Hof beveel SAUK-bedryfshoof moet geskors word

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Vrydag beveel dat Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, dadelik geskors moet word.

“Die hof het beveel dat hy geskors moet word hangende die uitkoms van ʼn tugverhoor,” het DA-LP Gavin Davis gesê. “Die tugverhoor moet binne 60 dae plaasvind, onder leiding van ʼn onafhanklike persoon.”

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het in Februarie onder meer bevind dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was, dat hy in een jaar ʼn salarisverhoging van R900 000 (van R1,5 miljoen tot R2,4 miljoen) gekry het en dat hy gelieg het oor sy kwalifikasies. Sy het destyds ook beveel dat daar binne 90 dae ʼn nuwe bedryfshoof aangestel moet word.

Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het Motsoeneng se permanente aanstelling in Junie aangekondig. Madonsela het hierna aangekondig dat sy weer ʼn ondersoek oor Motsoeneng gaan doen.

Die DA het ʼn hooggeregshofaansoek gebring om Motsoeneng se aanstelling tersyde te stel. Muthambi en die SAUK het die aansoek teengestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.