Hof gee groen lig vir daggagebruik, maar …

Argieffoto

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Vrydag in ʼn grensverskuiwende uitspraak beslis dat dit wettig is vir volwassenes om dagga in die privaatheid van hul huise te gebruik.

Die uitspraak is egter nie ʼn rede vir daggagebruikers om onmiddellik fees te vier nie. Totdat die uitspraak deur die konstitusionele hof bekragtig is en dit na die Nasionale Vergadering verwys is, is die gebruik en kweek van dagga steeds onwettig volgens die land se wette.

Die eisers in die saak wat onder meer die aktivis, Gareth Prince, en Jeremy Acton, voorsitter van die Dagga Party, insluit, het die hof versoek om die gebruik van dagga te wettig.

Die hof het bevind wetgewing wat die gebruik van dagga deur volwassenes in private huise, waar alle besit, aankoop en kweek van dagga vir die persoonlike gebruik van die volwasse daggagebruiker is, verbied, is strydig met die Grondwet. Die hof het die parlement twee jaar gegee om die teenstrydighede in die wetgewing aan te pas. Die hof het ook gelas totdat die wetgewing aangepas is, ʼn persoon wat in hegtenis geneem word vir die besit of kweek van dagga in ʼn private huis kan steun op die verdediging dat die dagga vir sy of haar persoonlik gebruik is.

Die staat het onder meer gesteun op getuienis van dr. Gouws, ʼn apteker en registrateur van medisyne, wat getuig het oor die akute effek wat die gebruik van dagga tot gevolg het. Volgens Gouws het die neurologiese effek van dagga tot gevolg dat kognitiewe vaardighede soos bestuursvermoë verlaag word en word die respiratoriese- en kardiovaskulêre stelsels ook geaffekteer. Gouws het getuig die gebruik van dagga kan skadelik vir die brein en liggaam wees.

Omdat dit ʼn hallusinogeen is, kan dit ʼn gevoel van uiterste ontspanning of hiperaktiwiteit by die gebruiker veroorsaak. Dit is ook skadelik vir die ongebore fetus van swanger vroue.

Die staat het verder ʼn verklaring van kapt. Johan Smit, ʼn polisiebeampte met 20 jaar ervaring in die SAPD se dwelm- en georganiseerde-misdaad-eenhede, aan die hof voorgelê. Smit het opgemerk dat bendes en dwelmhandelaars ʼn verskeidenheid dwelms gebruik om mee handel dryf en nie net dagga nie. Hy het gesê volgens die polisie se rekord is baie dwelmgebruikers betrokke by misdade soos rooftogte, huisbraak en selfs moorde om hul dwelmverslawing te ondersteun. Hy het ook gesê baie voorvalle van huishoudelike geweld gaan met dwelmgebruik gepaard.

Die verdediging het op sy beurt verwys na ʼn navorsingsverslag wat aandui daar is tentatiewe bewyse dat daggagebruik nie gewoonlik misdaadoortredings aanmoedig soos ander dwelms nie. Die verslag beklemtoon dat daar geen bewyse is dat die wettiging van dagga in sekere state in die VSA gelei het tot ʼn toename in misdaad nie.

Daar word ook in die uitspraak gewys op die verskillende tradisies en sienings van daggagebruik deur verskillende lede van die gemeenskap, byvoorbeeld groepe wat dit weens hul oortuiging van die medisinale eienskappe daarvan gebruik en “dit nie met dieselfde morele afkeer as ander dele van die samelewing beskou nie”.

Verskeie sosialemediagebruikers het die uitspraak verwelkom en grappies oor die gebruik van dagga is wyd op sosiale media versprei. Die hutsmerk #dagga was Saterdag 24 uur lank onder die tien mees bespreekte onderwerpe op Twitter.

Die parlement het intussen in ʼn verklaring gesê hy sal die hofuitspraak bestudeer om die pad vorentoe te bepaal. “Indien die twee wette wat in die uitspraak genoem is as ongrondwetlik geklassifiseer is, sal die konstitusionele hof eers die uitspraak moet bevestig voordat die parlement kan optree. Die staat kan ook teen die uitspraak appèlleer,” het die verklaring gelui.

