Hof genader oor watertekorte in drie munisipaliteite

kraan-water-glas

(Foto: pixabay)

Die burgerregteorganisasie AfriForum se regspan gaan op ’n dringende grondslag die hooggeregshof in Bloemfontein nader om die watertoevoer na dorpe in drie munisipaliteite te laat herstel.

Dit volg nadat AfriForum op 19 Oktober 2021 ’n dringende brief aan Sedibeng Water gerig het om te versoek dat die Balkfontein-aanleg weer water aan inwoners van die dorpe in die Matjhabeng-, Nala- en Maquassi Hills-munisipaliteite verskaf.

Sedibeng Water het nie op AfriForum se brief gereageer nie wat die organisasie noop om die hof te nader.

Na wat verneem word, het stakende werkers by die aanleg die krane toegedraai weens ’n loondispuut met die waterraad.

Volgens Lambert de Klerk, bestuurder vir omgewingsake by AfriForum, is dit onaanvaarbaar dat stakende munisipale werkers veroorsaak dat derduisende inwoners vir dae sonder water gaan wees.

“Toegang tot skoon water is ’n grondwetlike reg en veral nou tydens die pandemie is dit uiters noodsaaklik dat almal toegang tot skoon water moet hê.”

Pleidooie vir water doen reeds die ronde en AfriForum moedig inwoners met boorgate aan om veral water aan hospitale, klinieke, ouetehuise en skole te voorsien.

“AfriForum gaan die saak beveg. Alle inwoners het die reg op skoon water. Weens politiek en die verval van staatsentiteite is die water nou afgesny,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof vir gemeenskapstrukture in die sentraalstreek.

“Ons kan nie toelaat dat mense wat gereeld belasting betaal, benadeel word weens die munisipaliteite se nalatigheid en onbevoegdheid nie.”

Eskom het die waterraad verder met ’n kennisgewing ingelig dat die kragvoorsiener elektrisiteit na die dorpe gaan afsny weens wanbetaling wat ook gaan veroorsaak dat die wateraanleg nie water kan voorsien nie.

“Geskille tussen staatsentiteite en werkers moenie gemeenskappe sonder water laat nie. Inwoners word nou gyselaar gehou omdat plaaslike regering in duie gestort het en munisipaliteite nie hul verpligtinge nakom om staatsentiteite te betaal vir water en elektrisiteit nie,” sê Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslikeregeringsake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hendrik

Joe ons is seker bevoorreg om goeie water, rioolering, veiligheid te geniet. Ons paaie is miskien nie geteer nie maar die kinders speel nog op die strate. Met sommige wat eie krag het kyk ons met verstomming wat gebeur in die res van Suid-Afrika. Dit is net Orania wat soortgelyke voorregte geniet. Keuses word net makliker as die voordeel van eie selfstandige selfbestuur gemeenskappe ingesien word.

Steyn

Dis nie loon dispuut nie, die werkers het kennis gekry dat hulle nie salaris gaan ontvang end oktober! Nes al die ander staats beheerde maatskappye begin dit water ook raak

Miskruier

Welkom het ook water tekorte.

Papsak

Ag Hennenman ook nie water nie

SjN

viva Anc, viva