Hof genader oor toerismedepartment se rassistiese fonds

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

AfriForum en Solidariteit se regspan het Woensdag ’n aansoek in hul saak teen die departement van toerisme in die Pretoriase hooggeregshof beteken. Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa en Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, verlede jaar die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) bekend gestel het as ’n instelling wat finansiering aan toerismeondernemings in swart besit verskaf tydens die Covid-19-inperking. Slegs ondernemings wat minstens 51% swart eienaarskap het, kwalifiseer vir lenings of toelae van dié fonds.

Buiten hulpverlening tydens die Covid-19-pandemie, het die fonds van sowat R1,2 miljard ten doel om skuldfinansiering te bied, om toelae beskikbaar te stel om aandele te bekom en om nuwe projekontwikkeling in die toerismebedryf vir swart entrepreneurs te vergemaklik.

“Die Covid-19-krisis het weer eens die kollig op die regering se rasgedrewe doelstellings geplaas,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van veldtogte. “Dit is ondenkbaar dat die regering nou geld wil aanwend om nuwe ondernemings en projekte te befonds terwyl bestaande ondernemings in die bedryf dringend hulp benodig. Die ekonomiese krisis waarin hierdie ondernemings hulle bevind, is onder meer veroorsaak deur die streng Covid-19-regulasies wat deur die regering op die toerismebedryf toegepas word. AfriForum sal nie toelaat dat die regering die nood van mense in die toerismebedryf as geleentheid gebruik om hul transformasieagenda te dryf nie.”

Morné Malan, kommunikasiehoof by Solidariteit, sê die krisis waarin die toerismebedryf gedompel is kan nie deur kaders met politieke konneksies misbruik word as ’n geleentheid om munt te slaan nie. “Daar is verskeie kriteria wat eerder in ag geneem kon word, maar die regering is rasmal en vasgevang in ’n strik van pagsoekery en eng belange. Hulle bevorder hul eie prioriteite ten koste van die toerismebedryf en Suid-Afrika. Ons kan dit nie toelaat nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter ·

Maar ons blankes se belasting geld is goed genoeg. Dit is tyd dat ons standpunt in neem en begin met n belasting boikot. Dan wil ek sien waar gaan die siek ANC geld kry om ouer people te help.

Kobus ·

Pieter,meeste van ons stem saam maar dit kan/sal nooit gebeur nie.Indie maatskappye bv belasting weerhou het die regering die mag om die direkteure te vervolg en die instellings te sluit. Jy betaal in elkgeval belasting op alles wat jy koop.

MakersMark ·

Almal weet wat word van geld in fondse soos die. Uiteindelik word die fonds gestroop deur die geldenhuise en sekere individue word ryk.

Gert ·

Dis reg toe die pandemie begin het en die ANC bakhande staan sodat hulle kwansuis almal kan help toe het almal al geweet die geld gaan vir our people gegee word, dis nou dit wat oorbly na die plundering. Toe moes die witmense hulle donasies in ‘n aparte rekening gesit het vir ons mense

Jaco ·

Wit mense moet eerder bly wees dat hulle nie uit dié noodfonds gehelp word nie. Sou hulle gehelp word, moet hulle ALLE besonderhede van hulleself en hulle besighede aan die staat bekend maak. Later, wanneer radikale ekonomiese transformasie en onteiening sonder vergoeding begin, dan is al dié wit besighede wat nou “gehelp” is, bo aan die lys om summier afgevat te word.

Stefaan ·

Dit is jammer dat hierdie rassistiese regering nie voor die wêreld hof gedaag kan word nie. Dit is wat die wêreld wou gehad het.

Marius ·

Die regering moet NOU van hulle ras – fiets afklim en begin om na die land se mense , alle manse te kyk .
Na hoeveel jaar kan dit nie meer so aangaan nie . ek wonder of die mense besef hoeveel werk word verskaf deer die bedryf , en dink nou net as almal in die bedryf besluit om net wit mense aan te stel – wat dan ????

Elize ·

As hierdie befondsing net die ekonomie gehelp het was dit ‘n ander saak. Ek kan nie sien dat besighede wat hulleself nie behoorlik kon bestuur en gegroei het nie enigsins nou ‘n waardevolle bydrae tot die ekonomie gaan maak nie. Gaan die fondse weereens net in hullr sakke verdwyn?

Schalk ·

Dit is so tyd vir ‘n bank en ander instansies wat mense help en evalueer op besigheids vlak van beginner tot gevestigde besighede met geen rasse of geslags vevooroordeel kriteria nie!

Yvonne ·

Die fonds is seker al klaar geplunder…wat n gemors…..as iets “goeds” uit die pandemie gekom het dan is dit die feit aan die lig gebring is dat die regering nie die wil of intensie het om korrupsie tee te staan nie…dit pas hulle…tragies

quartus ·

Wel, ons moet dan maar nie gebruik maak van besighede in die toerismebedryf wat in regstellende hande is nie. Ons ondersteun ons eie mense.

Casper ·

Liewe ouers waar kry sy al daai pêrels om haar nek.As el ‘n rand gehad het vir elke pêrel kon ek die wilde tuin besoek.

jzjz05 ·

Rassime is n slegte woord ,maar Swart ekonomiese bemagtiging laat hom na n kinderkrans uitstappie lyk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.