Hof hoor gru stories van kinderporno-verslaafde

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

WAARSKUWING: Die inligting in hierdie berig kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Selferkende verslaafde aan kinderpornografie het aan die landdroshof in Port Elizabeth vertel hoe hy dit geniet het om te sien hoe kinders seksueel mishandel word, maar hou vol dat hy nooit onbehoorlik aan ʼn kind geraak het nie.

Jayde Sheldon Bailey (33) het Vrydag vir die eerste keer in die getuiebank sy “siekte” verduidelik. Hy het verduidelik hy het laataand op die internet ʼn program oopgemaak waar kinderpornografie van een gebruiker na ʼn ander gestuur word.

“Ek het na al hoe jonger webwerwe geskuif. Ek het geweet dit was verkeerd en dat ek hulp nodig het. Ek het dit in die begin verafsku, maar ek het daarna al hoe meer aangetrokke gevoel daartoe en later verslaaf geraak daaraan,” het Bailey aan die hof gesê.

Die pa van 15 maande oue tweelingdogtertjies en sy vrou was glo deel van ʼn internasionale kinderpornografienetwerk wat beeldmateriaal van die verkragting, mishandeling en moord van babas, insluitend pasgeborenes, versprei het.

Aanklagte teen die egpaar hou verband met die invoer, besit en verspreiding van films of publikasies wat kinderpornografie of die seksuele uitbuiting van kinders bevorder of aanmoedig.

ʼn Span in Johannesburg werk saam met die Amerikaanse FBI en die Belgiese polisie om die sensitiewe saak te ondersoek.

Bailey, wat skuld erken het op die aanklagte, het gesê hy het al in 2005 na pornografie begin kyk op die internet. “Ek het eers na bekendes gekyk en daarna modelle en toe al hoe jonger. Dit het net gebeur. Ek weet nie hoe dit gebeur het nie,” het hy gesê.

Jason Thysse, staatsadvokaat, het dit aan Bailey gestel dat hy geen berou toon nie en eintlik net jammer voel vir homself nadat hy verlede jaar in hegtenis geneem is.

Die saak is tot 9 Maart uitgestel vir vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Boeremeisie ·

Hy is nie siek nie hy is evil. Asb bring die doodstraf in vir hierdie gemors

B ·

Ek weet nie wat de hell gan in sulke siek mense se koppe an nie. Hoop hy vrot in die tronk!!!!!!!

Maryna de Klerk ·

Hoekom noem julle die webwerf waar die man die kinderpornografie gekry het? Al is daar net een persoon wat daar gaan rondloer en uiteindelik verslaaf raak daaraan, is dit een te veel.

Sune van Heerden ·

Dagsê Maryna

Ons het die verwysing na die webwerf verwyder.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

MissDemeanor ·

Dankie tog vir jou komentaar Maryna. Dit was stompsinnig van MaroelaMedia om die websitte te plaas.

Sune van Heerden ·

Dagsê Maryna en MissDemeanor

Ons kan intussen bevestig dat dit definitief nie ‘n webwerfadres was nie, slegs ‘n program waarmee lêers gedeel kan word tussen gebruikers (‘n sogenaamde “file sharing program”).

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Simon ·

Ek het plan om miskien na VSA te verhuis van wee misdaadsituasie in RSA.
Dit val my op dat op die oog af daar baie seksmisdadigers daar is.
Maar die mensdom oor die hele wereld is eintlik maar ewe boos. Die afleiding is dat dit in RSA nie juis anders is nie. Die verskil is dat in RSA hulle net nog nie almal uitgeruik is nie.
Dit sien ons die afgelope tyd aan die toename van opsporings en vervolgings op hierdie vlak.

Jana ·

Simon ja men’s wil Gaan waar daar nie baie miscast is nie… Maar waar is dit… Sleg is ooral NES die duiwel…. Maar God is ook by ons maak HOM jou mikpint en jy sal Verde kry waar jy ookal is….

