Solidariteit en die regering gaan mekaar op 20 April in die hof aanvat oor die opheffing van die ramptoestand. Die hooggeregshof het die datum aan Solidariteit bekend gemaak.
Volgens Solidariteit is daar geen rede dat die ramptoestand steeds van krag moet wees nie. “Die voorwaardes vir die ramptoestand het verval en daarom moet die ramptoestand ook beëindig word. Die hofdatum bied aan Suid-Afrikaners werklik hoop dat die einde van die ramptoestand in sig is,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.
“Die ramptoestand verleen abnormale magte vir abnormale omstandighede aan die regering. ʼn Regering mag nie vir ʼn dag langer as wat nodig is dié magte hê nie. Ons moet onthou dat die magte wat die regering tans het dieselfde magte is waarvolgens besluit is watter skoene gedra mag word en beveel is dat warm kos nie verkoop mag word nie.”
Hermann wys daarop dat Suid-Afrika steeds ʼn bevelsraad het wat bevele kan uitreik. “Dit was tydens hierdie abnormale magstoestand waar miljarde rande aan Covid-19-hulpgeld geplunder is. Suid-Afrika moet onmiddellik na ʼn normale demokrasie terugkeer.”
Solidariteit en AfriForum het albei met verskillende hofaksies begin om die ramptoestand te beëindig.
“Solidariteit sou graag vroeër in die hof wou wees, maar ons is uitgelewer aan hofprosesse. Die ramptoestandwetgewing maak nie voorsiening dat ʼn ramp steeds geld omdat die regering nog moet bepaal of die gesondheidswetgewing voldoende is nie. Dit kan nog maande duur. Die regering weet al twee jaar lank die ramptoestand gaan die een of ander tyd opgehef word. Dit is onregmatig van die regering om die ramptoestand aan die gang te hou omdat sy huis nie in orde is nie. Die ramptoestand kan nie behoue bly omdat die regering ʼn ramp is nie,” het Hermann gesê.
Solidariteit het ʼn beroep op die regering gedoen om nie in Maart die ramptoestand te verleng nie. “Die regte stap vir die regering sal wees om die ramptoestand self op te hef en nie te wag vir ʼn hof om hom te verplig nie.”
Dit kon al lankal op gehef gewees het. Nou moet daar met die hofsaak net gesorg word dat die lot nooit ooit weer sulke onbeperkte magte kry nie.
Sal nie gou gebeur nie. Die ANC maak daagliks miljoene uit toetse, maskers, skoolbespuitings. Hierdie geldkoei gaan nog lank gemelk word.
Die ANC regime hou ons gyselaar!!!
Daar is egter baie gewillige gyselaars wat die tuisbly en skade aan ekonomie baie geniet en aanhits. Selfde geld vir die nuttelose zap brigade.
Weet jy ne. Ek geniet om van die huis af te werk, maar ek verwag nie my buurman moet tuis bly en bankrot gaan nie.
Ek stem, want nou is hulle ‘n diktatorskap en nie ‘n demokrasie nie.
Ek dink nie dit sal opgehef word nie, want teen April begin die winter en almal kry “Griep” of “verkoue” en word positief getoets.
Het self die sniffles… gaan vir seker nie my tyd mors op ‘n toets nie.
Moet net nie gaan toets nie!!
En dan moet hulle nog met die howe ook deel. Ramapoza moet tog nou al teen die tyd besef dat die ramptoestand die land se mense net verder vernietig. Verstaan nie hoe die regering dit vir ewig wil laat voortgaan nie. Wat is die doel van ‘n president as hy nie ‘n sê het in belangrike sake nie…..want hy het nie. Daar word vir hom besluit. Dis tyd dat ht sy plig teenor SA doen.
Magsbehepte spul gekke en hul meesters wat hulle geld voer soos skoot hondjies . Dis die waarheid .
Solidariteit en AfriForum het lanklaas iets reggekry in die hof.
Gaan lees gerus die laaste week of twee se nuus hier op MM en jy sal ingeligte kommentaar plaas in die toekoms.
Was jy in isolasie?
Jean het seker die masker oor die ogies gehad i.p.v. die neusie en die mondjie
Waarom kan die hooggeregshof nie ‘n vroeer datum vasgestel het vir so ‘n dringende saak nie? Dis hoog tyd vir ‘n drastiese hersiening van ons regstelsel!
Nou is die tyd om natuurlike immuniteit op te bou. Weg met die masker.
Dus. Ramptoestand tenminste nog to middel Mei….
Julle verstaan nie. Ons het nou net die resep, soortvan, van die mnra-entstof bekom. Wie gaan dit toets en gebruik as dit nie die nasie is nie?
Oe jitte ja ne. Hopelik is daar laborotorium net nog ‘n bankrot besigheid.
Teen wat? Selfs 3 entings maak geen verskil aan omikron nie. O ja, Pfizer het op 26 Januarie begin om ‘n entstof spesiaal vir omikron te ontwikkel. Dit sal seker volgende maand beskikbaar wees, getoets en al.