Hof besluit later oor OB se Ramaphosa-verslag

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Kopano/Tlape GCIS)

Die hooggeregshof het Woensdag uitspraak voorbehou in die saak tussen pres. Cyril Ramaphosa en die Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane.

Ramaphosa vra die hof om Mkhwebane se verslag oor die skenking van R500 000 wat sy presidensiële verkiesingsveldtog in 2017 van wyle Gavin Watson van die maatskappy Bosasa ontvang het, op hersiening te neem. Mkhwebane het bevind dat Ramaphosa die parlement mislei het oor hierdie skenking.

Ramaphosa se regspan het Woensdag aan die hof gesê Mkhwebane het geen reg gehad om skenkings aan sy veldtog om as leier van die regerende party verkies te word, te ondersoek nie. Adv. Tembeka Ngcukaitobi het ook gesê die OB het die pot mis gesit wat betref die klagte wat sy ontvang het rakende Ramaphosa se veldtog in 2017 en dat haar bevindings verkeerd was.

Adv. Wim Trengove, wat ook namens Ramaphosa optree, het vroeër die week aan die hof gesê dat Mkhwebane “roekeloos opgetree het in haar vasbeslotenheid om ʼn bevinding teen die president te maak” en dat haar verslag irrasioneel is.

Mkhwebane se regspan hou vol dat die verslag water hou en dat die president inderdaad die parlement mislei het. Hulle hou ook vol dat sy by magte was om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan ·

Wat is die verskil?
Toe vorige OB Zuma se streke ondersoek het, was sy die hero.
Noudat nuwe OB vir nuwe president aan die kaak stel, is sy die vark in die verhaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.