Hof beslis Unisa-aansoek nie dringend

Unisa-kampus. Foto: Izelle Jacobs / Unisa

Unisa-kampus. Foto: Izelle Jacobs / Unisa

Die hooggeregshof in Pretoria het vandag besluit ʼn aansoek teen die implementering van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se nuwe taalbeleid, is nie ʼn dringende kwessie nie.

Dié beslissing is egter suiwer op die kwessie van dringendheid van toepassing en nie op die meriete van Unisa se taalbeleid self nie.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, bepaal Unisa se nuwe beleid Afrikaans sal vanaf 2017 nie meer as onderrigmedium aan die universiteit gebruik word nie en Engels sal voortaan die enigste onderrigtaal wees.

Bailey het gesê AfriForum wy nou alle aandag daaraan om te verseker die aansoek teen die taalbeleid word so spoedig moontlik aangehoor, sodat voornemende studente, wat vir modules wat in Afrikaans aangebied word vir 2017 wil registreer, uitsluitsel oor hul opsies kan kry.

“Ons moedig die voornemende studente intussen aan om waar moontlik vir Afrikaanse onderrig te registreer,” voeg Bailey by.

Drie hooggeregshofregters het op 21 Julie 2016 uitspraak gelewer dat die Universiteit van die Vrystaat ʼn plig het om meertalige onderwys aan te bied, dat Afrikaans op geen wyse as onderrigmedium afgeskaal mag word nie en dat meer inheemse tale gehelp moet word om tot die vlak van akademiese funksionaliteit te ontwikkel.

“AfriForum meen dieselfde geld wat Unisa betref, net nóg meer so, omdat Unisa ʼn studentegemeenskap bedien wat dikwels geen ander toegang tot tersiêre onderrig kan oorweeg nie,” het Bailey gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos ·

Baie tyd en geld word nou gebruik om iets wat in elk geval gaan uitgefaseer te probeer behou en dit is nie ‘n slegte ding nie maar ek sou wou sien dat Afriforum/solidariteit meer tyd en energie gebruik om dieselfde tipe instansie privaat op te bou waar die wit haters nie ‘n se sal hê nie

JC ·

Hi Jade, hopelik binnekort, wat betref die kursusse, dis waarom ons moet help bou aan Akademia! Ek maak elke maand ‘n beskeie bydrae/donasie tot Akademia-elke bietjie help ne? Dit gaan nogals baie geld kos, veral om ‘n residensiele kampus op die been te bring MAAR ONS KAN EN GAAN DIT DOEN!! Akademia se kontakbesonderhede vir bydraes/donasies verskyn op hul webtuiste, gaan loer beslis daar asssseblief.
Dit kos meer ja, (die klasgelde) maar ek dink dis beslis die moeite werd as gekyk word na die uitnemendheid van Akademia. Unisa is ook nie meer wat dit was nie. Ek is nie bekommerd omdat die Hof bevind het die aansoek is nie dringend nie, Afriforum het mos klaar ‘n aansoek om tersydestelling van die besluit gebring, die aansoek moet ook nou net vinnig angehoor word nes die saak teen UV, maar die uitslag is reeds bepaalbaar! Koos en Danie, ek stem gedeeltelik saam, maar ons kan dit ook nie net so los nie, daar is te hard geswoeg en gesweet om ons universiteite net so op te gee. Afriforum is wel besig om te baklei.
“Shame”, mens kan sien Afriforum baklei hard, waarvoor my hart so BLY EN TROTS IS, HOU AAN OUENS, HOU AAN. MOET NOOIT OPGEE NIE EN MOENIE ‘N TREE TERUGSTAAN NIE!

Danie ·

Los unisa en kom ons bou net verder aan Akademia. Akademia moet ook asseblief hulle kursusse op afstand aanbied dan het ons nie unisa meer nodig nie.

Jadé ·

Akademia is tans (grootste probleem) aansienlik duurder as UNISA. En bied ook nie al die kursusse aan nie.

John ·

Akademia moet die grondwethof nou nader vir Afrikaanse akkreditasie voor alles weer gesteel en bedreig word. Jaloesie ken nooit perke nie en dit sal weer kop uitsteek sodra dit realiseer. Na-die-tyd-hofsake is duur en tydrowend en die uitslag riskant. Die witmense moes ook grond vir ‘n volkstaat voor 1994 uitgehou het. Om nou te kla en te baklei…

JC ·

Hi John, dankie vir jou kommentaar, dit word waardeer, en steek daar baie waarheid daarin.
Die reg op privaat, onafhanklike tersiere onderwys soos Akademia dit tans doen word ironies genoeg ook deur Artikel 29 van die Grondwet beskerm (sien die suksesvolle aansoek teen die moedertaalonderdrukkers Kovsies deur Afriforum) en wel deur subartikel 29(3) daarvan. Wanneer, en indien hulle ooit vir Akademia probeer aanvat glo ek Afriforum/solidariteit sal reg wees vir hulle!!!!!! Dis waar wat jy se…jaloesie ken geen einde nie. In my opinie het ons te doen met ‘n identiteitskrisis aan die kant van die engelse studente en groter akademiese wese; wat ondersteun en gevoer word deur self-veragtende linksgesinde, marxisties ideologiese gedrewe liberalistiese dosente en personeel. Daarom vat hul Afrikaans en blankes aan want hul weet nie na wie hul hul self-veragting en haat moet rig nie. Hopelik is dit een van die dae iets van die verlede en net ‘n “oorgangsfase”!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.