Die parlement het verder gesê indien die wetgewing wel aangepas moet word, kan die parlement die teenstrydighede deur die Wetsontwerp op Mediese Innovasie aanspreek of heeltemal nuwe wetgewing promulgeer. ʼn Derde opsie is dat die uitvoerende raad nuwe wetgewing kan promulgeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Johann ·

Ek sidder nie, my hande bewe net van die verslawing as ek die sol trek.

Tjert ·

30 Maart – Zuma kondig skokkende verandering van ministers aan. 31 Maart – dagga word goedgekeur…. gaan ons(almal) dit dalk nodig hê???

johnnie ·

Nou gaan ek lekker geld maak,my dae van arm wees is verby.

Bloupotlood ·

Na Garreth Prince nie mag rol vat na hy graad gevang het in regte nie, het hy hard en lank baklei vir sy saak vir jare al, baie respek vir die ou, en wens hom net die beste.

Weet net nie wat die polisie nou gaan doen nie, gewoonlike klap jy net n bakkie Vrydag aand Township toe, laai klomp rokers in, en het jou arrestasie kowta vir die naweek gemaak, te hel met martel, verkragting, moord, nommers is nommers…

Eish! Nou gaan die manne moet werk vir hulle nommers!

Dalk kan julle bietjie plase oppas?

Niks verkeerd met Hemp nie, maak goeie bees voer ook, groei baie vinnig, oes vinnig, niks fout met die ding nie.

Danie ·

Daar is ‘n verskil tussen Hemp en Marijuana . Altwee is dagga, maar een word gekweek vir rook (marijuana) en die ander een vir voer en die vervaardiging van toue, klere en ander produkte (hemp). Hemp verskil wel van die dagga wat gerook word en die dwelm in die plant is maar ongeveer 2% van die van marijuana.

CAROL ·

JOHNNIE – HAHAHAHA MAAR ONTHOU MY TOG NET IN JOU TESTAMENT ASB ……. LOL

Johann ·

Laat hulle so dagga rook dat hulle op hulle koppe in die strate verby hop hel toe

Johann ·

Draai maar jul ruge op Golgota en vergeet dat daar ‘n Here is

Enrico ·

Johann, wie dink jy nogal het daga plante geskape? Vader of satan? Hy kan nie help dat mense dit wat Hy ten goede geskape het, misbruik nie.

Danie ·

Sal graag wil weet hoe dit polisiëring gaan beïnvloed, dit maak volgens my die polisiëring van smokkelary net nog moeilikker met al die gate in die wet. Dit maak dat die dagga smokkelaar minder geld gaan maak en dat daar ‘n toename aan die smokkel van harde dwelms gaan wees. Vêrder is daar geen gesondheids voordele met die rook van dagga nie. Ek werk nou reeds
30 jaar met rastas en hul kultuur en ek het wel opgemerk en dit is ook ooglopend dat die meerderheid rastas nie oud raak nie. In my area het ek nog geen rasta gesien wat ouer as 60jr geraak het nie en glo my hier is baie rastafarians. Daar is uitsonderings, maar soo ek sê in my area is daar nie een ouer as 60 nie. Ek persoonlik dink dat die kultuur nie net by grootmense gaan bly nie, maar dat die kinders ook gaan deel in hierdie kultuur en dit is nou al reeds die geval. Werk daagliks daarmee en die rasta kinders gebruik self en verkoop by die skole. Ons weet dat hierdie n kopseer gaan raak vir die polisie en os weet ook dat die meeste rastas geld maak met die verkoop van die dagga. Praat met mense op grond wat elke dag met hierdie kultuur te doen is en daar sal beter studie gemaak kan word.

Danie ·

Ek weet daar is sekere mediese voordele, maar nie deur dit te rook nie. Laastens wil ek weet hoe ons bestuur onder die invloed van dwelms gaan bekamp, want daar gaan nou ‘n aansienlike toename wees.

Bloupotlood ·

Danie, in Colorado, Amerika het hulle darem al n asem toets vir dagga gekry, en hulle pas die selfde wette toe as drank, “dronk/gerook op straat”, ry onder invloed ens. Maar dis hoekom staat nou 24 maande het, om dit als nou mooi te formuleer.

