Hof hoor aansoek oor Gupta-straler

Foto: www.planespotters.net

Die omstrede Guptas het die opsporingstelsel op hul gehuurde vliegtuig afgeskakel nadat ʼn Kanadese bank hul huurkoopkontrak weens betalingsverstek beëindig het.

Dit is Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg bevestig waar adv. Alfred Cockerell namens Export Devlopment Canada (EDC) ʼn aansoek gebring het om die Guptas se Bombardier 6000-straler, wat as ZS-OAK geregistreer is, se vlerke te knip.

Bombarfier het die luukse straler van $52 miljoen aan die Guptas verkoop en EDC het dit gedeeltelik vir sowat $41 miljoen gefinansier.

Cockerell het die hof versoek om EDC se reg om die huurkoopooreenkoms te kanselleer af te dwing, en die vliegtuig te laat opspoor en op ʼn veilige plek te plaas waar dit nie gebruik kan word in die pleeg van ʼn misdaad nie. Hy het gesê sy kliënte is genoodsaak om die howe in Suid-Afrika vir dringende ingryping te versoek weens die ontvouende gebeure rondom die Guptas.

Cockerell het die staatskapingskwessies met betrekking tot die Guptas en Eskom, en die Valke se klopjag op hul Saxonwold-huis oor die Vrede-suiwelprojek aan die hof voorgehou en gesê dit is van kommer vir sy kliënt. Miljoene rande is na bewering van dié suiwelprojek tot die voordeel van die Guptas gekanaliseer.

Volgens Cockerell is die besluit van Suid-Afrika se vier grootste banke om die Guptas en hul maatskappye se bankrekeninge te sluit ook een van die redes hoekom sy kliënt die huurkoopooreenkoms wil beëindig.

EDC voer ook aan dat Oakbay, die maatskappy wat die Guptas gebruik het om die vliegtuig te huurkoop, van sy bates ontslae geraak het wat ʼn direkte verbreking van die huurkoopooreenkoms is.

“Elke dag wat die Guptas die vliegtuig onregmatig gebruik, is dit ʼn risiko,” het Cockerell gesê. Hy het gesê ondanks die waardevermindering is daar ook die risiko dat die vliegtuig beskadig kan word of vir onwettige aktiwiteite gebruik kan word.

Volgens Cockerell is EDC ook bekommerd dat die batebeslagleggingseenheid op die vliegtuig beslag kan lê.

Die saak duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

humor ·

Die strop trek al nouer. Oral waar die Guptas beweeg is daar n stinkende vrot eier.

Lientjie ·

En daar is niks erger as ‘n vrot eier nie, die ruik trek orals saam met jou!

Justice ·

Beslis gaan die batebeslagleggings eenheid in die vliegtuig belangstel – veral in die plus R125 miljoen kontant deposito wat verlede jaar met die aankoop daarvan deur die Gupta broers betaal is.

Alida ·

Wie was die vlienier wat hulle uitgevlieg het. Guptas het hom seker miljoene aangebied en toe hulle land waar hulle wou wees van hom ontslae geraak. Niemand sal ooit weet nie tensy hulle die Guptas gevang kry wat baie onwaarskynlik is. Hulle tjom Gigaba het seker gesorg vir paspoorte en in Indie gaan hulle nie gekry word nie. Die miljoene se gesigte is mos almal bedek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.