Hof beslis ten gunste van Malema oor Marikana-uitlatings

Julius Malema (17 Desember 2014) Foto: EFF, Facebook

Julius Malema (17 Desember 2014) Foto: EFF, Facebook

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag ten gunste van die EFF beslis na aanleiding van uitlatings wat Julius Malema, leier van die EFF, in die parlement oor Marikana gemaak het.

Regter Lee Bozalek het Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, se beslissing ter syde gestel. Modise het destyds gesê Malema se opmerking dat die ANC-regering vir die Marikana-slagting verantwoordelik was, is onparlementêr.

Bozalek het ook bevind dat Modise se besluit om Malema uit die parlement te jaag, onwettig was. Modise is beveel om die koste van die hofgeding te betaal. Bozalek het gesê die reëls van die parlement is so saamgestel om vryheid van spraak te waarborg.

Die EFF het die hof se uitspraak verwelkom. “Dit is ʼn oorwinning vir die mynwerkers van Marikana wat verdien dat hul storie akkuraat vertel word. Dit is ook ʼn oorwinning vir demokrasie en spesifiek vryheid van spraak,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CP ·

Ek is anti-EFF, maar ek is verheug dat die EFF hierdie rondte gewen het teen die ANC. Hulle was volgens my nie verkeerd met hul stelling in die parlement oor Marikana nie.

Peet Schabort ·

Ek stem saam CP. Nou kan die opposisie ook seker sê waar (dink hulle) lê die oorsprong van plaasmoorde. En dan ook in die parlement! Dankie Julius, by jou ook goeie punte maar ai, erken ander mense ook as bestaanswaardig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.