Hof hoor oor geheime stemme tydens mosie van wantroue

Pres. Jacob Zuma tydens die Vryheidsdagvieringe op 27 April 2017 in KwaZulu-Natal (Foto: GCIS)

ʼn Aansoek van die United Democratic Movement (UDM) om te bepaal of ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma met ʼn geheime stemming beslis sal word of nie, is Maandag in die konstitusionele hof aangehoor.

Dali Mpofu, vir die UDM, het Maandag tydens die verrigtinge aangevoer die hofaansoek het niks te doen met die skeiding van magte nie. “In teenstelling met die uitsprake van sommige mense daar buite oor waaroor hierdie saak gaan, gaan dit nie oor die skeiding van magte, indringing deur die hof of om iets nuuts in te stel nie,” het hy gesê.

“Ons sal bewys ʼn geheime stemming kan nie net heeltemal verbied word nie. Ons sal bewys dit is buite die kwessie.”

Mpofu se stelling volg nadat die ANC gekla het oor die reikwydte van die gereg na aanleiding van ʼn onlangse uitspraak deur die hooggeregshof dat Zuma alle dokumente waarop hy sy besluit om Pravin Gordhan en Mcebisi Jonas af te dank gegrond het, moet indien.

Mpofu het verder aangevoer Baleka Mbete, die speaker van die Nasionale Vergadering, is verplig om ʼn geheime stemming te skeduleer vir die mosie van wantroue wat deur die opposisie ingestel is. Hy het gesê dit wil voorkom asof Zuma die enigste persoon is wat die geheime stemming teenstaan, aangesien Mbete klaar in haar verklaring gesê het sy is oop vir oorreding deur die opposisiepartye.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het hom gevra om “Mbete se verpligting” rakende die mosie te stipuleer. “Sê jy dat sy verplig is om ʼn geheime stemming te skeduleer en as sy dit nie doen nie, sou sy in haar verpligtinge as speaker gefaal het?” het Mogoeng gevra.

Mpofu het gesê niks keer Mbete om die mosie, die debat daaroor en die stemproses deur middel van geheime stemme te doen nie. “Ons voer aan die speaker het ʼn verpligting om dit te doen, en sy het versuim om daardie verpligting na te kom.”

Die UDM wil ook hê Zuma moet vir die regskoste van die saak aanspreeklik gehou word, aangesien hy “belastingbetalers se geld gebruik en oënskynlik sy voorleggings namens sy party, die ANC, wil maak”.

Mpofu het gesê ʼn geheime stemproses is veronderstel om die stemmer teen enige intimidasie en ander potensiële risiko’s te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

STEM ·

Hoekom mag hulle nie geheime stemme doen nie?? Hoekom is dit buite die kwessie?? TWAK MAN!
ANC bang is vir waarheid en die uitkoms van die stemme!
Zuma en onderdane “rule” die wat nie wil instem.
HOF MOET geheime stemme goedkeur, dan dans die poppe!
Hoekom kan hulle nie vir Zuma uit die kussings lig, soos hulle destyds vir Mbeki onnodig uitgeskop het????

Michael ·

My opinie is los Zuma dat hy die mense so kwaad maak dat hulle vir ander partye stem en sodoende die anc se mag breek sodat ‘n koalisie regering sa vorentoe sal vat..

Gert ·

Die eerste persoon wat die groot prentjie raak sien. Wel gedaan en mag jou boodskap die kolle voor ons oë weg neem. hy is die ander partye se grootste bate. My grootste bekommernis is as hy geslaag het om die ander partye te help wen deur sy briljante leierskap wie neem dan oor? Die da? dan maak ons vir wolf skaap wagter…Gaan hulle ons belange op die hart dra? Die Ingelse stel dit so mooi…” Wishful thinking “

Genieve ·

Zuma het mag wat niemand het nie maar eendag sal hy vir alles wat gedoen het moet rekenskap gee.Hy het al groot skade aan ons land gebring.So kry hy alles reg.

Gideon Roos ·

Ek verstaan nie hoekom ‘n mosie van wantroue nie by verstek per geheime stem gedoen word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.