Hof beslis vandag oor dreigende staking by banke

Foto: Absa Groep

Die arbeidshof sal later vandag beslis of die bankwerkersvakbond Sasbo se beplande staking teen werksverliese in die banksektor Vrydag sal voortgaan. Dié staking dreig om die bankwese in die land dán tot stilstand te bring, insluitend OTM’s.

Dit volg nadat Business Unity South Africa (Busa), wat die banke verteenwoordig, ʼn dringende aansoek om ʼn interdik gebring het om die protesaksie in sy spore te stuit. Busa voer aan dat die protes onwettig en onbeskermd is en dat Sasbo en Cosatu hul artikel 77-kennisgewing moet onttrek.

Die saak is Woensdag in die hof in Braamfontein in Johannesburg aangehoor.

Maroela Media het vroeër berig Sasbo beplan vyf landswye protesoptogte vir Vrydag, naamlik in Johannesburg, Durban, Bloemfontein, Port Elizabeth en Kaapstad, om beswaar te maak teen onlangse grootskaalse afleggings wat in die bankwese plaasvind as gevolg van digitalisering.

Standard Bank het in Maart vanjaar aangekondig dat hy 1 200 werkers gaan afdank en 91 van sy takke gaan toemaak, terwyl Nedbank ook planne bekendgemaak het om 3 000 werkers af te lê. Absa het ook in daardie maand gesê dat hy 870 werkers sou afdank.

Busa het gister gesê die vraag bly staan of Sasbo en Cosato ooit op ʼn artikel 77-kennisgewing van die Wet op Arbeidsverhoudinge kan staatmaak wat reeds in Augustus 2017 by die Nasionale Raad vir Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeid (Nedlac) ingedien is.

Busa het aangevoer dat vakbonde nie só ’n kennisgewing bloot op ys kan plaas en dit dan jare later eers gebruik nie. Die vakbonde hou egter voet by stuk dat die kennisgewing wel geldig is.

Joe Kokela, hoofsekretaris van Sasbo, het verbruikers vroeër in ʼn verklaring aangemoedig om Vrydag van mobiele bankdienste gebruik te maak in plaas daarvan om na hulle plaaslike tak te gaan.

Die vakbonde verwag dat ongeveer 50 000 mense aan die staking gaan deelneem, wat moontlik die grootste staking sedert 1920 kan wees.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het verbruikers intussen gewaarsku dat die staking moontlik ʼn uitwerking op belastingterugbetalings kan hê. “Ons moedig belastingbetalers aan om hul betalings dus twee sakedae vooruit af te handel,” is in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Swanna ·

Het hierdie ding sien kom toe die taak by ons toegemaak het na soveel jare. Dit is die toekoms van ons land.

sweis ·

Ek stem nie saam mense doen aan jou wat jy hulle toelaat ,wie is die kliënte van die banke ons, of die unies, die verskil is hulle kla en staak ons aanvaar alles en beweeg aan.

Boer ·

Die banke is die grootste wettige skelms ter wêreld! Hulle is so bang hulle verloor ‘n paar sente!

Melanie ·

Boer, as jy maar weet hoeveel miljoene die banke maandeliks afskryf/weggooi/vermors, sal jy op jou rugval.

Jo B ·

Dit is die tekens van die einde van ons pragtige land. As ons mooi daaraan dink… die regering staak al elke dag vir 25 jaar lank.

Al ·

Stem! Elke unie wat strike wil net die land lamlê – dis elkeen se motto. Wanneer gaan hulle tog wakker skrik?? Toemaar, ek weet, seker as ons ashoop status het soos Zim.

Jiem ·

Ek verstaan nie so mooi wat die vakbonde nou wil bereik met die staking nie. Honderde amptenare het reeds hul werk verloor en daar is geen kans dat hul weer aangestel sal word nie. Waarom nie gestaak voor die afleggings begin het nie? Die Banksektor het n enorme klomp kennis en ondervinding eenvoudig net laat gaan en nou wil die vakbonde n lawaai maak. Hopeloos te laat om nou enige iets daaraan te doen.

Bankamptenaar ·

Ja Jiem, julle het geen idee wat in die banke aangaan nie. Honderde mense het alreeds hulle werk verloor en tog is dit nie die einde nie. Honderde kan nogsteeds hulle werk verloor want dis ‘n “ongoing process”. Elke dag wonder jy is dit vandag my beurt, hoor jy van poste wat wegval agv digitalisering. Ja die banke probeer dit vir hulle kliente makliker maak om alles digitaal te doen maar in die proses verloor mense hulle werk want hulle raak dan oorbodig! Werkers in banke het geen beheer oor besluite wat geneem word deur die direkteure nie.

Chris ·

Soooo hulle wil afdankings agv digitalisering beveg deur te staak en mense te dwing om nog meer van digitale dienste gebruik te maak… slim

Proploos ·

Die is maar net die begin vir die bankwese regoor die wêreld… tegnologie gaan alles al hoe meer verander … veral Crypto Tegnologie gaan die banke lam lê …. “Bitcoin and Alt coins will do to banks what email has done to the Post Office” Oor 10 jaar van nou af gaan daar baie minder Banke wees regoor die hele wêreld, die Bank werkers sal moet re-skilled word om aan te pas. Dit is ‘n kwessie van “adapt or die” situasie

Verskriklik onodig ·

Onnodig, ek stem, hou daai geld eerder eers om te kyk en sien wat gebeur? Dit gaan n stormloop afgee, banke gaan verniel word om by geld uit te kom(nou het ons mos n verskoning om te plunder) en wat van die waarde transporte? Waar gaan hulle met die geld? Ek was vir 16 jaar n central teller by standard bank, dis n ontsettende gevaarlike besigheid waaroor daar nou gepraat word, al die winkels gaan sit met miljoene, en ook beroof word, ek bid die hof laat dit nie toe nie.

