Hof genader om Gordhan terug in sy pos te kry

Pres. Jacob Zuma. Foto: Chester Makana/ANA

Die DA het Woensdag ʼn dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om pres. Jacob Zuma se besluit om Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, uit hul poste te verwyder, ongeldig te laat verklaar.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, het gesê die party versoek die hof om te bevind dat die besluit irrasioneel, en dus ongrondwetlik was, en dit ter syde te stel. Die DA het ook versoek dat alle rekords van die besluit om Gordhan en Jonas af te dank binne vyf dae by die hof ingedien moet word.

Zuma se middernagtelike kabinetskommeling verlede week het talle Suid-Afrikaners warm onder die kraag gelaat, veral ná Standard & Poor’s se besluit om, na aanleiding van die kabinetskommeling, Suid-Afrika se kredietgradering na rommelstatus af te gradeer.

Selfe het gesê Zuma se besluit om Gordhan en Jonas in die pad te steek sal na verwagting tot verdere werkverliese lei en ʼn langdurige en rampspoedige impak op gewone Suid-Afrikaners hê.

Die DA het hom Vrydag inderhaas tot die Wes-Kaapse hooggeregshof gewend om ʼn dringende aansoek te bring vir ʼn interdik om die inhuldiging van die nuwe ministers en adjunkministers te verhoed. Die hof het egter die DA se aansoek van die hand gewys.

Selfe het Woensdag gesê die gebruik van enige openbare mag, soos die aanstel en afdank van ministers, is onderhewig aan wetlikheid. “Die Grondwet vereis dat die gebruik van openbare mag rasioneel moet wees, vir ʼn wettige regeringsdoel aangewend moet word en gegrond moet wees op korrekte feite. Tog het Zuma na bewering hierdie besluit gemaak geskoei op ʼn ‘intelligensieverslag’ wat deur verskeie mense, insluitend ANC-hooggeplaastes, met minagting van die hand gewys is,” het hy gesê.

Hy het gesê dit is hoogtyd dat Zuma aanspreeklik gehou word en dat sy slegte invloed op die land verwyder word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Koos ·

DA julle Mors net geld, die hof is no1 georienteer en hy is soos n Kat met botter aan sy pote, hy move nie

Louis ·

Ons sit met ‘n spul slap ANC lede wat Zuma sal moet verwyder. Zuma identies nou soos Mogabe

CHRISTA ·

Die ANC-lede pas net hulle eie belange op!! Hulle gee nie ‘n duit om vir die res nie!!!

ehdbwhebsiwi ·

die hele land moes die week tot stilstand gekom het niemand moes gaan werk het nie. n totaal stilstand. die DA mors hulle tyd en geld

Bullseye ·

Vermorsing van tyd en geld..hy sit soos die spreekwoordelike mis aan n wolkombers

Alida ·

Hou tog op negatief wees. Sal graag jul kommentaar wil hoor as die DA slaag! Die Regters is nie onnosel nie en sal die aansoek toestaan om die land te red. Hulle is baie bewus van die bollie wat op pad is. Hou duimvas en ruk Vrydag op en staan saam ongeag kleur. Nou moet ons kleurblind wees en betoog vir dieselfde saak.

N Lourens Reitz ·

Alida toon meer deursigtigheid aan die dag en volg die nuus luister na die NUK van die ANC wat reeds vandag verenig het agter Zuma en waarin gaan die DA slaag?? met wat as die hof reeds die aansoek van die hand gewys het.

chris.l ·

nou is ek dom as die DA iets doen mors hulle tyd en geld as afriforum iets doen slaap die DA
wat wil julle he tiepies suid afrikaner altyd stroomop

N Lourens Reitz ·

As die DA slaag met wat??.Die hof het reeds die aamsoek van die hand gewys.Nou is die DA Vrydag met hulle eie optog in JHB besig en die res van die land in Pta en Kaapstad en ek moet nou daar saam in die ry val waar Malema vandag sy grondbesetting veldtog lei.Zuma oorleef ook hierdie een want die ANC se top ses is gister verenig agter hom en so gaan hy ook die wantrou emosie slaag.

John ·

Regters is nie onnosel nie, maar hulle sit toegespin in wetwebbe met min beweegruimte en die groot spinnekop besluit oor ‘n dak oor hul kop. Die regters wat uitpraak moet lewer oor die saak van Gordhan tov ingrepe by banke en Zuma wou toetree. Hierdie knyptang gaan orals stywer wurg. Onthou die rekenaars wat gesteel is?

christa ·

Daai rekenaars wat gesteel is het ek nog heeltyd gese is antwoord Hulle moes al n paar Jaar terug van die verdomde Slang Ontslae geraak het kom ons prober positief bly vir my baie moeilik maar dink net as Gordan dalk President kan word Maar weer se ek daar is maniere om van die verdomde Slang ontslae te raak en julle Beter dit gou doen daar was niks verkeerd tussen Gordan en ou zumpie nie hy wil net sorg dat sy sake vol so ou mal Mughabe

Ano ·

Het die DA al vir Mnr Gordhan GEVRA of hy WIL heraangestel word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.