“Hof het ons verraai,” sê Reeva se halfbroer

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp se halfbroer, Adam Steenkamp, het in ʼn onderhoud met die Daily Mail gesê Oscar Pistorius se moordverhoor was ʼn “groteske pantomime”.

Adam, wat in Engeland woon, het in die onderhoud gesê sy familie is deur die hof verraai en dat Pistorius ʼn “moordenaar is wat aan opsetlike moord skuldig bevind moes word”.

“In my hart weet ek dat hy daarmee weggekom het. Hy het met moord weggekom. Ek verstaan nie die logika daarvan om iemand wat vier skote op ’n klein toilet se deur afvuur, vry te spreek van moord nie. Dit is nie die optrede van iemand wie se bedoeling nie was om dood te maak nie,” het Adam gesê.

Regter Thokozile Masipa het Pistorius verlede week onskuldig bevind op aanklag van moord. Sy het hom skuldig bevind aan strafbare manslag. Pistorius se vonnisoplegging sal op 13 Oktober begin.

Volgens die berig in die Daily Mail gaan Steenkamp se ouers voort met ʼn vergoedingseis teen Pistorius. Lees meer hier.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het intussen Maandag gesê Pistorius kan weer vir Suid-Afrika deelneem solank dit nie strydig is met die hof se uitspraak nie.

Klik hier vir meer inligting oor die Oscar Pistorius-saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Francois ·

Siestog…hulle soek nou net geld en sensasie en sal elke denkbare onderhoud voer wat hulle sak pas.

Mariki van Heerden ·

Ons woon in England en het die hofsaak deurgans gevolg. Ons is jammer vir Oscar maar ons verstaan nie die uitspraak nie. Dis vir ons heel duidelik dat hy in woede opgetree het en wel spyt gekry het toe hy besef wat hy gedoen het. Geregtigheid is iets wat nie meer bestaan nie. In elk geval sal hy nooit weer los wees van wat daardie nag gebeur het nie.

Jakoos ·

Mariki, uit wat is dit vir julle “heel duidelik” dat hy in woede opgetree het? Miskien is julle reg dat daar iets gebeur het wat tot ‘n moordlustige twis tussen die twee aanleiding gegee het, maar die probleem is dat daar nie die geringste behoorlike bewys of selfs ‘n aanduiding van so iets is nie.

Die regter het die bewerings oor ‘n gestryery sowat ‘n uur voor die voorval – en andere bewerings – noukeurig ontleed en tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie bo alle redelike twyfel bewys is dat OP haar willens en wetens geskiet het nie.

Ek kan mense se emosionele opwellings oor die saak verstaan en begryp, maar in ‘n hof is emosies en vermoedens en sterk gevoelens nie ter sake nie – net feite en bewyse!

SNEL ·

Dis groot ding van die Suid Afrikaner; hulle kan nie saam staan nie en kry lekker as een homself in n slegte situasie bevind. As Oscar dan nou so aaklig met haar was, hoekom het sy by hom gebly….geld, roem? Nou wil haar ma-hulle hom tap vir geld. Laat ons almal begin eise insit teen die mense wat n geliefde van ons laat sterf het. Wie in sy gesonde verstand sal moord pleeg as hy weet die hele wêreld se oë is op hom en as hy so baie het om te verloor ? Hy sou haar gelos het, nie geskiet het nie. Dit was n vinnige ondeurdenkde optrede. Almal in SA loop rond met angs en kyk oor hul skouer, hoeveel te meer as jy weet jy kan jouself nie verdedig nie…dan doen jy wat jy kan om jou te beveilig en ja, dan skiet jy om hom uit te haal, want jy weet hulle het geen genade vir jou nie en veral as jy op twee stompies is klap hulle jou soos n veer om. Hoeveel gevalle was daar nie al wat iemand n geliefde geskiet het en hulle aangesien het vir n inbreker nie. Die een pa het sy kind deur die slaapkamer deur dood geskiet, die ander pa sy dogter by die kar toe sy vroeg die oggend haar kêrel wat verjaar het verras het met ontbyt. Daai ouers was nie eers gestrem nie, nou val almal Oscar aan. Vinnig om klippe te gooi, tot dit met een van ons gebeur.

Theresa ·

Ek stem saam met Adam. Die uitspraak maak nie sin nie. Goeie genade. Dit bly moord. Al was dit iemand anders agter daardie deur. Oscar het baie goed geweet dat dit Reeva was. Maar hy sal maar moet antwoord by die Allerhoogste. Ek is bitter jammer vir Reeva se familie. Ek wens julle krag en sterkte toe om hierdie te hanteer.

Theresa ·

Francois – Ek wil sien of jy dieselfde sou gesê het as so iets met een van jou geliefdes gebeur het. As dit my kind was wat so doodgeskiet is – sal ek hom jag orals waarheen hy gaan.

