Hof hoor gou oor vrou se gru-moord

Johanna Maryna Venter en Abraham Thomas Fourie (Foto: Facebook)

Die man van Senekal in die Vrystaat wat teregstaan op die moord van sy lewensmaat, Johanna Maryna Venter, sal in Maart in die hooggeregshof in Bloemfontein verhoor word.

Abraham Thomas Fourie is in Junie verlede jaar in hegtenis geneem nadat die polisie op 13 Junie na ’n huis in Waterstraat, Senekal, ontbied is. Venter se verminkte liggaam is daar in ’n slaapkamer aangetref.

Maroela Media het vroeër berig Venter (48) is op haar rug op die bed met brandwonde aan haar gesig en twee wonde tussen haar oë aangetref. By nadere ondersoek is gevind dat Venter met warm water gebrand is. Haar neus was gebreek en daar was bloedvlekke teen die mure en op die vloer.

Fourie is later in hegtenis geneem in verband met die moord, nadat hy daaroor ondervra is.

Phaladi Shuping, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Fourie is vroeër borgtog geweier en is steeds in aanhouding.

Die verhoor begin op 8 Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre

Baie wreed om so dood te gaan, mag hy baie nuwe vriende in die tronk kry.

Kokerboom

Sjoe die karakter in hoed maak my bang!!

JM

Land van moord en doodslag!

Belinda

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg. Hoop hy word iemand se wyfie daar binne.

Swerwer

Genade………………daar is nie genoeg woorde om hierdie misdaad te beskryf nie