Hof besluit oor ‘Dros-verkragter’ se appèlaansoek

Nicholas Ninow tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die veroordeelde kinderverkragter Nicholas Ninow se aansoek om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer, is in die Pretoriase hooggeregshof van die hand gewys.

Regter Mokhine Mosope het bevind dat dit onwaarskynlik is dat ʼn ander hof ʼn ander bevinding sou maak.

“Die aansoeker het my nie oortuig dat hy ʼn redelike kans op sukses het nie,” het Mosope gesê.

Regter Mokhine Mosope tydens Dinsdag se uitspraak. (Skermgreep: eNCA)

Mosope het Ninow, wat later as die Dros-verkragter bekend gestaan het, in Oktober verlede jaar lewenslank tronk toe gestuur vir die verkragting van ʼn sewejarige dogtertjie in die badkamer van ʼn Dros-restaurant.

Die 21-jarige Ninow het skuld beken.

Mosope het Ninow ʼn bykomende vyf jaar tronkstraf opgelê vir die besit van onwettige middels en nóg vyf jaar vir dwarsboming van die gereg. Laasgenoemde vonnisse word gelyklopend met die vonnis vir verkragting uitgedien.

Die verkragting het in 2018 in die badkamer van ʼn Dros-restaurant in Pretoria plaasgevind.

Ninow se naam is ook in die register vir seksoortreders opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Stofbakkies ·

Dankie tog daarvoor, hy het ‘n kleindogtertjie vir die res van haar lewe geskend, hy moet sit, ek is jammer, ek is ook ‘n ma en het geen genade vir seksoortredings nie. Wens net die regstelsel wil ALLE moordenaars ook nou maar lewenslank tronk toe stuur sonder enige kans op parool.

Gawie ·

Ek sal net graag wil weet wie het hom aangeraai om te probeer appélleer. Seker ‘n slinkse prokureur wat weer gesien het hier is ‘n geld-kraantjie wat hy kan probeer opdraai.

Belinda ·

Goeie Regter, jy het die regte ding gedoen en ek stem saam met jou, geen ander hof kan tot ‘n ander gevolgtrekking kom nie, dit sal ook vir Ninow help om te werk aan sy probleem, hy is bewus daarvan soos dit in die hof uit sy getuienis gekom het, hy kan werk maak daarvan, maar ek glo nie dit sal minder as 25 jaar neem nie. Wens net alle verkragters kan so goed vasgevat word.

Wondermaarnet ·

Help nie die regter neem ‘n goeie besluit en onse wonderlike staatspresident geen amnestie links en regs nie.

Gawie ·

Maroela – wat is die regter se van? MosopA of MosopE? Albei word in die berig gebruik.

Megan Swart ·

Dagsê Gawie
Dit was inderdaad ‘n fout en moet lees ‘Mosope’. Ons vra om verskoning vir die flater. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Melanie ·

Alles goed en wel, hys n seks misdadiger wat regtig stupid was!! en gevang is en regtelik gevonnis is. Wat nou van die res van die gemors wat kinders en ou mense verkrag? kry hulle ook lewenslank? ek hoop die gereg probeer nie net n voorbeeld maak nie, maar hou vol by lewenslange tronkstraf vir almal wat kinders, en oumensies en diere verkrag!! 2 kinders is reeds dood in die Kaap omdat parool toegestaan is op sulke monsters.. nou hoe nou?

Wielspore ·

“Nicholas” jy kan “Ninow” uit die tronk kom vir parool, jy moet nog so bietjie sit en dink oor wat jy gedoen het.

AnnieStevens ·

Dankbaar vir di uitkoms hy verdien nie om ooit weer die buitekant van tronk te sien nie.

twaalfboor ·

@Melanie
My dierbare mens….. daar word nie verwys na verkragting van diere nie. Dit word verwys na as bestaliteit. In teorie kan ñ mens nie ñ dier verkrag nie. Ter inligting.

Niklaas ·

Daar moet geen borg kanse bestaan nie. Hierdie knaap se daad was net te afskuwelik

Pieter J ·

Hierdie tipe mens is ń gevaar vir almal om hom en moet liefs permanent uit die samelewing verwyder word.

Africangrey ·

Goeie nuus, ek wonder maar net hoekom sy naam in die register vir seksoortreders gaan wees? Hy het mos lewenslank gekry, so tot hy dood is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.