Hof hoor bewaarder is ‘30 keer met mes gesteek’

[WAARSKUWING] Van die inligting in hierdie berig is grafies en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

hof-hamer

Argieffoto

Die verhoor van drie mans wat aangekla word van die brutale moord op ʼn tronkbewaarder wat met klippe doodgeslaan is terwyl hy van diens af was, is Vrydag in die hooggeregshof in Port Elizabeth voortgesit.

Jean-Claude Uithaler (23), Khawulelani Gqunta (22) en Sinethemba Mfihlo (22) word aangekla van die moord op Quinton Williams. Williams is in Junie 2014 vermoor toe hy in die vroeë oggendure in Booysens Park huis toe gestap het.

Die staat beweer Uithaler, Gqunta en Mfihlo het Williams oorval met die doel om hom te beroof en hom toe vermoor voordat hulle geld en ʼn paar tekkies by hom geroof het.

Dr. Greg Ochabski, ʼn forensiese patoloog, het Vrydag in die hof getuig hoe erg Williams se beserings was. Ochabski het gesê Williams het veelvuldige beserings opgedoen, maar is dood weens kopbeserings. ʼn Nadoodse ondersoek het getoon dat hy talle frakture aan sy skedel gehad het.

Ochabski het gesê dié frakture is veroorsaak weens swaar houe oor die kop, “die hardste houe teen die kop wat mens jou kan indink”. Die staat voer aan Williams is met klippe en bakstene aangerand. Williams is ook 30 keer met ʼn mes gesteek en het steekwonde aan onder meer sy longe en niere opgedoen.

Die patoloog het verder getuig dat daar gepoog is om Williams te kastreer en dat hy erge kneusplekke en snywonde aan sy gesig gehad het.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

BM ·

Dit is eintlik ondenkbaar dat gewone mense, sagte mense, vroue en kinders in ‘n gemeenskap kan woon waar sulke boosheid bestaan. Hoe kry ‘n mens ooit so ‘n samelewing weer heel?

Michael ·

En die ergste van alles is hierdie drie skurke kan op 8 Mei stem.

Sarel ·

Dit is ons SA waar voor jare geveg is en mense wat dit sien kom en probeer teenstaan het vervloek en verguis is .n Misdaad ,dwelm vriendelike en ongedisiplineerde samelewing . Nou het ons dit maar kla steeds. Wat wil ons dan nou eintlik he? Die Max du Perez, Helen Susman’s en die sulkes moet mos nou na vorekom en juigend die nuwe orde regverdig. Ons kon mos nooit gedink het dit sou anders verloop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.