Hof hoor genadedood-prof ‘het dit al meer as een keer gedoen’

Sean Davison. Foto: Facebook via DignitySA.

Die Kaapstadse landdroshof het Woensdag gehoor nuwe inligting het aan die lig gekom wat daarop dui dat prof. Sean Davison glo al soortgelyke “moorde” gepleeg het as die moord waarop hy tans tereg staan.

Maroela Media het vroeër berig Davison (57) is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die genadedood van sy vriend dr. Anrich Burger in November 2013.

Davison, stigter van Dignity SA, ʼn organisasie wat hom beywer vir die verandering van wetgewing om verstandelik bekwame volwassenes die opsie van ʼn “waardige dood” te gee sou hulle dit so verkies, is Woensdag op borgtog van R20 000 vrygelaat.

Davison is in 2010 in Nieu-Seeland in hegtenis geneem nadat hy sy ma, wat terminaal siek was met kanker, ook gehelp het om haar lewe te beëindig. Hy was vir vyf maande onder huisarres in Nieu-Seeland, en het in Mei 2012 na Suid-Afrika teruggekeer.

Davison, ʼn pa van drie, het Woensdag in die hof gesê as hy nie op borgtog vrygelaat word nie, sal sy reputasie as akademikus erg in gedrang geplaas word.

Volgens hom is hy die broodwinner in die huis aangesien sy vrou omsien na hul kinders en as hy in die tronk moes beland, vrees hy dat hulle finansieel nie die mas sal kan opkom nie. Hy het verder onderneem om nie met die ondersoek in te meng nie en het ook aangedui dat hy van plan is om onskuldig te pleit.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het in ʼn verklaring gesê dit het onder die polisie se aandag gekom dat Davison glo van plan was om Suid-Afrika gedurende September te verlaat.

Die NVG het verder gesê nuwe inligting het ook aan die lig gekom dat Davison glo op meer as een geleentheid ander “moorde” op ʼn soortgelyke wyse gepleeg het.

Davison se borgtogvoorwaardes sluit in dat hy weekliks by die Pinelands-polisiestasie moet aanmeld, dat hy sy paspoort en reisdokumente moet inhandig en nie die Wes-Kaap mag verlaat nie.

Die saak is tot 16 November uitgestel om die polisie tyd te gee om die items waarop daar beslag gelê is tydens die deursoeking van sy huis [Dinsdag] te ondersoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Marjorie ·

Net mense wat iemand gehad het wat aan kanker gely het sal verstaan hoekom die prof dit gedoen het..

Bobby ·

Ja Dankie. My ma van 75 het n mediese martel-dood gesterf. Die marteling wat sy moes beleef was ongenaakbaar, ongevoelig, en onredelik. Die mediese kaptaliste het lekker gebaat uit haar lydingstydperk. Genadedood sou vir haar n reuse verlossing wees. God is tog liefde, nie lyding nie???

Kat ·

Hoekom nie? Om verlos te wees van pyn en medikasie is ñ menslike reg. Ons is tog net marionette in die wêreld vir die groot koppe. Pomp ons vol besmette kos wat kanker veroorsaak .Pomp ons vol medikasie wat organe laat in gee. Meer medikasie. Die kringloop beweeg voort. Gee elke mens die reg om pyn vry en finansieel vry te wees . Dis nie selfmoord nie dis self verligting. Dis hartseer maar dis die lewe.

Elma ·

Ek stem saam. As mense weet hoe dit voel om by ‘n terminaal siek mens te wees en te sien hoe hulle ly, sal dit verstaan word hoekom genadedood gewettig moet word. DIT IS NIE MOORD NIE. Ek is al drie maal in my lewe deur daardie hel.

Elna ·

Ek stem heeltemaal saam met al hierdie bogenoemde kommentare. Ek sou ook op so manier verlig wil word van kanker pynne. Ek hoop dat die dokter skotvry sal kom van hierdie saak. In die staatshospitale maak hulle mense in elk geval dood net op n wreder manier.

Marietjie ·

Ek stem vir genade dood solank die pasient toestemming gee. Ek wil nie eendag m las vir iemand wees as ek terminaal siek is nie. Ek wil my eie toestemming gee.

E.K. die eerste ·

Sensasie berig. Dis reg as hy mense wil help. Die wat nou weer aangaan oor hoe hy inmeng met God se werk – moet asb nie vergeet dat hartoorplantings en ander oorplantings mense se lewens verleng – wat dan presies dieselfde is.

Els ·

Prof. Ek dink aan jou en bid v jou en jou gesin. Vir mense wat oordeel. Was jul al deur die pyne van kanker . Uitmergelend. Die siek persoon verloor alles. Verloor sy mens wees. Ek is vir genade dood solank dit deur n dr gedoen word of n span drs. … Die pasient se wens. Wie kan d 1e klip optel en gooi. Die mense wat nie deur so n terminale siekte is nie. PROF BAIE STERKTE. EK IS VIR GENADE DOOD SOLANK DIT GEDOEN WORD MET TOESTEMMING VAN D PASIENT OF VERSOEK. DAAR IS SO BAIE MENSE REGTE. MAAK HIERDIE OOKBEEN DAARVAN.

Bettie ·

As die gebruik van dagga gewettig kan word,kan genadedood ook gewettig word,minder mense word geraak deur genadedood,as wat daar geraak gaan word deur die gebruik van dagga.

HPV ·

Lewensreddende besluite ja maar genadedood nee. Sou dit gewettig word waar trek mens die streep. Eers by lyding en pyn, later omdat jy pyn gaan ondervind, nog later omdat jy oud is en moelik beweeg…. Nee die mens is nie te vertrou of werklik bevoeg om sulke besluite namens ander te neem nie. Sou iemand vra om te sterf laat hy of sy dit self doen soos baie mense dit in elk geval doen. As jy hulp benodig gaan beledig ‘n paar bendelede in ‘n “township”.

Bobby ·

Jou komentaar is sonder diepte en ligsinnig. Duidelik het jy nog nie n kankerdood bygestaan nie.

LB S ·

HPV, jy ruk nou die dinges uit die hoender. Natuurlik moet daar sekere voorwaardes wees waaronder dit toegelaat word.

Sonja ·

Ironies: Hy word aangekla vir genadedood maar aborsies is wettig!?

Griet ·

Mense word by die hope uitgewis op plase en in aftree oorde en in die veiligheid van hulle huise, maar daardie MOORDENAARS gaan ongestoord voort. Hierdie man het bloot daardie mense GEHELP om hulle hel van pyn te be-eindig. Hy het hulle nie met strykysters gebrand, of met messe gesteek of enige van die banale goed gedoen wat die moordenaars van die beskaafde populasie in Suid-Afrika deesdae gebruik om van die beskawing ontslae te raak nie. Waarom los hulle nie hierdie man uit en DOEN HULLE NIE NET HULLE WERK EN BEVEILIG SUID-AFRIKA VAN GEWELDSMISDADIGERS NIE ?!?!?!?!?! (20-80 beginsel)

Phillip ·

Von Nie Wereld nie mensdom is siek Die wereld het niks met dit te doen nie ons leef in die werld of op die wered die werled kan nie sondig nie mensdom ja

Phillip ·

dit is vir my so snaaks die rugby speeler word breindood verklaar maar die prof word vir moord aangeklae verstaan nie die 2 punte nie dan moet doe dr. ook aangeklae word vir moor want hoe bepaal jy hy is brein dood

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.