Hof beveel departement om oorbevolkte klasse te pak

skool

(Argieffoto)

Die hooggeregshof in Mthatha het die departement van basiese onderwys beveel om binne 90 dae altesame 65 klaskamers aan skole in die Oos-Kaap te voorsien.

Die Regshulpsentrum het die departement voor die hof gedaag in ʼn poging om die departement te dwing om verligting te verskaf aan die nagenoeg 4 000 leerders wat in klein, oorbevolkte klasse by vier skole ingeprop word.

Die skole is die Attwell Madala Senior Secondary School in Mthatha, die Enduku Junior Secondary School in eNgcobo, die Dudumayo Senior Secondary School in Mqanduli en die Mnceba Senior Secondary School in Ntabankulu.

Leerders by dié skole kan kwalik hoor wat onderwysers sê en dis bykans onmoontlik om iets in die volgepakte klaskamers geskryf te kry. Onderwysers kan nie deur die klasse beweeg nie en leerders moet hul eie werk nasien, het die sentrum gesê.

“Onderwysers kan nie byhou by watter studente opdaag nie en leerders bly vir lang tydperke weg van die skool sonder dat enigiemand dit agterkom. Weens die oorweldigende hitte en nabyheid van soveel leerders, hou die oorbevolkte klaskamers ook ʼn gesondheids- en veiligheidsrisiko vir leerders in.

“In die aansoek is daar versoek dat die LUR binne 30 dae ʼn direktief uitreik waarin hy besonderhede verskaf oor alle oorbevolkte skole in die Mthatha- en Amathole-distrikte. Hy moet ook binne 90 dae met ʼn plan vorendag kom om die probleme met oorbevolking by die skole op die lys te takel.”

Die departement het nou 21 dae om te reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nell ·

Gee vir Lesoufie ‘n kruiwa, bakstene en ‘n troffel en laat hom solank bou.

Niné ·

Waar is jy nou Lesufi? Maklik vir jou om skole te besoek waar iemand opgeskroef het maar as jy self nie jou werk doen nie, kan die riool maar by die klaskamers inloop, kinders in put toilette inval en oorbevolkte skole jou en sal joi paar voete nooit daar kom nie. Jy moes al lankal gefire geword het!

Jaco ·

As dit nou oorwegend wit skole was, kon ek dit verstaan. Seker maar deel van die ewige straf vie apartheid.
Maar dis our people se skool. Met ander woorde, dis hoe our people sorg vir our people. Dieselfde met swak vuil swak staatshospitale, plakkerkampe, 7 miljoen of meer werkloos. Iets maak nie sin nie.
En behalwe die af en toe se gekla deur die EFF oor party van dié euwels, is die res van our people stil oor hoe our people hulle behandel.

Nie Verbaas ·

En nou meneer Lesufi? Klink my nie jy het enige beheer nie. Jy is vinnig om in die kollig te wees as iets gebeur maar agter die skerms is daar totale chaos.

Miskruier ·

In Modimolle het skool toegemaak, daar is net te veel kinders. Die ANC het in sy wysheid( hihi) grants uitbetaal maar nie verder gedink nie.

koos10 ·

Nou wat is die gevolge as die hof bevel nie nagekom word nie? Sweet blou boggerol.
Skuus, die departement gaan nou eers appeleer, dan hoog geregshof toe, dan grond wethof hof toe, en as daar uit eiendelik beslis word dat die hof bevel geldig is, is 80% van die leerders reeds uit die skool, dan is die probleem mos “opgelos”.

Leon ·

‘n Vriend van my se kollega het ‘n Laerskool klas van 150 leerlinge. Lesufi ry hulle 30 km vêr aan na die skool toe. Die plaaslike skool waar hulle moet wees is leeg. Hy doen dit om die Afrikaanse skool te forseer om Engels te word.

Jakes ·

Ek twyfel of Lesufi weet waar hierdie skole gelee is. As hierdie tragiese situasie nie n beduidende bewys is van hoe sleg dit in sommige skole gaan nie, dan weet ek nie. Die uitspraak van die hof beteken niks nie want daar sal dadels kom daarvan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.