Hof beslis ten gunste van Solidariteit, Roos

Kol. Kobus Roos Foto: Werner Beukes/SAPA

Kol. Kobus Roos Foto: Werner Beukes/SAPA

Die arbeidshof in Johannesburg het Solidariteit se minagtingsbevel namens kol. Kobus Roos teen die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, en die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, toegestaan.

Volgens Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, kan die hof boonop die minister en kommissaris strafregtelik vervolg indien hulle nie die hofbevel voldoende kan teenstaan nie.

Solidariteit se aansoek volg nadat Phiyega en Nhleko nie ʼn hofbevel gehoorsaam het nie waarvolgens Roos ontplooi moes word na ʼn soortgelyke pos in misdaadintelligensie as die pos wat hy voorheen gevul het. Die hofbevel het gevolg nadat Roos deur lt.genl. Richard Mdluli, geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, uit sy pos in dié eenheid verplaas is nadat Roos in ʼn beskermde bekendmaking bewerings en bewyse van korrupsie in misdaadintelligensie blootgelê het.

Volgens Groenewald is Solidariteit verheug oor die uitspraak aangesien geregtigheid uiteindelik nou vir Roos kan geskied. “Ons lid is al vir 26 jaar ʼn getroue werknemer van die polisie. Hy het bloot gedoen wat sy werkgewer van hom verwag het – en dit boonop goed gedoen. Hy verdien dus nie die behandeling wat hy deur sy werkgewer ontvang het nie,” het Groenewald gesê.

Groenewald het gesê die nasionale kommissaris en die minister het tot 28 November 2014 geleentheid om die meriete van die minagtingsbevel teen te staan. Hy sê die hof kan, indien die nasionale kommissaris en die minister nie daarin kan slaag om hul onskuld te bewys nie, of versuim om die bevel in die hof teen te staan, tronkstraf of ʼn boete aan hulle toedien.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

tom ·

net om weer teen geappeleer te word en in die onkonstitionele hof uit gegooi of afgewys te word.

Andre Visagie ·

Dit sal geen doel dien om handdoek in te gooi en op ‘n hoop te sit en huil oor die Barnard-kostitusionele hof uitspraak nie. Ons onwit landsgenote gaan aanhou om teen ons wit mense te diskrimineer en om voortdurend reaktief te worstel totdat die witmense met bloed, derms en trane daarvan afkom, maak nie sin nie. Is dit nie nou die tyd om enersyds uit te wys dat wit dames se aanstelling nog ALTYD as ‘n “regstellende aanstelling” gesien EN TOEGEPAS is, en andersyds dat die konstitusionele hof se uitspraak in die Barard-saak strydig is daarmee nie? Dan is dit nou mos tyd om die hof te nader om ‘n verklarende bevel te gee, sodat ons regsekerheid kan kry of die aanstelling van ‘n wit vrou nou regstellend is of nie. INDIEN NIE, (soos wat die konstitusionele hof se uitspraak dit uitspel) KAN ONS MOS NOU INTERNASIONAAL ‘N SAAK VAN RASSISME UITMAAK!!!

anton ·

Dink julle regtig dat Moeggenoeg sal toelaat dat die polisie hoof of n minister gestraf word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.