Jy kan net dink waar daai tenders wil blaas toestelle gaan… ag hierdie land ne, maar in elk geval, baie interssante nuus.

Reinhardt ·

Ek dink weer dat dit meer polisiemanne vry sal maak om hul aandag te spandeer op meer belangrike vorme van misdaad (harde dwelms, moord ens). As dagga by n winkel soos drank verkoop word, dan sal niemand meer by snaakse karakters hierdie middel in die hande hoef te kry nie, dus val die hele argument van “gateway drug” deur die mat, nou gaan minder mense ander dwelms probeer, want die verkoper is nou n legitieme handelaar wat slegs legitieme middels verkoop.

Bloupotlood ·

Nogals interresant maar jy mag lyk my interdik kry teen bure wat dit rook en stank maak, daar is baie maniere om dit te gebruik sonder om aan die brand te steek. Hopelik is mense nie so simpel om groot walems te maak nie, dieselfde geld ook vir tweedehandse rook.

Dit gaan vir my persoonlik oor goeie maniere maar die wet sal jou beskerm as jy kla oor dit.

Jy is vry om te doen in jou huis wat jy wil, maar solank dit nie ander mense impak maak nie.

Cherokee ·

Dit mag wees soos jy sê Potlood, aar daar sal diegene wees wat jou klagtes sal beskou as indruis teen menseregte (veral as hulle ‘n dampie getrek het). En al sou jy wen, skep dit nuwe dramas.

Mm ·

Sjoe nogal einaardig. Ek glad nie n roker nie..maar dit is nie vir my reg nie. Wat van die kinders in huis. So gevaarlik

Bloupotlood ·

Sal Brandewyn ook moet wegsteek vir hulle! Nee man dis nie so sleg nie, almal ken ook iemand wie dagga olie gebruik vir kanker ens. In Colorado in Amerika waar dit wettig is, handteer hulle dit maar selfde as drank, mag nie op straat nie, mag nie ry en onder invloed wees nie (Hulle het toetsers) etc.

My grootste hoop is dat dit nou polisie en magistrate blaas kaans gee om nou agter die regte slegte ouens toe te gaan, iets soos 80% van Limpopo tronke vol agv dagga, dis simpel, ons moet fokus op geweld, verkragting, dwelms en moord!

Danie ·

Ek stem saam dat daar wel mediese voordele is, maar nie deur dit te rook nie. Laastens weet ons dat daar n daaglikse toename van die gebruik van dagga gaan wees en dat die meeste rastafarians onder die invloed van n dwelmmiddel gaan wees, wanner bestuur en hoe gaan ons dit bekamp?

Koning Roos ·

Danie ja dis nou presies in die regering se hande om ordentlike kontrole op te stel, met taks, verbruik ens.

Ek persoonlik sien meeste uit vir die gebruik van Hemp vir bees voer, dit groei soos n onkruit en bring vir jou terug GROOT oes baie vinnig in somer. Na die droogte kort ons al die help wat ons kan kry ….

Hier is n video van oes as jy belangstel, dit is in Holland, kyk hoe klein is die grond wat hulle plant, maar die trok word lekker vinnig vol, blykbaar maak dit die beeste ook lekker rustig, haha.

Soek op Youtube : “Harvesting fiber hemp | Claas Xerion 4000 | Vezelhennep oogst”

Johann ·

Ja Enrico my vriend daar staan ook geskrywe, “van al die bome in die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van kennis van goed en kwaad mag jy nie eet nie” met ander woorde daar is plante waarop GOD ‘n gebod op gesit het

Bloupotlood ·

Moet nooit mense vertel wat reg en wat verkeerd is volgens jou vertolking van die Bybel nie. Is maar n kreet wat ek altyd mee lewe. Bybel is tussen jou en God, nie jy, Frikkie, en God nie.

w ·

So kinders nie gebruikers en bejaardes moet nou in daardi huishoudings blootgestel word aan dai gemors wat hul moet inasem. Aitog SA se wette is in n chaotiese toestand. En daar ni veel wie dit teenstaan nie. Ai ons mensdom verlaag ons standaarde darem met n helse spoed. Gn wonder so baie kriminele.

Reinhardt ·

Eks seker jy voel presies dieselfde oor n ou biertjie of wyntjie? Nie waar?

