Hof bevind teen EFF in joernalis se saak

Die hooggeregshof in Johannesburg. (Foto: Christel Cornelissen)

Die hooggeregshof in Johannesburg het Donderdag in die guns van die veteraanjoernalis Karima Brown beslis in haar saak teen die EFF.

Brown, ook ʼn aanbieder van ʼn politieke geselsprogram op die nuuskanaal eNCA, het die EFF en sy leier Julius Malema hof toe gesleep ná ʼn voorval in Maart toe Malema haar op Twitter daarvan beskuldig het dat sy “spioene” na ʼn veldtogvergadering gestuur het wat die EFF met sy “oudstes” gehou het.

Brown wou inligting oor die geleentheid na kollegas by eNCA stuur, maar het dit per ongeluk na die EFF se WhatsApp-groep gestuur.

Malema het daarop gereageer deur Brown se selfoonnommer te publiseer, wat daartoe gelei het dat EFF-ondersteuners ʼn vlaag van verbale mishandeling, beledigings en dreigemente op haar losgelaat het. Sy is selfs met verkragting en aanvalle gedreig.

Malema het Brown later om verskoning gevra en gesê dit is nie gedoen om haar te beledig nie, maar om te wys dat sy bymotiewe het. Hy het ook gesê hy trek nie die stellings terug wat saam met sy plasing gemaak is nie, maar besef dit was verkeerd om Brown se selfoonnommer te publiseer.

Die EFF het in die hof aangevoer Brown het die party buite die aanvaarbare perke van joernalistiek aangeval.

Die hooggeregshof het vandag egter bevind die party het die verkiesingskode oortree en het die EFF beveel om die koste te betaal.

“Die EFF verwelkom die hofbeslissing oor die Karima Brown-saak en sal daaraan voldoen,” het die EFF in ʼn kort verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ore ·

EFF moet begin met pannekoek verkopings om al hulle regskostes te betaal of subsidieer ANC hulle?

Gert van Wierdapark ·

Dit sal die Efl twee keer laat dink om bollie aan te jaag!

Slim Jan ·

Eis R1M en skend dit aan liefdadigheid. Hulle het jou naam geskend en in die modder gesleep

Donderstorm ·

Eis geld en skenk dit aan die boere wat hul eiendom verloor deur die droogte aangesien die banke hul eiendom vat en hul geen hulp vanaf die regering af kry nie

Drieks ·

Jip Karima, laat hy by jou leer hoe hef jy mense op. Nie deur haatspraak nie. Laat hy betaal. Twee weke terug was hy kwaad en sė “kill them”. Hy leer nie…

Willie ·

Hoop sy dagvaar die rook uit hulle uit… klein cANCer EFF youth league mannetjie… wat bloed op sy hande het met die aanpor van moord op ons volk

JohanL ·

Klaar net uit asb of lees ek nie mooi nie. Brown vat EFF as organisasie EN Malema hof toe, maar die EFF word skuldig bevind. Wat van Malema? Wat is sy straf? Kom hy alweer weg met geen straf nie?

Henry ·

Boete is nie genoeg nie. Dis haat spraak. Twee jaar tronkstraf sal voldoende wees dankie. Sekere mense kom te lig af en ander nie

aj ·

Hier onder is die bepalings wat geld wanneer iemand die gedragskode van die Kieswet oortree:

What happens when you breach the Code of Conduct?

Any person who breaches the Code is guilty of a criminal offence and can be fined or sent to prison for up to 10 years.

Political parties that breach the Code can:

be fined up to R200 000
have to give up the party’s election deposit
be stopped from working in an area
have their votes in an area cancelled
can have their party registration cancelled.

So, wat het die hof beveel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.