Regter Lee Bozalek het Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, se beslissing ter syde gestel. Modise het destyds gesê Malema se opmerking dat die ANC-regering vir die Marikana-slagting verantwoordelik was, is onparlementêr.
Bozalek het ook bevind dat Modise se besluit om Malema uit die parlement te jaag, onwettig was. Modise is beveel om die koste van die hofgeding te betaal. Bozalek het gesê die reëls van die parlement is so saamgestel om vryheid van spraak te waarborg.
Die EFF het die hof se uitspraak verwelkom. “Dit is ʼn oorwinning vir die mynwerkers van Marikana wat verdien dat hul storie akkuraat vertel word. Dit is ook ʼn oorwinning vir demokrasie en spesifiek vryheid van spraak,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.
Ek is anti-EFF, maar ek is verheug dat die EFF hierdie rondte gewen het teen die ANC. Hulle was volgens my nie verkeerd met hul stelling in die parlement oor Marikana nie.
Ek stem saam CP. Nou kan die opposisie ook seker sê waar (dink hulle) lê die oorsprong van plaasmoorde. En dan ook in die parlement! Dankie Julius, by jou ook goeie punte maar ai, erken ander mense ook as bestaanswaardig.
Ditsem hond vreet hond