Hof hoor oor Henri se ‘kalm noodoproep’

Henri van Breda. Foto: ANA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Maandag gehoor Henri van Breda se kalm stemtoon toe hy die nooddienste gebel het die oggend nadat sy ouers en broer grusaam vermoor is, kan moontlik toegeskryf word aan ʼn veranderde toestand van bewussyn ná ʼn epileptiese aanval.

Dr. James Butler, ʼn neuroloog wat vir die verdediging getuig het, het aan die hof gesê die veranderde toestand van bewussyn kan gepaardgaan met simptome van disoriëntasie, verwarring en lomerigheid. Die epileptiese aanval kan ook moontlik die rede wees vir Van Breda se beweerde geheueverlies van twee uur en 40 minute ná sy gesin aangeval is.

Butler het gesê van Breda het ʼn “algemene vorm van epilepsie” en dat daar daarom geen waarskuwing sou wees dat hy die aand wat sy familie aangeval, is ʼn aanval sou hê nie. “Die skielikheid van die ontstaan van geheueverlies is baie belangrik. Die enigste skuldige wat bly staan is epilepsie,” het Butler gesê.

Die verhoor van die 23-jarige Van Breda moes twee weke gelede tydelik gestaak word nadat die hof gehoor het Van Breda het op 8 November ʼn epileptiese aanval gehad. Hy het ʼn naweek in ʼn hospitaal deurgebring waartydens ʼn reeks toetse op hom gedoen is en hy met jeug- miokloniese epilepsie gediagnoseer is.

Butler het vroeër Maandag aan die hof gesê gegewe die media-aandag wat die saak lok, het hy die moontlikheid oorweeg dat Van Breda net voorgee dat hy siek is vir eie gewin. Maar nadat Van Breda in die hospitaal opgeneem is, is daar volgens Butler geen twyfel oor sy diagnose nie: “Dit het aan die lig gekom dat hy eintlik drie groot aanvalle gehad het. Niks in hierdie lewe is seker nie, maar dit is hoogs waarskynlik dat hy jeug- miokloniese epilepsie het.”

Dr. James Butler in die hof. Foto: ANA

Butler het aan die hof verduidelik dat elektrodes wat breinaktiwiteit monitor asook ʼn hartmonitor 24 uur lank aan Van Breda gekoppel is. Die resultate was sterk aanduidend van epilepsie, het hy gesê. Butler glo Van Breda het al jare lank epilepsie.

Die reuseverhoor wat gevolg het nadat Van Breda van die moord op sy ouers en ouer broer en poging tot moord op sy suster aangekla is, is amper op ʼn einde. Die Van Breda-gesin is in Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-landgoed met ʼn byl aangeval.

Van Breda beweer ʼn inbreker met ʼn byl en ʼn mes het sy gesin aangeval voordat hy van die toneel gevlug het. Hy beweer hy [Van Breda] het kort ná die aanval by die trappe in die huis afgeval en daarna sy bewussyn verloor, maar hy kon nie ʼn rede gee hoekom dit gebeur het nie.

Van Breda voer aan dat hy nadat die aanvaller gevlug het sy vriendin probeer bel het sonder sukses. Hy het toe met die trappe opgeklim waar hy sy broer Rudi kon hoor. Op die middelste deel van die trap het hy vir Marli sien beweeg.

“Ek het toe my bewussyn verloor. Ek weet nie of dit was as gevolg van skok of as gevolg van die beserings wat ek opgedoen het toe ek by die trappe afgeval het nie – dalk was dit ʼn kombinasie van albei,” het van Breda gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cor ·

Om een of ander rede het die epilepsie nou eers ter sprake gekom nadat hy onder erge druk in die getuiebank was. Sekerlik moes dit al dan nie voorheen ook gebeur het, Volgens ek van epilepsie weet vra n nadere aanval nie of jy op jou bed sit, of in n voertuig of waar ook al jy is nie, as dit gebeur gebeur dit. Ek weet van iemand wat gebad het dit gekry het en verdrink het. Selfs agter n motor se stuur wiel het persone dit al gekry. Hier wil dit voorkom soos n selektiewe tipe epilepsie. Regeter Desai is darem nie n leek op sy gebied nie so reg en geregtigheid sal geskied.

Genieve ·

Dit sal darem n wonderwerk wees as Marli kan getuig want dus net sy wat hier die waarheid kan praat.As sy net uit haar bewussyn kan kom. Hier kom nou baie dinge navore so ons moet maar kyk wat die Regter gaan besluit.

Pocahontas ·

Klink vir my die arme seun was toe altyd onskuldig… En nou gaan die ware skuldige seker wegkom omdat al die polisiewerk op hom toegespits het…

Susan ·

Dit is nie vir my duidelik hoekom Marli nie wil getuig nie, indien dit nie Henri is wat die moorde gepleeg het nie. behoort sy mos te weet en dan kan hy vry gespreek word.

Sulet ·

Dis nie dat sy nie wil nie, sy kan niks van daardie aand onthou nie. Haar beserings was so ernstig dat daardie deel van haar geheue uitgewis is.

Justice ·

Kan `n persoon `n moord pleeg voordat hy of sy `n epileptiese aanval kry?

Mariaan ·

Ek hoop hulle kry ņ tweede opinie, dié is moeilik om te glo.
Henri kan alles met sy “geheueverlies” onthou en verduidelik, maar net nie nie die tyd nie. Nou het hy skielik epilepsie.

Pieter ·

En daargaan ons alweer, almal het hom reeds skudig bevind en veroordeel! Darem tipies van “ons mense” nê!

Lee ·

Hy lieg so vir die Hof. Desai is gelukkig nie dom nie. Sy sussie kan ook maar regtig getuig. Glo gladnie die storie dat sy kamstig nie kan onthou nie. Dalk moet haar kêrel ook onder kruisverhoor goed uitgevra word

Lee2 ·

Ja nee stem met jou saam…so moeg vir al die rykman kinders met hul “issues” wat probeer toegesmeer word met geld

Johann du Toit ·

Hierdie is ou nuus – gister (Maandag) se nuus. Wat het met vandag (Dinsdag)se nuus gebeur,

buks ·

Ek was so misly deur die media dat ek oortuig was dat hy die moorde gepeeg het.

B.S ·

Ja seker a.g.v skok ….omdat hulle nog gelewe het .. of hyt daar besef wat hy gedoen het.

Isabel ·

So agv epilepsie was sy noodoproep kalm. Hoe is dit dat hy steeds kalm is? 62dae in die hof, en mak soos ‘n lammetjie. As onskuldig, dan moet Marli mos vir hom opstaan.

Elizabeth ·

As die Sussie onder hipnose gaan, kan hulle uitvind wat regtig gebeur het – hoe moeilik is dit?

Elisabeth Kruger ·

Dit is darm vreemd dat jy in 3 jaar net 3 keer aanvalle gehad het, deur die hele verhoor het hy notas geneem, nie eers n aanval gekry toe die grusame fotos gewys is nie. Daar is niks soos n gewete wat hy saam sal moet leef nie. Ons ken die Gesin vir baie jare en weet waar was die probleem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.