Hof beslis Timol het nie selfmoord gepleeg nie

Ahmed Timol (Foto: Zetaboards.com)

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag bevind die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol is vermoor.

Die geregtelike ondersoek na Timol se dood is vroeër heropen en regter Billy Mothle het bevind dat hy nie in 1971 selfmoord gepleeg het soos beweer is nie.

Die hof het bevind dat Timol dood is ná hy aangerand, gemartel en by ʼn venster van die tiende verdieping van die polisiehoofkantoor in Johannesburg uitgestamp is.

Mothle het sy uitspraak in ʼn volgepakte hof gelewer. Hy het gesê die getuienis wat voorgehou is, dui daarop dat Timol by ʼn venster op die tiende verdieping of van die dak van die John Vorster Plein-gebou gestamp is.

Hy het voorts gesê lede van die veiligheidspolisie is verantwoordelik vir Timol se beserings en dat hulle hom gemartel het om inligting uit hom te kry.

In die oorspronklike geregtelike ondersoek het die landdros Timol as ʼn Asiër bestempel. Mothle het gesê Timol sal voortaan as ʼn Suid-Afrikaner geïdentifiseer word om sy waardigheid te herstel.

Mothle het gesê Neville Els, ʼn voormalige polisiebeampte, wat aangevoer het dat hy geen tekens van marteling onder gevangenes gesien het gedurende sy dienstyd as beampte by die polisie se hoofkantoor nie, moet ondersoek word omdat hy die hof mislei het.

Jan Rodriques (78), ʼn voormalige veiligheidspolisiebeampte wat aangevoer het hy was die laaste mens wat Timol lewend gesien het, asook hoe hy by die venster uitspring, sal vir meineed ondersoek word. Volgens Mothle het Rodriques die geregtelike ondersoeke in 1972 en 2017 mislei.

Timol se familie het aangedring dat die ondersoek heropen word omdat hulle geglo het dat sy dood nie selfmoord was nie. Volgens Mothle het Rodriques deelgeneem aan die opsetlike toesmeer van Timol se dood.

Timol is saam met sy vriend, dr. Salim Essop, in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes die motor waarmee hulle gery het by ʼn padblokkade voorgekeer het. Verbode ANC- en SAKP-pamflette is in die motor gevind en hulle is in hegtenis geneem.

Timol is vyf dae later, terwyl hy in aanhouding was, dood.

Maroela Media het vroeër berig ʼn familielid van Timol het in Augustus aanbeveel dat ʼn gedenkteken by Johannesburg Sentraal-polisiestasie opgerig moet word ter nagedagtenis aan alle politieke gevangenes wat tydens die apartheidsera gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Alida ·

Hulle lei ons aandag af van wat vandag aan die gang is deur ou koeie uit die sloot te grawe. Die 700 + aanklagtes gaan nerens heen nie.

Adam ·

Alida, jy is in die kol mt jou opmerking en nog meer tragies is dat in SA ons veg vir ‘n beter verlede eerder as om te bou aan ‘n beter toekoms. Tragies!!!!!

Poppie ·

Nou gaan grawe hul al die koeie wat dood is, uit die sloot. Die persoon sou nou in elk geval dood gewees het teen die tyd.

not in wonderland ·

Poppie – daai “koei” was iemand se seun en broer en hulle was oneindig lief vir hom.

HPV ·

Net so lief was die ouers vir hul kinders wat deur Mc Bride vemoor is.

Swart Piet ·

Ja en ons geliefdes en vriende wat gesterf het in die Kerk straat bom. Wat van die ouens wat opdrag gegee het vir die tereurdaad. Kruip nog steeds weg soos ‘n klomp lafaards.

wielie ·

Wat van al die mense wat vermoor word elke dag, aangerand word, gemartel word, besteel word ? Wat van al die kinders wat verwaarloos word, verkrag word ????? Gedenkteken vir hulle?? Genade dan gaan daar nie meer plek wees om te beweeg in SA nie!!!
Ai die land gaan rerig agteruit in stede van vorentoe ………….. Waarom ou koeie gaan uitkrap? Dis in die 70’s

Maro ·

Dis ou koeie ja, maar laat die reg sy gang gaan. Ek sou dieselfde doen as ek weet my familie is ook wreed vermoor, al is dit jare later…mens wil weet. En ja dis waar, seker sake kry voorkeur. Die wat nou nog wonder hoekom…eintlik ken julle alreeds die antwoord.

