Hof hoor dringend oor R699-skema

Argieffoto

Argieffoto Foto: gumtree.co.za

Die Oos-Kaapse hooggeregshof sal hierdie week ʼn dringende aansoek aanhoor rakende die R699-motorverkoopskema, het die Business Times Sondag berig.

Die verhoor is vir Dinsdag geskeduleer en dit laat die moontlikheid ontstaan vir ʼn klasaksie teen banke wat die skema ondersteun het sedert dit in 2008 bekend gestel is deur Andre Venter, die hoof uitvoerende beampte van die Satinsky Group.

ʼn Groep van 550 verbruikers, onder leiding van Duncan Heuer, ʼn prokureur van Pieterse Cary Finlaison in Port Elizabeth, sal die hof versoek om kontrakte tussen die banke en die motorkopers ongeldig te verklaar.

Die respondente in die saak is aangedui as die Satinsky Group, Standard Bank, Absa, en Nedbank se voertuigfinansieringskorporasie. FirstRand se Wesbank word ook genoem, maar dit is moontlik dat Wesbank slegs as ooggetuie sal optree, aangesien die bank in 2011 enige deelname aan die skema van die hand gewys het.

“Ons weet nie presies wat die verhouding was tussen die banke en Satinsky nie,” het Heuer gesê.

Ongeveer 17 000 mense word deur die skema geraak wat maandelikse paaiemente tot so min as R699 verminder het indien die motoriste ʼn minimum afstand afgelê het met die advertensies oor die skema op die motor geplak. Die skema het vroeër vandeesmaand in duie gestort en die banke eis nou volle terugbetalings. Meeste van die motorkopers kan nie dié paaiemente bekostig nie.

Heuer het aan die koerant gesê hy is van mening die R699-skema kan met ʼn Ponzi-model vergelyk word.

Venter het intussen nog ʼn maatskappy gestig wat ongewone motorfinansieringstrukture aanbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Canned Phantom ·

Dis waar wat die ou mense gesê het, “As dit te goed is om waar te wees, dan is dit.” Ek het self die R699 foefie oorweeg totdat ek op Hellopeter gesien het hoe hulle die mense beduiwel. Dankie tog ek het besin. Die rede hoekom al die Ponzi skemas werk is omdat mense van nature geldgierig is. Sodra die dollar tekens voor die oë verskyn verdwyn gesonde verstand.

Belinda ·

Jip ek was ook amper daar Canned………………..en het toe anders besluit maar ja so gaan dit in die lewe en die groot baas het beslis die pap geskep toe dit pap gereen het…………………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.