Koning Roos ·

Moet se ekt so iets gesien kom, almal ken iemand wie n ouer of n kennis het met Kanker ens wat dagga olie gebruik, dit is konsentraat dagga so is die ergste! Klink asof dit baie help.

Seker as jy die olie wil neem van daai mense sal hulle jou mooi in jou m*** in stuur.

Gelees soos 80% van Limpopo arrestasie is ivm dagga, gaan die polisie en magistrate bietjie blaas kans gee om agter die regte slegte ouens te gaan vir n slag.

Regering moet maak soos Colorado en taks, hoop net hulle doen iets goed met die taks geld, mens kan droom..

Johan Venter ·

Almal sien die satan raak in dagga, maar o jitte daars niks fout om naweke by die braai of by die dam voor die kinders te drink nie.
Die meeste mense wat iets teen dagga het is hygelaars in die ergste vorm

Koning Roos ·

Lelikste goed wat ek in my lewe ervaar het was agv drank, nie die boom nie.

Adri van der Berg ·

Uit ons SAP meening. Nyaope rook: heroine word gemeng met dagga. Hoe beheer ons dit met wettiging van dagga. Met al di dwelm gebruikers met wie ons werk in Pretoria sentraal, almal het begin met dagga rook.

Ella ·

Myns insiens Is daggarokers presies dieselfde as alcohol, as dit nie veiliger is nie. Dieselfde kontrole moet toegepas word. Tannies met nat broekies moet nou ontaspan

Reinhardt ·

100%. Niemand argumenteer dat dit sleg is vir jou nie, want dit is, maar ek dink die argument gaan oor die beginsel. As dagga sleg is vir jou, en dus onwettig is, dan moet alkohol ook wees. Duisende sterf op ons paaie agv alkohol, ekt nog nooit van iemand gehoor wat dood is agv direkte dagga gebruik nie.

Francis ·

waar is ons Kerkleiers !????
Wat gaan van SA se jeug word ?????

Reinhardt ·

Ag, ek dink hulle gaan maar ‘n ou pypie aansteek in plaas van n bottel brannewyn klaarmaak (want dit gebeur tans as jy nie geweet het nie), klink beter in my opinie.

Inge ·

Francis, as jy jou kind goed opvoed sal hy/sy weet wat reg en verkeerd is. Laat ek jou vertel, of jy dit nou wettig maak of nie, dit sal altyd daar wees. Soos drank, sex en ander dwelms. Die drie is oeroud en sal altyd daar wees, maak nie saak wat jy doen nie. Hou op om so naief te wees asb.

John ·

Binnekort gaan die medisyneraad, as daar nog soiets is, aandui dat dit as ‘n medikasie gereguleer moet word en ‘n privaatmaatskappy kans gee om dit te registreer en mettertyd maak hulle en die dokters wat dit dan moet voorskryf, lekker geld. Dis die plan in verskeie lande. Die uitwerking van dagga-gebruik is langdurig. Baie mense sal buitenshuis ook die effek ervaar wat slegte gevolge vir die publiek mag inhou. Dis bekend dat dagga sommige mense geweldig energiek maak en/of ‘n grootheidswaan tot gevolg het. Misdadigers mag erg wreedaardig optree en byna bomenslike dwaashede aanvang. Hoeveel goggas gaan nog uit Pandora se swart kis spring? Dit sou insiggewend wees om te hoor hoeveel misdadigers onder die invloed van gevaarlike middels optree.

SkarrelKind ·

John, dis nou die grootste hoop twak wat ek nog ooit gehoor het. Om daarteen te wees is een ding, om te sê dagga maak mense gewelddadig?!! Jinne my bra, gaan kry jou feite, uit vele studies en dan vertel jy weer vir ons watter dwelms mense gewelddadig maak, want die vet weet, dagga is nie op daai lysie nie!

Reinhardt ·

Nonsens. Dagga het geen mens nog ooit energiek of geweldadig gemaak nie. Die enigste ding wat aangeval word terwyl jy op dagga is is jou yskas. Asseblief tog, vergewis jouself oor ‘m onderwerp voordat jy praat. Ek is oop vir debat, maar moenie kom met demone en praatjies wat jy by ander tannies gehoor het nie.

