Hof beveel KZN om skool by Nkandla te bou

Nkandla in KwaZulu-Natal. (Skermgreep: Forum Nuus)

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het in AfriForum en die Nkungumathe-gemeenskap in Nkandla se guns beslis en die provinsiale onderwysdepartement beveel om ʼn skool te bou wat hy meer as ʼn dekade gelede reeds beloof het.

Die burgerregteorganisasie het by die saak betrokke geraak nadat leiers van die Mpungose- tradisionele raad en Nkungumathe-gemeenskap hom om hulp genader het.

AfriForum het reeds verskeie Afrikaanse skole met regshulp bygestaan om gehaltemoedertaalonderrig te help beskerm en glo dat leerders in Nkandla se regte op dieselfde grondslag bevorder en beskerm moet word.

“Dit is ’n skande dat die staat bereid was om miljoene rande aan oudpres. Jacob Zuma se huis in Nkandla te bestee, terwyl kinders in dieselfde distrik moet ly weens ’n gebrek aan toegang tot ’n skool. Hierdie onreg is iets waarteen AfriForum onbeskaamd sal veg,” het Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Die saak duur al sedert 2016. Woensdag het regter Rashid Vahed in AfriForum en die gemeenskap se guns beslis. Hy het beveel dat die skool gebou moet word én dat die gemeenskap by die beplanning daarvan betrek moet word.

Die departement moet die koste van die aansoek betaal.

Volgens Bailey is Suid-Afrika een van die lande ter wêreld wat die hoogste persentasie van sy nasionale begroting aan onderwys toewys.

“In hierdie omstandighede is dit tragies dat ’n lang hofstryd nodig was om aan hierdie kinders toegang tot ’n basiese grondwetlike reg, naamlik toeganklike onderwysgeriewe, te besorg. Helaas gebeur dit al meer dat kinders pionne in ideologiese speletjies word en só van ’n toekoms beroof word.”

Sy het gesê AfriForum en die gemeenskap sal ook die uitvoering van die bevel fyn dophou.

Die departement het reeds in 1996 die Nkungumathe-gemeenskap se aansoek vir ’n hoërskool goedgekeur. In 2006 is die bou van die skool goedgekeur en in 2007 is die skool as Khuba Secondary School geregistreer. Dis egter nooit in 2016 gebou, soos die departement beloof het nie.

Oudpres. Jacob Zuma se private woning in Nkandla, KwaZulu-Natal (Foto: @power987news, Twitter)

Die departement het, nadat AfriForum navraag oor die situasie gedoen het, aangedui dat hy besluit het om nié die skool te bou nie. Die hofsaak het daarna gevolg.

Nkandla, ʼn gebied in noordelike KwaZulu-Natal, is sinoniem met die private tuiste van Zuma. Die sogenaamde veiligheidsopgraderings aan sy opstal daar het destyds nagenoeg R247 miljoen beloop en is met belastinggeld betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Abe ·

Nog n voorbeeld van die waarde van Afriforum. Baie geluk aan Afriforum, sy vervolgingseenheid en sy personeel.

Gert van Wierdapark ·

Wat is die leuse in Afrika?” Time is on our Side”. Nou of later – so what!!! Hopelik sal die kinders IN JZ se beroemde Brand-poel kan gaan swem! He-he-he

Jacques ·

Net nog een van die regering se beloftes om stemme te wen wat gevaal het . Dit wil voorkom of die regering op n kalender werk en nie op n horlosie nie .

aj ·

Onteien Nkandla SONDER VERGOEDING en skenk dit aan die Nkungumathe gemeenskap om te benut as ‘n skool.

Die staat het in elk geval reeds daarvoor betaal!!!

Poot ·

Afriforum moet help….. maar kom verkiesing tyd waar word die kruisies getrek?

Ruaan ·

Koot, ek kan jou antwoord. AF kan maar net sowel as politieke party registreer, want hulle het dit net gedoen om politieke punte te behaal. Plaas dat hulle hierdie geld (en glo my ons praat van n klomp geld) aangewend het vir die mense in wit plakkerskampe. Dink AF dat hierdie mense as lede gaan aansluit of wat. Gemeenskappe in klein dorpies sukkel, maar julle jaag n politieke spook. Die hele aangeleentheid is lagwekkend.

Alana Bailey ·

Poot, wanneer mense ander partye steun, begin die soort goed gebeur. Dit was deel van die probleem en een van die redes waarom ons wou help. En Ruaan, die saak kos AfriForum niks – daar was gister, soos ons regspan voorspel het, ‘n kostebevel teen die onderwysdepartement. Dit beteken alle koste van die saak moet deur hulle betaal word, ook AfriForum se uitgawes, omdat die departement se optrede spreek van totale wanfunksionaliteit.

Chris du Preez ·

Bou n skool op n ander plek en vat Zuma virn visektomie.

skurweberg ·

Meer sulke sake moet gewen word. Dit gaan die mense se koppe begin swaai ten gunste van AfriForum. Soek daardie geleenthede uit.

O Wee ·

Skurweberg dink jy regtig die mense van Nkumgunathe gaan van nou af agter Afriforum staan?

Alie ·

Ruaan, dalk moet jy weer die berig lees: DIE DEPARTEMENT MOET DIE KOSTE VAN DIE AANSOEK BETAAL! Jy is beslis nie mooi ingelig oor alles wat Afriforum op verskillende gebiede vir gemeenskappe doen nie.

THYS MULLER ·

Hulle kon net sowel die saak verloor het, hoeveel sou dit gekos het? Af se naïewe lede sou moes betaal.

Eunice ·

WONDERLIK AF!!
Roer hulle!
Want as JULLE nie “iets” gaan dóén nie en ñ RILLER viri regering en droogmakers bly nie, gaan niemand nie!!

Magda ·

Verkoop al die eenhede wat nie gebruik word in Nkandla en bou dan met daai geld n skool. of eerder onteien Nkandla want dit is eintlik nie zuma sn nie – Dis ONS belasting betalers se eiendom – Ons het daarvoor betaal. So ja daar is al klaarr 250milj om te bruik om n ordentlike skool te bou en daar is klaar n swembad op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.