Hof beveel dat Tlokwe-speaker se bates gevat word

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria het magtiging gegee vir die beslaglegging op bates van Barei Segotso, speaker van die Tlokwe-munisipaliteit, berig Beeld.

Volgens die berig is die balju toegelaat om beslag te lê op roerende bates van Segotso ter waarde van R105 664. Die hof het die lasbrief vir die beslaglegging gemagtig nadat Segotso en Maphetle Maphetle, voormalige burgemeester van Tlokwe, nie voldoen het aan ʼn vorige hofbevel in Augustus verlede jaar nie. Maphetle en Segotso het ʼn aansoek voor die hooggeregshof gebring in ʼn poging om ʼn raadsvergadering waartydens Maphetle ontsetel is, nietig te verklaar. Die aansoek is van die hand gewys en die twee is beveel om vir die koste van die aansoek te betaal. Segotso het aan Beeld gesê sy is nie bewus van die beslagleggingsbevel nie. -Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.