Mike ·

Drie weke terug was daar n berig op news24 van n Australiese man wat die dag by sy huis dubbeld sy normale kwota dagga gerook het. Hy besluit toe sy 3 jarige dogtertjie is te mooi en gooi toe petrol op albei sy dogters uit en steek die 3 jarige dogtertjie aan die brand. Die bure moes kom help na die gille van die arme kind. Daardie goed maak mense mal verby. Kyk maar hoe lyk n persoon wat al vir n ruk lank dagga rook. Glad nie meer vars nie.

Winston ·

Dit is nou so. Gegewe die geweldige aantal sake wat howe moet aanhoor van ernstige klagtes soos moord, verkragting, roof en nog, is dagga eintlik n beuselagtigheid wat tyd mors in howe en weinig pleit skuldig. Ons kan maar net hoop dat dit nie elders impak gaan hê, behalwe dat, die daggakonomie nou n knou sal kry, nie. Risikos is minder produk word meer en goedkoper. Dit is n medisinale plant as dit reg aangewend word.

Cool and calm ·

Goeie genugtig mense..ek dink meeste van julle moet ‘n bietjie boom rook sodat julle net kan chill

Mel ·

Gaan doen die moeite en lees op oor die rasta geloof hul lees die Bybel soos ons. Doen navorsing oor die rasta. Ek praat ni van die wat rasta pleit want hul wil dagga rook ni. Nie genuine rasta. Jul sla verbaas wees. Hoe naby hul aan Christensen is. Wie mag oordeel ni ek as sondige mens ni.

Cheryl ·

Aai dis darm maar erg hoor!!! Ek kan met TROTS sé… Ek drink nie en het nog nooit dagga of enige ander dwelm in my lewe gebruik nie so my kinders word darm nie aan daai gemors goed blootgestel nie. En nee eks nie eers oud nie nou eers in my vroeér dertigs. Wens alle dwelms en drank wil verdwyn van die aardbol af!!!

Hermann ·

Ek dink dis n wonderlike idee om hierdie mountain cabbage die groen lig te gee, Soveel goedkoper as al hierdie sogenaamde chill pills. Kyk, na Sy Ekselensie Zuma se verskuiwing van ministers was net n diep teug van die goed nodig om ons almal te kalmeer. In die eerste plek het meeste nie n clue wat die verskuiwings nou eintlik beteken nie.In die tweede plek met n paar trekke verder het jy in elk geval nie n damn omgegee nie en ten toe one gevra……gives us some more action Prez….there more Ministers out there……give us another reason to get morbid by reading all the newspapers…….dit gee ons kans om weer n paar teugies van die groen goud te geniet. Shanks,eksh voel nou bteer.

ek ·

Ek dink vir die eerste ruk gaan dit wild gaan omdat dit nou iets nuut is maar dit sal ook oud raak… Mense sal oor dit ook kom…. Dis maar net die wat klaar permanente gebruikers is wat sal aanhou daarmee…

Hartseer ma ·

Al wat ek kan sê is dat ons seun, nou 20, in die laaste 2 jaar soveel hartseer, skade aan eiendom, verbroke verhoudings tussen ouers, broers, vriende en meer veroorsaak het deur sy dagga gewoontes. Groot finansiële verliese, werk verloor, gevang vir diefstal, en wat nog. Net omdat hy nodig het om gechill te voel. Dis die seerste seer vir die ouers en naaste familie. Ek kan niks goed sien in hierdie besluit nie. Niemand is geregtig om kommentaar te lewer as jy nie self die ondervinding het nie.

Andre ·

Ek rook glad nie maar wat is die verskil tussen dagga rook en drank.Weet Mr Gouwes nie dat drank al baie meer lewens geneem het nie en die bybel tannies dit help nie om te vra waar is die kerk mense nie

ek ·

Of dit nou wettig is of nie mense gaan dit gebruik as hul wil, hul gaan dit nou net nie meer skelm hoef te doen nie…… Daar is baie erger dinge as dagga

zeno ·

Laat trek dagga soos tee, het baie mediese voordele en doen niks aan die brein ens nie.