Sandra ·

En wanneer jy die vakbond nodig het om vir jou te help het hulle allerlei verskonings, dan kies hulle vinnig die bank se part. Wanneer jy by die bank aansluit is hulle op jou case om by SASBO aan te Sluit. Ek is deur aflegging. Die bank swaai die septer.

Jerry ·

Digitalisering by banke kan enige tyd ingefaseer word. Die feit dat dit nie kan wag nie en nou gedoen moet word, dui daarop dat die staat en tesourie deur een of ander onderduimse poging nou ook SA se finansiele instellings in n finansiele krisis laat beland het. Het dit dalk iets met die staat en tesourie te doen wat onlangs weer biljoene aan die SOE’s as reddingboeie uitgegee het? Niks op die ANC “failed state” se agenda sal my meer verbaas as dit nie, omrede n krisis by die finansiele instellings die weg sal baan om die Reserwebank te nasionaliseer as enigste ander uitweg!

Meraai ·

Gebaseer op die swak diens wat ek by Absa se navrae toonbank verlede week ontvang het sou ek sê hulle staak in elk geval al lankal. En dit by ‘n bank wat die omtrent die hoogste bankkoste het. Toe ek deur die arrogante en onbehulpsame vrou aangesê is om die takbestuurder te gaan sien, was daardie hele afdeling (GELYKTYDIG) op lunch of tee of toilet toe. Dus staak hulle al klaar in my opinie.

Jiem ·

Meraai, jy moes n uitsonderlike probleem gehad het indien die navrae-amptenaar dit nie vir jou kon oplos nie en daar is by alle takke net een takbestuurder, nie n afdeling nie. Het jy die bankkoste vergelyk met die ander banke sin, of maak jy sommer n stelling omdat jy ongelukkig is dat die amptenaar nie jou probleem kon uitsorteer nie.

Aan Jiem ·

Geen uitsonderlike probleem nie. Net ‘n absolute weiering om haar werk te doen. My bejaarde moeder wou graag haar polis laat uitbetaal en is ook nie deur dieselfde vrou gehelp nie hoewel sy onderneem het om dadelik te help. Dis al 10 dae later. Toe ons uitwys dat al haar kollegas by navrae my al met soortgelyke dinge gehelp het, het sy botweg geweier en my takbestuurder toe gestuur. Ek moes 60km ry vir geen diens! In daardie spesifieke Absa sit die takbestuurder se kantoor by ‘n klomp ander s’n. Die area was donker en geen mens was daar te vinde nie. Seker die rede hoekom ons na die takbestuurder verwys is.
Om op jou stelling te antwoord tov bankkoste. Hulle is definitief van die duurste. Nee, ek kan nie skuif nie al wil ek.
Werk jy vir Absa dat jy so opkom vir hulle??? Jy was nie daar nie. Hoe kan jy blindelings glo hulle doen alles reg? Soos wat dit daai dag gegaan het wou hulle nie werk nie. En moet ek weer 60km ry met die hoop om geholpe te raak. Beide ek en my familie is al baie lank by Absa. Hulle diens is pateties. Hulle bankkoste is hoog en hulle weet ons kan nie nou skuif nie. Mense soos jy veroorsaak dat swak diens aan die orde van die dag bly. Aitog

De Villiers ·

Die banke sukkel as gevolg van die volgende redes:
1. Daar het in die afgelope paar jaar soveel ander kleiner, onbekende nisbanke die Suid-Afrikaanse mark betree wat goedkoper dienste lewer. Dit het veroorsaak dat banke heelwat kliënte verloor het.
2. Die kredietreguleerder promulgeer gereeld skuldamnestie sodat kliënte se skuld afgeskryf kan word.
3. Kredietburo’s is nog nie ten volle geïntegreer met adminstelsels of op datum nie wat maak dat banke en ander besighede soms onbewus skuld aan kliënte maak wat later afgeskryf word as bevind word dat die kliënt eintlik oorskuld is.
4. Tegnologie begin die wêreld oorheers, en ons moet daarby aanpas. Dit maak dat minder mense vir sekere poste benodig word. Dit raak alles, selfs bankwese.
5. Die ANC het ń kultuur geskep van wanbetaling wat alle besighede, banke insluitend, beleef.

Hoe kan enige regdenkende unie staak teen werksverliese as die maatskappye teen ń verlies werk? Met watse tipe logika het ons hier te kampe? Hierdie tipe unies is die grootste struikelblok vir ń groeiende ekonomie.

Elna ·

Die munisipaliteit strooi rommel in die strate as hulle staak. So as die banke staak dan moet hulle mos geld so in die strate gooi. Eks seker daarvan daars baie van ons wat dit verniet sal skoon maak vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.