Hof gevra om MRK se Malema-uitspraak te hersien

Die EFF-leier, Julius Malema. Foto: ANA

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag ʼn hersieningsaansoek by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien teen die Menseregtekommissie (MRK) se bevinding dat die EFF-leier, Julius Malema, se omstrede uitsprake oor wit mense nie haatspraak was nie.

Maroela Media het vroeër berig Malema het in November 2016 oor wit mense gesê: “They found peaceful Africans here. They killed them. They slaughtered them like animals. We are not calling for the slaughtering of white people, at least for now. What we are calling for is the peaceful occupation of the land and we don’t owe anyone an apology for that…”

Malema het dié uitlatings gemaak toe hy in die Newcastle-landdroshof verskyn het op aanklagte wat verband hou met sy aanmoediging om grond te beset.

AfriForum het Malema destyds by die MRK verkla en gesê dié uitlating hits geweld teen wit mense aan en kom neer op haatspraak. Die MRK het egter onder meer bevind Malema se stelling handel oor hoe wit mense in die verlede opgetree het en nie oor hoe hulle nou optree nie en dat Malema spesifiek gesê het dat hy nié die slagting van wit mense eis nie. Die kommissie het daarom aangevoer Malema se uitsprake kom nie op haatspraak neer nie.

Die MRK het in sy uitspraak vroeër vanjaar gesê die definisie van “aanhitsing” en “haatspraak” moet in gedagte gehou word en die uitlating moet in konteks beskou word.

“AfriForum kan nie die MRK se bevinding dat Malema se opmerkings nié haatspraak is nie, onbetwis laat nie,” het Natasha Venter, veldtogbeampte by AfriForum, in ʼn verklaring gesê. “Malema se stellings voldoen volgens AfriForum aan al die vereistes vir haatspraak ingevolge die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie. Dit is kommerwekkend dat die MRK hom met hul bevinding beskerm en sulke uitlatings in wese regverdig, maar slegs as dit in ’n sekere konteks en deur sekere rasgroepe gemaak word.”

Volgens die burgerregte-organisasie is die MRK se bevinding ook “in kontras met ’n werksdokument van die Verenigde Nasies se Werksgroep oor Minderhede wat bepaal dat alle minderhede, ongeag hul finansiële welvaart al dan nie, se regte beskerm moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
De Villiers

Malema moet spesifiseer as hy sê: “… they found peaceful africans here.” Verwys hy na die boesmans wat die swart stamme hier teëgekom het nadat hulle van die noorde af Suid Afrika binnegekom het (dus immigrante), of na die swart stamme wat hulself naderhand hier kom vestig het nadat hulle bykans al die boesmans uitgewis het, en die blankes hulle teëgekom het in hul trek Suidwaarts? Die swart stamme is en was nog altyd berug vir hul stamgevegte waarvan baie stamme totaal uitgewis is. Piet Retief en sy manskappe is ook deur die Zulu’s uitgemoor. Nou van watter ‘peaceful africans’… Lees meer »

Bias

klop hom .. ek hoop hulle is meer regverdig en minder getransformeerd.

Sandy

So one boer one bullet was ook nie haatspraak nie? Of verstaan ek nou die MRK heeltemal verkeerd?

alwyn burger

“Peaceful Africans”?. En die uitdelgingsoorloë en die mensvreters Julius?.

Alida

Die MRK beteken niks. Hulle menseregte kyk net na een kant toe. Word voorgesê deur die ANC.