AL ·

Die VSA het ook maar weirdo’s daar. Ek wonder of hul die hoogste getal reeksmoordenaars het ter wereld.

snoefie ·

wie het porn gewettig?….” beeldmateriaal van van die verkragting, mishandling en moord van babas, insluitend pasgeborenes…..” en geen haan het daarna gekraai nie? waar gebeur sulke goed? die ma is ook n kinder/baba porn dissipel. wat gaan word van die vyftien maande our tweeling dogtertjies?

Jana ·

Hy is nie siekte nie hy is ‘n swakening en evil!!!!! Die ma is nog erger!!!!! Waar kry die mense kinder wat so klein is sonder toesig…. Kyk mense nie meer na hul kindres nie…..

Neels ·

‘n Kind is ‘n kosbare geskenk van God en wat vir my hartseer is, is dat dít ‘n voorreg is om kinders te kan hê. Daar is hoeveel ouers wat smag na ‘n kindjie en geen kinders kan hê. Dan sien ‘n mens hierdie dinge raak van ouers en ek is eerlik. Ek het geen respek vir hierdie man en vrou nie en dit is flou verskonings. Net ‘n stelling. Daar moet iewers ‘n manier gevind word dat hierdie tipe materiaal rakende kinders heeltemal van die Web kan verdwyn.

PJ ·

Is so Neels..ons is so egpaar…gee daai dogtertjies vir ons asb..sal hulle enige dag aanneem en versorg…

Lorette ·

Neels, jy is so reg! My dogter en haar man smag na kinders, maar na meer as 10 jr is daar nog geen vervulling van hul drome nie.

Johann ·

Wat ‘n ou saai sal jy maai, net een ding, die poel van vuur wag vir die mense

Estie ·

Hoekom vat dit so lank om hierdie siek mense tronk toe te stuur dieselfde met poppie van der merwe hulle is skuldig maar die sake word die heeltyd uitgestel ….vonnis hulle en kry klaar..
.

Manie ·

Hierdie mense het nie op die toneel verskyn omdat daar internet beskikbaar is. Ek weet van n paar gevalle nog lank voor internet en pornografie beskikbaar is. Die punt is mense moet bewus wees hierdie sê maar mense is in die samelewing en gewoonlik baie naby aan die slagoffers. Pa’s, broers, Neefs en goeie vriende kan profiele wees. Ek dink leer jou kinders as hulle iets ongewoons ervaar met iemand moet hulle jou kan vertrou en jou vertel sodat jy as volwasse die nodige stappe kan neem

AL ·

Ek hoop daardie 15 maande oue tweeling van hom en sy vrou sien hul ouers nooit weer nie. Ek sidder as ek dink wat hul lot sou wees!

Burger ·

Wat gebeur het is baie erg . Die gedagte wat by my opkom is hoeveel ander is daar . Wat het gebeur toe pornagrafie letterlik in jou hand gestop met die koms van internet. Jou kind het toegang tot die ergste van erg deur sy selfoon. Ons wil die een wat uitgevang is doodmaak . Wat van die eienaars van Google …

Christa ·

Dit gebeur as jy die Duiwel by die voordeur innooi!! Hierdie regering en ander lande waar pornografie gewettig is moes besef dat sulke seks-siek mense na ‘n tydperk nie meer bevredig sal wees met “volwasse” pornografie nie. Nou soek hulle bevrediging in kinderpornografie!!! Dis om van te KOTS!!!!

Oni ·

Vat die kinders eenvoudig net weg. Geen gesloer moet daar wees nie. Gee die kinders uit vir aanneming, nie pleegsorg nie. Die staat moet sulke ouers, steriliseer om nooit weer n kind te kan verwek nie.

Bernardine ·

Hulle moet asb die Tweeling nie by Familie plaas nie want as hulle uitkom het hulle nog toegaan na die kinders.Hierdie vuilgoed het dit onder hulle familie se neuse gedoen en in hulle huis waar die babas nou woon.Sit hulle eerder in Pleeg sorg groot asseblief

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.