MM ·

1970 – REGTIG – GAAN GEE EERDER AANDAG AAN ZUMA SE KORRUPSIE KLAGTE WAT AL HOELANK SLOER.

Ag asb tog ·

Jis julle is darem goed, julle kan ‘n stokou saak oplos maar sake wat gister en vandag en laasmaand en laasweek en laasjaar gebeur het het julle nie ‘n CLUE van nie. EK wed julle as dit nie ‘n apartheidsaktivis was nie, is hy aan ‘natuurlike oorsake’ dood, maar omdat hy nou ‘n anti apartheidsaktivis was sal hulle nou alles tot op die been oopgrawe. Te eienaardig. Gedenkteken vir mense wat die regering wou omver gooi? Mens noem dit terroriste. Dan moet daar ook ‘n gedenkteken opgerig word vir al die polisie wat in daardie tyd deur die terroriste vermoor is asook almal wat in die kerkstraat bom en St James kerk gesterf het. APARTHEIDSMARTELAARS? sluit dit ook nou die mense in wat in die ANC kampe gemartel en vermoor is deur hulle eie mense?

Blits ·

Ja ek stem saam met julle, wat ek graag wil weet is, as jy 2 mense het 40 jaar terug, een spring uit die venster en die ander een word uit gestamp, hoe na 40 jaar bepaal jy wie is uit gestamp en wie het selfmoord gepleeg deur uit te spring? daar net getuies wat nie fisies daar was nie, dis maklik om te sê dat die een wat selfmoord gepleeg het “dit nie in sy karakter was om dit te doen nie” maar as jou dinge erg draai teen jou kan jy snaakse idees kry.

Ek is seker dom maar het hulle die hand merk op sy gebeentes gekry waar hy gestamp is om so n bevinding te kon maak??

Hulle kan dan nie eers n plaas moord oplos wat 2 dae terug gebeur het met n klomp bewyse nie maar hulle los n saak op wat al 46 jaar terug gebeur het en dit sonder bewyse, flippen hel hoe lagwekkend

Pieter ·

Hulle gaan nou verveeld raak en dalk weer Winnie aankla oor stompie ook

Verwonderd ·

Gaan seker vir hom ‘n standbeeld oprig soos met die Guguletho 7… Wat van die Esidimeni 100+? Waar is hulle standbeelde?

Eish ·

Die regter het seker sy besluit geneem op getuienis aangebied. Dis bietjie nag nou vir die twee ou oudpolisiemanne, veral in die tydsgleuf waarin ons leef. Dalk moes hul maar voor die waarheid en versoeningskommissie gebieg het toe hul kans gehad het. Klagtes darem nie so rof nie, meineed en misleiding van die hof.

Kiepie ·

Ek vermoed hy is by die venster uitgegooi nadat hy reeds dood was om dit na selfmoord te laat lyk en die feit dat hy dood gemartel is toe te smeer.

Adam ·

Is maar net n Swart regter wat hom wou laat geld Hulle gaan moeilik die saak suksesvol kan vervolg

anoniem ·

Soveel obafgehandelde hof sake wat wat, maar 47 jaar terug se saak word nou hanteer…..die wat kan praat kan nie meer want hulle is reeds oorlede, maar di wat kan praat probeer saak oplos sonder AL die getuies…..lagwekkend!!!!!

Ronell ·

Ai dis eintlik n donker dag vir ons regsproses om n uitspraak te lewer oor omstandigheids en hoorsê getuienis sonder enige werklike feite. Dink net as hierdie uitspraak in die toekoms gebruik gaan word as n uitgewysde saak hoeveel onskuldige mense gaan skuldig bevind word vir iets wat eintlik anders verloop het nie, of vals beskuldig word. Ek slaan my hande saam vir die ondeurdenke uitspraak, maar nou ja dit is wat al die terreurbeplanners van destyds wou hê.

