop.

Aandagvraat!!!

Mathys ·

Dit gaan glad nie vir my oor Steve of Pienaar nie, nou voor die persoon met die mees merkwaardige kapasiteit vir abstrakte denke weer vir my ‘n les gee oor die grootte van die stad waarin ek woon, Kambodja en verduidelik hoedat Sihanoukville, op sy Oos kus, ‘n vissermansdorpie is, wil ek slegs sê dat ‘n kwart van die bevolking hier afgemaai is noudiedag 1975-79, by wyse van goedkoper en stiller alternatiewe as patrone vir gewere, ons praat van byle, kinders teen bome dood, dit is ook nie die punt nie, maar wel relevant, omdat hierdie absurde en wreedaardigheid uit ‘n eenvoudige ideologie voortspruit. ‘n Ideologie is wat hierdie onverdraagsame mense in jou keel af druk wanneer jy ‘n sekermaak vraag wil vra. Die hoof ideologie is egter nie ‘n agressiewe vrou by ‘n braai wat sê Steve se musiek is nie goed vir die ore nie, dis ‘n konstante herhaling van: “dies wat het, het, omdat hulle dit gevat het by dies wat nie het nie”, of “herverdeling van rykdom”. Ek meen rykdom was nog nooit uitgedeel nie en hoe vat jy iets by iemand wat niks het nie? Konklusie, dis die taalpolisie en die sensuur van menseregte wat die klimaat skep vir ideoloë en spesifiek marxistiese ideologie, as jy nie wil lees nie, maak seker jy kan onderskei tussen taalgebruik (woorde) wat bou en woorde wat breek en veral mense tot orde roep wat ander definisies vir woorde het as die woordeboek van die gesprektaal

Magda ·

Al wat ek wil se – die 1 van die 2 vlae (ou Suid Afrikaanse of die Nuwe Suid Afrikanse Vlae is iets om op trots te wees nie – Ou Vlag (Wit Apartheid) Nuwe Vlag (Swart Apartheid) so my mening is – Nie een van die 2 vlae moet OOIT weer gehuis word nie en daar MOET n ander Vlag vir Suid Afrika gemaak word.

WESKUS NOOI ·

MAGDA,

Al weet ek baie gaan my amper stenig oor wat ek nou gaan sê, stem ek met jou saam, 100%.
Ou vlag, oor die sentiment van die Vrystaat en Transvaal wat moes aanhou veg vir Vryheid en toe maar weer onder die Britte beland het, ek sou eerder dié een wou hys!
Toe het die Britte ons maar weer onder swart apartheid help insleep!

Nuwe vlag, was nog nooit vir my belangrik nie, nie eers in sentiment nie, het self ‘n okkultiese beeld in, so nee, sou dit glad nie hys nie,

Nuwe Landsvlag, Ja!!! Heeltemal neutraal en iets wat saambind en nie wat verdeel nie!!! En dan moet almal se gevoelens in ag geneem word (haha as dit in SA kan gebeur???)

Dalk ‘n heel nuwe volkslied ook??? Baie Lief vir die Stem, maar ek sing nie vir ‘n Afrika voorvader se seën nie! En met alle respek, die een is NIE die Almagtige God van Hemel en aarde nie!!!

James ·

Pienaar – onthou asb om my naam op daardie vlag te sit!!
Moenie vergeet nie!!
Ek gaan baie sleg voel as my naam nie op my landsvlag is nie!!

Jan Van Riebeeck ·

Pienaar is iemand wat ek as ‘bagasie’ sien.
Wil so graag aandag he- sjym.

Vlaggie ·

Gaan my verstand te bowe dat soveel mense hulle identiteit heg aan ‘n stukkie lap. Shame

Boere sport 2019 ·

Die laat my di k aan boere sport. Toutrek met die ou Afrika vlag aan een kant en nuwe Suid Afrika vlag aan ander kant. Dankie dat jy veg vir Afrikaner, lands en taal maar die Afrikaners het agterstand gekry. Gebruik hul swakhede om ander wat hulself in die wêrelds wil verbeter af te breek. Engels is ook ‘n blanke taal maar word misbruik deur ander rasse. ‘n Ruik man is trots op wat hy bereik het en die arme blameer die rykman vir sy armoede. Waar is jou trots. As jy iets wil hê werk daarvoor en moenie ‘n vlag vertrap vir jou goedkoop advertensie op jou lewe nie. Dalk moet ons weer gaan kyk. Sosiale media, die mens adverteer God soos ‘n goedkoop advertensie maar doen die teenoorgestelde. God het nie rykdom gehad in woord want hy het nie sy woord goedkoop uitgegee. Die blanke volk verraai sy eie net soos Jesus se EIE hom verraai het. As jy gebly het in woes en leeg en jy kry skielik ‘n Limo hkm sal die potte van Egipte nie lekker wees nie? En na jou rit is jy net terug op woes en leeg. Om iemand anders af te breek om jouself te lig is om jouself reeds te condemn. Suid Afrika ek is trots op my God, my land en my taal

pieter ·

Steve,dis nou die tyd dat ons voluit gaan.Dis nou die tyd dat jy die volk se hande vat en nog harder en harder praat.

