Hof hoor Hlaudi het nie SAUK8 afgedank

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Die arbeidshof in Johannesburg het Woensdag gehoor Jimmy Matthews, voormalige waarnemende hoof van die SAUK, was verantwoordelik vir die afdanking van agt joernaliste by die uitsaaier in Julie 2016.

Thabani Masuku, voormalige SAUK-bedrysfhoof Hlaudi Motsoeneng se regsverteenwoordiger, het aangevoer sy kliënt moet nie persoonlik aanspreeklik gehou word vir die onregmatige afdanking van die joernaliste in die sogenaamde SAUK8-saga nie.

Die arbeidshof het op 11 Mei ʼn aansoek van die vakbond Solidariteit toegestaan om Motsoeneng saam met Simon Tebele, die waarnemende hoof van nuus by die SAUK, as respondente by hul kostebevel teen die SAUK te voeg.

Masuku het verwys na Tebele se verklaring dat die joernaliste afgedank is in opdrag van Matthews. Hy het ook aan die hof gesê daar is nog ʼn bestaande verklaring deur voormalige waarnemende uitvoerende hoof James Aguma wat aandui dat Motsoeneng nie iets verkeerd gedoen het nie.

Solidariteit en die Broadcasting, Electronic, Media & Allied Workers Union (Bemawu) versoek die hof dat die drie voormalige SAUK-hoës aanspreeklik gehou word vir die SAUK8 se regskostes teen die SAUK.

Die kostebevel-aansoek het gekom nadat die SAUK8 suksesvol was in hul hofaansoek om hul afdanking deur die openbare uitsaaier teen te staan. Hulle is afgedank nadat hulle Motsoeneng se opdrag teëgegaan het dat geen gewelddadige betogings op die uitsaaier se platforms uitgesaai mag word nie.

Die SAUK se regsverteenwoordiger, Phillip Mokoena, het aangevoer dat die SAUK net vir 10% van die kostes aanspreeklik gehou moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

humor ·

Dit wil voorkom op die ouend sit z agter die gebeure. Sal nie verbaas wees nie.

Presies ·

Presies net soos jy daar sê, net hier en daar is daar ‘n arrogante ANC wat verantwoordelikheid vat oftewel roekeloos sê hy of sy is skuldig of oorsaak, maar niks gaan verander nie. Nee wat maklik om nou om te sit as jy sien jy het nie meer daai groot mag nie.

humor ·

Ja ook gewonder of dit nie n wese uit n ander sonnestelsel is nie. Kan hy dan aan enige iets onskuldig wees.

Nico ·

Dit is seker ook iemand anders se skuld oor die sauk se gemors nooit ekke nie

Ja hoor ·

Vreemd hy het heeltyd ge’brag’ dat hy dit gedoen het .. en nogals motivering verskaf hoekom hy dit gedoen het en nou is dit skielik nie hy nie. Ek het nog nooit in my lewe mense gesien wat so vinnig back track en lieg as hulle in die howe vasgevra word nie. Veral as daar geld betrokke is, hulle wil nie betaal nie, hulle hou net van ontvang. Motsoeneng gaan hier ‘n vry man uitstap en die arme joernaliste waarvan een al oorlede is gaan maar weer aan die kortste ent trek. Die SAUK is seker ook nie in finansiele moeilikheid nie, dit is alles wel, gaan goed daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.