Hof genader na heraanstelling van polisielid ná rasherrie

hof-hamer

Argieffoto.

Die vakbond Solidariteit het die arbeidshof genader in verband met die heraanstelling van ’n polisielid.

Die vakbond het op 22 Februarie vanjaar ʼn saak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aanhangig gemaak omdat die SAPD volgens hom geen daadwerklike stappe teen ʼn rassistiese werknemer gedoen het nie. Die KVBA het egter nie ʼn beslissing gemaak nie, en die hofstukke is by die Arbeidshof ingedien.

Dit volg nadat die polisielid wat einde 2015 afgedank is nadat hy rassistiese aanmerkings op Facebook gemaak het, ná ses maande weer heraangestel is.

Danny Motlhaoleng, ’n administratiewe klerk by die Klerksdorp-polisiekantoor, is in 2015 ná ’n tugverhoor afgedank nadat hy onder meer geskryf het “f**k white people” nadat sy lynhoof – Johanna Jonker, ʼn polisiekaptein – dissiplinêre stappe teen hom gedoen het. Volgens hofstukke het Motlhaoleng meer as twee keer nie daarin geslaag om notules van vergaderings te neem nie, waarna Jonker hom ʼn skriftelike waarskuwing gegee het.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê Jonker was die slagoffer van onbillike diskriminasie op grond van ras.

“Mnr. Motlhaoleng se heraanstelling is ʼn bewys daarvan dat die oorspronklike grief nie volkome hanteer is nie. Die feit bly staan dat alhoewel die SAPD aanvanklik die nodige stappe gedoen het om sulke oortredings in die werkplek te verbied, hulle dit nie deurgevoer het nie,” het Van der Bijl gesê.

“Hierdie geval is weereens ʼn bewys van hoe mense in gesagsposisies selektief met rassisme omgaan – vandaar Solidariteit se onlangse veldtog teen selektiewe rassisme.”

Die SAPD het tot middel Julie om hul hofstukke by die Arbeidshof in te handig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dankie ·

Baie dankie Solidariteit. Ek hoop julle kry hom gou weer uit die pos wat hy onwettig beset. Daar behoort nie rassiste in die SAPD nie. Hoop julle hou ons op hoogte…

snoefie ·

geen R150 000 boete nie? net op ses maande verlif gestuur.

Michael ·

Ek wens die rasse ding wil ook nou n dood sterf ,aansit, voorgee,polities korek wees te bang om te se n man is swart dit is vir my belaglik en die media is die voorlopers wat die rasse ding dryf vir eie gewin en ek daag mm om n meningspeiling hieroor vir die lesers te gee om te stem of hulle ook dink dit is so

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.