Slim Jan ·

Die ou vlag was net 2 derdes reg, maar ons voorvaders het die “savy” gehad om dit te laatgaan en die toekoms te verwelkom sonder waarheid en versoenings komissies. Hulle was maar net grootter as dit. Wonder wat sou gewees het as hulle in vandag se terme komissie gedrewe nasie geword het? Die Kruger of Pretorius komissies sou 10 teen een vandag steeds nie afgehandel gewees het nie. Dankie daarvoor!

Piet ·

Weet nie of dit is omdat ek dit eerste gelees het nie , maar ek dink thinus en Gert se kommentaar is PUIK . Ek is nou nie vreeslik n man vir die ou-vlag nie – nie omdat ek dink dit verteenwoordig apartheid nie , maar eerder dat dit die vlag was van n regering wat verraad teen oor sy eie mense gepleeg het. Tog het ons geveg onder die vlag en sal ek die vlag eer vir dit waarvoor dit aanvanklik gestaan het; n volk vry van Engelse verdrukking en n volk in eie reg. Vir al die “aktiviste” , draadsitters en “hensoppers”; hierdie bont gedrog wat nou gehys word is die simbool van terrorisme ,die bewys van anargie. Hierdie land is nog ver van vry – so n ware “vryheidsvlag” , moet hopelik nog eendag wapper

CN ·

Piet, jy het in woorde gesit wat ek al lankal probeer se het (kon nog nooit dit so mooi stel soos jy nie – dankie daarvoor!)

CallieL ·

Dit was onder daai Vlag wat ons in die bosoorlog met trots gestaan het. Die jonger rugraatloses weet nie hoeveel trots in die ou soldate was nie. Hoe met hoendervleis oor jou vel, met die vlag gehys, ons daar in die bos die stem gesing het ter ere van makkers wat geval het maar ook met groot trots oor die gevegte wat ons gewen het. Van julle se pa’s was dalk ook daar so waar kom julle wat so kruip vandaan.

Sarel ·

Met wat alles nou tydens die Zondu kommisie uitkom wonder ek oor die swart wig wat in die nuwe vlag tesien is tussen die twee goue(geel) srepies, se betekenis.

Andre ·

Dit klink soos n graad een ANC skool projek. “Kinders word gesien maar nie gehoor nie”

Jeremia ·

Die verlede affronteer sekere mense, maar as ek moet staatmaak op die leeskennis van Afrikaans wat ek in die verlede opgedoen het dan wil dit voorkom asof:
iemand in die verlede glad betrokke was by regse studente politiek (dis nou voor ‘n sogenaamde Damaskus-iets), en
van sekere sosiale media platforms geklim het toe iemand hom oor geld gedagvaar het. Klink asof dit handel oor ‘n IT-projek wat net nooit van die grond gekom het nie.
Maar diegene wat dalk meer wil weet, kan gerus na mediaberigte (onder andere ‘n baie bekende Sondagkoerant) en Twitter gaan kyk.

Lana ·

Pienaar het vergeet om die vlag om te draai en op die ander kant te skryf. Daar moet staan…
ONDER DIÉ VLAG:
Was daar wet en orde.
Is die land uit die parlement regeer en nie uit die hof nie.
Is die RSA se grense beheer.
Het mense baie meer respek vir mekaar gehad as na ’94.
Was daar nie so baie moord en verkragting soos vandag.
Was daar hospitale en skole wat baie goed funksioneer het.
Kon kinders in die straat of veld speel.
Was daar werk vir mense wat hoogs gekwalifiseerd was en het hulle nie nodig gehad om oorsee te gaan werk nie.
Is die werk gegee aan die persoon wat dit werklik kón doen.
Was die paaie, treine en alles wat met vervoer te doene het in ‘n baie beter toestand.
Was alles heel en in ‘n werkende toestand.
Was alles baie skoner en netjieser as vandag.
Het ‘n klomp betogers nie onskuldige mense se voertuie onder klippe gesteek nie.
Was jy veilig in jou huis, op die plaas, by die werk en oral waar jy was.
Is mense nie langs die pad vermoor of verkrag wanneer hul voertuie onklaar geraak het nie.
Kon jy respek hê vir die polisie en alle wetstoepassers.
Het dit baie beter gegaan met landbou en die ekonomie oor die algemeen.
Die vlag het ongelukkig nie genoeg plek vir die hele lys nie!!!

thinus erasmus ·

Ai ai Lana – Halleluja en Amen! Daar slaan jy ń hele handvol spykers op die kop! Ja daar was orde en vooruitgang, en ja nasie-trots. Wel ek is so trots op jou – jy kon eie suster wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.