Hof genader om Bela Bela-plakkers te skuif

Bela Bela-verwelkomingsbord (Foto: lovetour.co.za)

Bela Bela-verwelkomingsbord (Foto: lovetour.co.za)

AfriForum het ʼn aansoek in die Noord Gautengse hooggeregshof gebring teen die Bela-Bela plaaslike munisipaliteit en ʼn grondeienaar om onwettige plakkers te verwyder. Dít volg na ʼn toename in plakkers wat onwettig in die omgewing nesskrop, asook ʼn toename in misdaad.

“Dit is die munisipaliteit se grondwetlike plig om onwettige plakkers na ʼn gepaste gebied te skuif en toe te sien dat hulle voldoende water- en sanitasiegeriewe het,” het Morné Mostert, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Limpopo, gesê.

Die uitreiking van hierdie aansoek is die begin van ʼn hofproses om die plakkers te verwyder en op ʼn geskikte plek te hervestig. AfriForum se prokureurs sal die datums spoedig opvolg om te verseker dat geregtigheid geskied.

“Ons wil die onwettige plakkers verwyder voordat die probleem vererger. Die munisipaliteit beskik oor alternatiewe grond wat geskik sal wees om die plakkers op te hervestig,” het Johan Mills, voorsitter van AfriForum se Warmbad-tak, gesê.

Die burgerregte organisasie versoek enigiemand wat die aansoek wil ondersteun om óf aan te sluit óf die woord “plakkers” na 45340 te SMS (elke SMS kos R1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martin ·

Fanie, dit is nou ‘n goeie vraag. Ek het dit in ons dorp ook gesien . Die een dag is daar niks, die volgende is daar ‘n dorp van plakkers hutte. Hoekom moet ons dan Munisipale fooie Elektrisiteit/water betaal? Hoekom plak ons dan nie maar almal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.