Yolandi ·

Die mense mag dit gebruik in die privaatheid van hulle eie huis… Maar wie gaan verandwoordelikheid aanvaar as die persoon dit gebruik in die privaatheid van sy eie huis en daan uitgaan en moor en roof?? Dis tog wat die meeste rook voor hulle misdaad pleeg…

SkarrelKind ·

Yolandi, geweld en misdaad word aangeblaas deur jou tik tipe dwelms. Dagga is nie bekend daarvoor dat dit enige iemand so aggressief maak soos byvoorbeeld tik nie. Ek verstaan die kommer, maar gaan lees die studies – tik, wat onwettig is en op grootskaal gebruik word, is vir baie meer geweld verantwoordelik. Los die dagga en maak die tikhuise toe. Daar is ‘n beter oplossing!

Reinhardt ·

Yolandi, die enigste ding wat vermoor gaan word is jou yskas en bankbalans omdat jy nog snacks soek. Ek sal verbaas wees as die persoon ooit voor sy tv opstaan om te sien hoe lyk dit buite. Mense wat moor en rood gebruik ander middels, dalk saam met dagga, maar nie agv dagga nie.

Oom Doug ·

Vergeet die wet. Ouers moet hulle kinders leer dat drank en dagga baie sleg is vir hulle en dat dit hulle sal dom maak.
Ons kinders moet beskerm word. Die skoole of ook die regeering het bewys dat hulle dit nie gaan doen nie. Ouers pas julle kinders op.

Karen ·

Drank, rook en dagga…. alles verslawings middels indien jy dit toelaat…. wat is nou lekkerder as n glasie wyn na n super lang dag of n sigaret om daardie nerves te kalmeer… Mamma en pappa rook by hul kinders in die kar of by die huis… ja stem nie saam met die wet nie, maar as daar n braai by die huis is en almal voel nou effe lafferig – weet jy te minste wat jy rook want jy kweek dit self… By gese het ek nie kinders nie en sal dit nie naby hul bring tot hul oud genoeg is om te weet wat reg en verkeert is nie. om Sulke tiepe dinge van hul te weerhou help jou niks want hou n kind vas en hul rebel… en liewers saam en by my doen as op n plek waar hulle in gevaar kan wees… dit is hoe ek groot gemaak is en vandag weet ek wat reg en verkeert en wanneer om optehou en waar ek kuier en waar nie… Hierdie gaan elkeeen se eie opinie en eie denke word. Soos drank en rook sal die dagga ook seker hand uitruk en wel soos reeds misbruik word. dit is maar net nog iets in die samelewening wat n mens moet vir jouself besluit hoe jy dit gaan hanteer…. My persoonlike opinie….

Reinhardt ·

Vir almal wat so die einde van die wêreld en morele verval verkondig… hoe lyk Nederland? Vergelyk gou daai land met ons landjie, vergelyk dit sommer met apartheid SA. Wat vind julle? Nederland is ‘n uitstekende land met n sterk ekonomie en seker van die beste infrastruktuur in die wereld. Nou wat is wettig in Nederland? Vat so lank as wat julle wil.

Suzie ·

dan kan hulle mos maar gewone sigarette en rookwette ook weer wysig?

leon pit ·

Die Afrikaner volkie is so inhallig op sy eie mense die son mag net in sy eie hoekie skyn. Kom ek se julle iets. Elke mens kan sy eie lewe bepaal die wat Dagga wil rook laat hom toe en die wat nie wil Dagga rook nie goed so dit jou eie reg. Medies gewys is dit op aarde beskikbaar gestel vir n rede. Dis nie mens gemaak nie en ek beskou dit as enige ander kruie plant. Gebruik tot jou voordeel.

Werner ·

Daai apteker het duidelik nie ‘n idee waarvan hy praat nie. Al wat Dagga af breek is jou limitasies om te redeneer. Gaan praat maar met enige iemand wat dagga gebruik. Hulle is baie meer oop kop om nuwe goed te leer.

Al wat ek kan dink is dat die Apteker bang is vir sy bank rekening. Dagga is ‘n natuurlike krui wat vir soveel mediese toestande werk. Die enigste rede hoekom die medisie nie dit soek nie want hulle gaan nie meer Biljoene uit die mense kan maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.