Hof hoor modelbaas ‘is nié pedofiel’

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

ʼn Maatskaplike werker het Dinsdag aan die Suid-Gautengse hooggeregshof gesê sy glo nie dat Dawie de Villiers, die hoof van ʼn modelagentskap in Kempton Park wat vroeër skuldig bevind is op aanklag van verkragting, ʼn pedofiel is nie.

Carina Wolmarans het gesê sy voel as De Villiers ʼn pedofiel was, sou daar meer aanklagte teen hom gewees het. Sy het wel toegegee dat dit ʼn rooi lig is dat hy skuldig bevind is op seksuele aanklagte.

“Die gevolgtrekking waartoe ʼn mens kom, is dat die beskuldigde ʼn probleem het daarmee om homself te beheer wanneer dit by jong meisies kom,” het Wolmarans gesê.

Wolmarans het gesê sy het onbeantwoorde vrae gehad ná sy regter Cassim Moosa se uitspraak gelees het.

“Sy [die verkragtingslagoffer] was getraumatiseerd [ná die voorval], asook getraumatiseerd terwyl sy getuig het.”

Wolmarans het gesê die feit dat die meisies emosioneel was terwyl hul getuig het, was normaal, aangesien dit wat hulle beleef het vir hulle vernederend was.

De Villiers, stigterslid van Modelling South Africa, is in Februarie verlede jaar skuldig bevind op aanklagte van verkragting, seksuele aanranding, bedrog, dat hy kinders aan pornografie blootgestel het en toegang gehad het tot kinderpornografie.

Wolmarans het ʼn aanvullende verslag saamgestel ná sy kontak gemaak het met die slagoffers. Sy het haar verslag aan die hof voorgehou en dit het aan die lig gekom dat die slagoffer, wat ten tyde van die voorval 15 jaar oud was, in haar slagofferimpakverslag gesê het sy het al haar vertroue in mans verloor en het swanger geword terwyl sy steeds op skool was.

Wolmarans het gesê sy kon nie die slagoffer of haar ouers bereik vir ʼn onderhoud nie en kon ook nie kontak maak met dié wat seksueel aangerand is deur De Villiers nie.

Een van die bedrogslagoffers het volgens Wolmarans gesê sy huwelik het misluk as gevolg van sy betrokkenheid by De Villiers en het ook gesê De Villiers het sy lewe en dié van jong modelle verwoes.

ʼn Ander slagoffer het gesê sy is gewalg deur De Villiers se dade en dat sy as gevolg van hom en die feit dat hy geen berou getoon het nie alle belangstelling in modelwerk verloor het.

Wolmarans het gesê die meeste van die slagoffers kon nie by hul kontakbesonderhede bereik word nie, maar dat sy nie verbaas is daaroor ná hul getuienis nie.

“Die beskuldigde het jong skoliere geteiken omdat hulle almal dieselfde ouderdom was. Hulle was jong meisies.”

Sy het gesê sy is nie ʼn in posisie om kommentaar te lewer oor ʼn vonnis nie. “Ek is baie deurmekaar, maar in die laaste twee weke het ek onaangename reaksies gekry en is voorgesê om die ‘wetenskap van vonnisoplegging’ alleen te laat.”

Wolmarans het aangedui dat sy ʼn probleem het met die feit dat daar so baie slagoffers was, maar dat sy onduidelikheid het oor of De Villiers weer sou oortree of nie. Volgens haar is geen nuwe sake sedert 2012 aanhangig gemaak nie en dit dui volgens haar aan dat hy gerehabiliteer kan word.

Regter Moosa het gesê dat daar twee tipes misdadigers is, dié wat uit die samelewing verwyder moet word en dié wat steeds in die samelewing kan bly. Hy het vir Wolmarans gevra of De Villiers uit die samelewing verwyder moet word of nie.

Sy het gesê sy glo hy kan vir ʼn kort ruk uit die samelewing verwyder word, byvoorbeeld vyf jaar met sommige jare opgeskort – vir die doel om hom te rehabiliteer, nie te straf nie. Sy het ook bygevoeg dat korrektiewe toesig gepas sou wees.

Die saak duur Woensdag voort.

Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaco Gatvol ·

Sjoe. Hierdie sielkundige het seker ni dogters ni. Sluit toe en gooi sletel weg. Moes al lankal gebeur het. Is al meer as n jaar terug skuldig bevind.

Valerie ·

Ek moet saamstem. Die sielkundige tas in die donker rond; clueless.

Lientjie ·

Die berig begin met ‘n Maatskaplike werker en nie ‘n sielkundige nie, so dit was ‘n Maatskaplike werker en nie ‘n sielkundige nie. Grrot verskil.

Boeremuis ·

Hoekom klinkndit asof die maatskaplike werker heeltemal confused is oor dit wat sy nou eintlik wil sê. Dis mense soos die wat toelaat dat molesteerders en verkragters weer vry loop. Pleks van logies dink werk hulle op ag siestog vir die krimineel. Ag nee wat die mense is ‘n klug!

Jennifer ·

Daar is nie so iets soos “rehabiliteerbaar” vir die tipe oortreerders nie.

Ek wil oorkook ·

Geagte maatskaplike werker ek wil oorkook en vir jou skree, jy is onbevoeg. Hoe durf jy opkom vir ‘n verkragter van jong meisies en dink hy is nie ‘n pedofiel nie. Gaan praat eers regtig met ‘n slagoffer dan praat jy weer. Hoe kan geld vir jou so belangrik raak dat jy nie omgee oor die morele lewe van meisies nie. Wie sê daar is nie nuwe oortredings nie, hierdie seksdade is sooo erg vir die slagoffers, buiten die fisiese verkragting/ dade aan hul, moet hul vir 100de oortuig dat dit met hulg ebeur het, dit is hoekom daar nie nuwe goed is nie. Ek kan regtig nie verstaan hoe hierdie man solank wegkom met sulke dinge en nie in ‘n tronk is, al is hy skuldig bevind. Jy moet meer as skuldig wees om skuldig bevind te word, siende dat hy prokureurs en regskoste kon dra.

regtig! ·

regtig ek moes 2 x lees “maatskaplike werker” vrou waar in die wereld is jy. Kyk om jou die skade en natuurlik wil die meisies nie weer ondervra word en veral nie vir ‘n maatskaplike werker wat vir ‘n pedofiel opkom nie.

Wonder maar ·

Die Saak vat baie lank die sou die vonnis opleging nie al einde Feb afgehandel wees nie
Ek sit met bewyse dat hy steeds met probeer om modelle te werf.

Model ·

Ek het my verbaas oor die tipe suggestiewe, uitlokkende en sexy foto’s waarvoor hierdie jong meisies geposeer het. Geen vrou vra om verkrag te word nie. As my dogter modelwerk gedoen het sou ek waaragtig rooi ligte sien flikker het met sulke tipe foto’s!!!!! Waar was die ouers dan??

Kobus ·

Hy het as volwassene op beïnvloedbare jong meisies met drome, toegelaan en hul onskuld en onervarenheid uitgebuit. Of dit ń kinders of weerlose jong meisies was, hy behoort in die tronk, pedofiel of de nie. Die deskundige se oplinies kom geforseer voor. Die skade aan die kinders is blywend.

teslim ·

hoekom n keuse reg of verkeers reg of weg….nee did oor ons mos menslik moet optree…nee jag hom in grot maak toe en vergeet…suster jou sou ander deuntjie geblaas het as dit jou dogters was….pedofiel is een en kan nie gereabilitter word nie…kla..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.