Hof hoor grafiese getuienis teen sportafrigter

hof-hamer

Argieffoto

Waarskuwing: Die berig bevat grafiese besonderhede wat sensitiewe lesers kan ontstel.

Die Palm Ridge-hooggeregshof in Johannesburg het Donderdag grafiese getuienis gehoor van twee seuns wat ʼn voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys’ High School van seksuele aanranding beskuldig.

Collan Rex (22) staan tereg op ʼn reeks aanklagte wat verband hou met die beweerde seksuele aanranding van leerders van dié skool toe hy nog ʼn afrigter by die skool was. Rex het reeds skuld beken op 144 seksuele aanklagte waarby 12 leerders betrokke was.

ʼn 17-jarige seun, wat destyds in graad 9 by die skool was, het aan die hof gesê Rex het verskeie kere probeer om sy vinger in die seun se anus te druk en het dit een dag uiteindelik regtig gedoen. Die seun het aan die hof gesê ʼn klomp leerders was saam met Rex per bus op pad na die skool terug van Pretoria af.

“Daar was omtrent 30 mense in die bus,” het die seun getuig. Hy het gesê Rex het met die ander seuns gestoei en hom toe platgedruk en sy vinger ingedruk. “Hy het ʼn paar keer probeer om sy vingers tussen my boude te druk. Daar was een keer toe hy dit ingedruk het en dit was seer, maar ek was tussen twee sitplekke en kon nie beweeg nie,” het die seun aan die hof gesê.

“Dit was pynlik.” Die seun het gesê hy skat Rex het omtrent agt keer in 2016 probeer om dit te doen.

“Ek het ook gesien hoe hy seks simuleer met ʼn ander leerder in die bus by dieselfde geleentheid. Hy het my ook gedurende waterpolo-oefening aan my testikels gegryp asof hy probeer het om my baaikostuum af te trek,” het hy gesê. Volgens die seun het dit verskeie kere gebeur.

Staatsaanklaer Arveena Persad het vroeër nog ʼn 17-jarige seun geroep wat tans in graad 11 in Parktown Boys’ is.

Dié seun het getuig Rex het hom gewurg toe hy twee jaar gelede in graad 9 was en sy geslagsdele gegryp. “Hy sou met my stoei en ek moes probeer om hom van my af te kry. Ek wou dit nie doen nie, maar ek is gedwing,” het die seun gesê.

Die seun het gesê ʼn vriend het hom gehelp om Rex van hom af te kry.

Hy het ook aan die hof vertel van nog ʼn voorval waar Rex probeer het om sy vinger in sy anus te druk. “Hy het in 2016 probeer om sy vinger tussen my boude te sit. Hy het probeer om dit deur my broek te doen.”

Die seun het aan die verdediging se prokureur, William Robbertse, gesê Rex kon dit nie regkry om hom deur sy broek met sy vingers te penetreer nie.

Robbertse het aan die seun gesê Rex het nie bedoel om hom dood te maak deur met hom te stoei nie en dat die stoeiery ʼn algemene praktyk by die skool was. Die tiener het hierop gereageer: “Hy het my gewurg tot ek amper ‘uitgepass’ het.”

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet Pompies ·

Kry die man op ‘n lys van seksoortreders sodat hy nie in sy lewe weer met kinders kan werk. Dit is so jammer dat seksoortreders beroepe kies waar hulle vrylik toegang het tot geleenthede om hulle sieklike seks gewoontes uit te leef tot nadeel van die kinders. Toe ons in die Landbouskool was, st 6 daardie tyd, was daar ‘n matriek leerling wat die jong seuns altyd tussen hulle bene gegryp het. Dit was nie vir my daardie tyd vreemd totdat ek my oudste broer daarvan vertel het, hy het die leerling ‘n pak slae gegee en hy het nooit weer aan een van ons geraak.

Elize C ·

Leon, vat jy die presiese woorde so uit my mond. Ek sou dit dalk net nie so taktvol soos jy gestel het nie……

Asmain ·

Ek wonder of slaap so n prokureur snags…hoe verteenwoordig jy so n sorry excuse for a human being….of is dit n geval van money makes the world go around?

Liz ·

Het ek ook gewonder. Sal ‘n ander deuntjie sing as dit met hom of sy kind gebeur ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.