Paplepel ·

‘n Mens kan sien jy was nog nooit in ‘n hof nie. Feite, wie s’n? ‘n Regter gebruik die forensiese feite saam met die slim stories wat beide partye voordra om ‘n beslissing te maak. Die aangeklaagde se houding (apatie of berou) tel ook baie in die uitslag. As daar net van feite gebruik gemaak word in sake kon die regstelsel die uitslag met ‘n sakrekenaar kon uitgewerk het. ‘n Saak soos Oscar s’n is ‘n nagmerrie vir enige regter. Hy/sy moet sin maak van honderde feite en versinsels en dan uitspraak lewer.

Denise ·

Ek het van dag een af gewonder of Reeva se ma-hulle meer ontsteld was oor hul geldkraantjie wat toegedraai is as oor die dood van hul dogter. Ja ek glo dit is verskriklik om jou dogter so te verloor, maar NIEMAND van ons sal weet wat daardie aand gebeur het nie. Al die geld in die wêreld gaan nie hul dogter terugbring nie. Buitendien, wie is ons om te oordeel. Geen oordeel kom enige een van ons op aarde toe nie. Die Woord sê vergewe 70 x 7 keer.

Elizabeth ·

@Denise – stem 100% saam. @Snel – stem 100% saam. Reeva se familie moet net onthou haat en sulke dinge vreet mens op en dis jy wat self daar onder ly. Niemand verwag julle moet dadelik vergewe nie maar glo my, beweeg aan is die enigste manier al is dit hoe moeilik ookal. As julle werklik sin uit haar dood wil maak, stig ‘n tipe beweging waar vrouens kan hulp kry in noodsituasies of so iets, dan was haar dood nie verniet nie. Vegreet nou van geld en verkeerde uitsprake en dit en dat, dit bring haar nie terug nie. Dit gaan nie die seer wegvat en dit gaan ook nie gouer aanvaarding bring nie GLO my. Sy het daardie aand – nadat die polisie die 1e keer gekskakel is omdat daar sprake van bakleiery was gekies om te bly. Sy was ‘n volwasse mens en keuses gemaak – dalk die verkeerdes ek weet nie, ek was nie daar en so ook nie JULLE nie. Probeer liefs sin maak uit die gebeure deur iets positiefs daaruit te begin. SAL GRAAG WOU WEET HOEKOM HIERDIE KOMMENTAAR DAN GEMODEREER WORD MAROELA??

Weetnie ·

Ek wil net se dat ek nog NOOIT voor haar dood van haar gehoor het nie………BEKENDE MODEL???? Wanneer en waar en vir wat was sy bekend? ek weet net van haar vandat sy en Oscar ‘n paartjie geword het. So ek kry haar familie jammer maar ek wil net weet wie het eintlik vir wie gebruik? EN nou wil hulle hom dagvaar vir geld……..

Sollie ·

@Weetnie. Yip, as iets gebeur dan was iemand skielik wêreldberoemd, fantasties ens ens. Topmodelle, ek praat van TOPmodele in die wêreld is JONK, maer, geen plooie… dis al wat EK wil sê.. Mense moet nou maar net iets anders kry om te doen nou dat die hofsaak hul nie voor die tv en op koerantwebblaaie vasgenael hou nie. Die regter het na alles wat saakmaak gekyk en haar uitspraak gelewer. So almal wat so slim is, laat staan en gaan aan…

Bets van Aswegen ·

Onverklaarbaar: Oscar was so veiligheidsbewus maar: 1) die venster in die onderste verdieping was gebreek, en hy kon nie eers onthou hoe lank gelede, maar dit is nie vervang nie? Dit was ‘n goeie rede om die slaapkamerdeur te sluit. Daarin was ook ‘n gat, maar daarna is nie uitgevra nie. 2) Die voertuie het in die oprit gestaan, nie in motorhuis. 3) Die lugreëling was onklaar, (nie gevra hoe lank nie) maar nie herstel veral Februarie wat van die warmste maande is. Daar moes ‘n minuut vir minuut verslag gewees het van sy doen en late. Daar is te veel rondgespring met die getuies, en dan het Oscar emosioneel geword. 4) Die balkon lig was aan, en die “pilotliggie” waaroor hy die jeans wou gooi, het hom so gepla, maar tog kon hy nie in die vertrek sien nie? 5) Wanneer, voor hy die waaier ingebring het, het hy die jeans opgetel om oor die liggie te gooi?

Barend ·

This people is after money R3,750000 “claim compensation”. Oscar don’t pay The Steenkamp’s sent.”We want to leave it to our lawyers to try to reach an out-of-court settlement.” They hope Oscar go to court Put the blame to the Gov. People live in fair in South Africa
In my last conversation with her, on the night of her death, she was on her way to Oscar’s house and we talked about her sending us money to pay our cable television bill. Reeva’s British brother

Maritsa ·

Ek stem 100% saam met Denise, Snel en Elizabeth. Ons is in elk geval nie hier op aarde om te oordeel nie.. Oscar en die Here alleen weet wat daardie nag gebeur het en dis vir Hom om te oordeel, nie vir ons nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.