‘Hof hoef nie te weet wat Zuma makeer’ – Mpofu

Oudpres. Jacob Zuma in die hof. (Argieffoto: Leon Lestrade/ANA)

Oudpres. Jacob Zuma se dokters meen dit is “medies onmoontlik” om in die stadium uitsluitsel oor sy mediese toestand te gee.

Die staat het die verdediging Dinsdag gedagvaar om Zuma se mediese verslae aan die hof te oorhandig nadat hy weereens nie opgedaag het vir sy en die Franse wapenvervaardiger Thales se verhoor in die Pietermaritzburg-hooggeregshof nie.

Volgens staatsaanklaer Wim Trengove het die staat se dokters Zuma geskik verklaar om verhoor te word, terwyl Zuma se dokters hom ongeskik verklaar het.

Zuma se regspan het volstrek geweier om sy “vertroulike” mediese verslae te oorhandig.

Adv. Dali Mpofu, Zuma se regsverteenwoordiger, het volgehou dat sy kliënt se afwesigheid en mediese toestand nie vandag ter sprake is nie.

Zuma se spesiale pleitrede waarin hy vra dat die staatsaanklaer, adv. Billy Downer SC, hom aan die saak onttrek, word tans aangehoor. Zuma is glo in Gauteng sodat hy naby sy dokters kan wees en het aangedui dat die verrigtinge maar sonder hom kan voortgaan.

Koen het egter daarop gewys dat ’n beskuldigde teenwoordig behoort te wees tydens sy of haar verhoor en dat dit baie gerieflik is vir Zuma om bloot te sê dat die verrigtinge sonder hom kan voortgaan.

Koen wou toe weet waarom die verdediging nie die mediese verslae wil indien nie aangesien dit uiteraard as vertroulik hanteer sal word.

“Ek is jammer, u edele. Dit is die verkeerde vraag. Die vraag is eerder ‘waarom behoort ons die dokumente aan u te oorhandig’,” het Mpofu gesê.

Mpofu is vanoggend pertinent gevra wat sy kliënt makeer en waarom hy nie in die hof is nie.

Mpofu het egter nie ’n duidelike antwoord hierop gegee nie en slegs verwys na ’n verklaring deur die geneesheer-generaal waarin die staat Maandag in kennis gestel is dat Zuma nie vandag in die hof sal wees nie en dat die saak sonder hom kan voortgaan.

Luidens die verklaring probeer Zuma se dokters nog vasstel of die oudpresident se mediese toestand verbeter of verder agteruitgaan en hy is intussen in sogenaamde “sekondêre mediese sorg” geplaas.

“Dit is medies onmoontlik om ’n finale gevolgtrekking te maak terwyl die proses nog aan die gang is. Weens die advies van sy dokters sal Zuma in Gauteng bly om naby hulle te wees,” lui die verklaring.

“Wat beteken dit?” wou Trengove weet. “Wat is fout met hom en hoekom is hy nie hier nie?”

“Ons voer aan dat hy vandag onregmatig afwesig is.”

Die spesiale pleitrede word intussen in Zuma se afwesigheid aangehoor.

  • Arthur Fraser, kommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD), en ander DKD-hoofde is ook gedagvaar om vandag in die hof te verskyn. Hulle sal egter nie vandag na die getuiebank geroep word nie en is deur Koen verskoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

61 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kobus

Die sot makeer niks en daar is nie n mediese toestand vir skelmgeit nie

Misky

Zuma en Mpofu is albei so toe en dig soos ‘n plastiek pop se ……. oor!!!!

Jack

Kan jy glo.’n Absolute sirkus.Hy doen net wat hy wil en almal moet maar net inval daarmee.Laat ek of jy nie aanmeld vir ‘n hofdatum nie word daar eenvoudog lasbrief uitgeryk en more word ons toegesluit.Minagting van die hof.Maar as Zumie voel hy wil eerder tuisbly is dit geen probleem.Verregaande.

SjN

Speel vir tyd, tree op en kry klaar, besig om die regsbank in oneer te bring.

Pieter

Die blikskottel makeer niks, hy wil net nie die pakslae vat wat hom toekom nie