Maria Van Dieweeck ·

Waarom was hy in hegtenis geneem? Sou graag wou weet.

MFV ·

Lees die berig Maria, daar staan dat daar onwettige ANC pamfeltte in sy motor gekry is tydens ‘n padblokade.

Alida ·

Wat van 118 siek mense wat vermoor is deur die huidige regering en hulle se net SORRY!

honourable member ·

Wie was die siel nog nooit in my hele lewe van hom gehoor. Hoekom nou so bohaai oor hom. Die anc het ook maar daai jare bomme geplant waar onskuldige mense dood en vermink is maar hulle families moes ma vrede maak met die gedagte. Wie se hy het nie rerig by venster uitgeval. Hy kon sy balans verloor het. Nou gaan alles weer oor sensasie en vinger wys. Ai ai

Johanna Botha ·

Die mense kyk meer agtertoe as vorentoe ….nou hoe gaan ons vorentoe as dit die geval is

Manna ·

Reg en geregtigheid moet seevier. Hoop net dat Suid Afrikaners wat wreed sterf onder ANC regering se onvermoë om te regeer sal ook in toekoms hulle dag in hof kry.

Nicolaas ·

Die uitspraak is nie papier werd waarop dit geskryf is nie. Dis belaglik. ‘n Hof wil nou 46 jaar later getuies se geheues toets en op grond daarvan ‘n bevingding maak. Mnr Rodriques is 78 jaar oud, verwag die hof regtig dat hy die fynere detail onthou van ‘n dag 46 jaar terug? As hy sê hy het die man deur due venster sien spring, dis wat hy nou sê en dis wat hy 46 jr terug getuig het, hoe kan die agbare regter sê hy lieg? Is daar ENIGE getuienis wat die teendeel bewys? As mnr Rodrigues nie meer goed kan onthou nie, is dit weens die tydsverloop en sy hoë ouderdom. Ek hoop die uitspraak word op hersiening geneem pro bono, maar sal seker nie gebeur nie, advokate moet mos politiek korrek wees om ‘n inkomste te kan verdien in hierdie land. Hierdie uitspraak laat mens baie dink aan die agbare regter wat ‘n basiese regsbeginsel soos opset by moontlikheidsbewussyn in die saak van Oscar Pistorius seo verkrag het dat die Appelhof haar moes reghelp. Miskien moet ‘n volbank vd Appelhof hierdie agbare regter ook reghelp

Johan ·

Die feit dat die hof beslis hy het nie selfmoord gepleeg nie, beteken NIE dit is die waarheid nie. Op papier wys die rekord hy is vermoor, maar ons as publiek weet steeds nie wat regtig gebeur het nie.

Hoor die familie vra nou alle ander sterftes in aanhouding moet ook ondersoek word. ‘n Saak het twee kante. Moet al die ander sterftes van ANC comrades in hul strafkampe nou ook ondersoek word? Daar het ‘n hele paar “comrades” vanuit daai strafkampe “verdwyn” en hulle familie soek ook berusting. Gerieflikheidshalwe word daai “comrades” vergeet. Maar om “polities korrek” te wees, word net die een saak mos na gekyk.

Is die waarheid regtig uit? Ek weet nie. Word dubbele standaarde toegepas? Verseker.

jp ·

Hoekom so so veel aandag op iets wat jare gelede gebeur het? Ja dit is nie reg as hy vermoor is nie, maar maak die selfde ophef oor plaas moorde wat 1000x meer wreedaardig is en sommer openlik gedoen word amper elke dag van die jaar.

Paul ·

Daai mense kyk te veel COLD CASE op die tv was die regter daar toe dit gebeur het .

paul ·

Nou wonder ek , my jonger broer is weermag en grens toe gedwing alternatief was tronk toe waar daar groter hel gewag het, en ja hy het NIE terug gekom nie my ouers platgeslaan en weg voortydig , al wat ek het is sy “dankie-tannie messie”. Moet ek nie ook n saak maak teen die vorige regering en 8sai nie? of tel ons nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.