Hof hoor oor Jayde se ‘moordenaar’

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het Dinsdag besonderhede gehoor oor die inhegtenisname van Jayde Panayiotou se vermeende moordenaar.

Adv. Terry Price, Christopher Panayiotou se regsverteenwoordiger, het sers. Thapelo Mabija kruisondervra. Mabija het Sizwezakhe Vumazonke, Jayde se beweerde moordenaar, in hegtenis geneem. Vumazonke is verlede maand in die St. Albans-gevangenis oorlede.

Mabija, ʼn lid van die polisie se opsporingspan in King Williams Town, het aan die hof gesê Vumazonke is op 3 Mei naby ʼn kroeg in Kwanobuhle in hegtenis geneem. Die polisie het ʼn paar dae vantevore probeer om hom in Kaapstad in hegtenis te neem, maar dit was onsuksesvol.

Hy het gesê die polisie het Vumazonke by die kroeg dopgehou, maar eers inbeweeg toe hy uitgekom en ʼn voertuig genader het. “Ons het onsself aan hom voorgestel. Hy het probeer weghardloop en ons het hom in hegtenis geneem.”

Volgens Mabija het Vumazonke tydens sy arrestasie sy kop teen ʼn voertuig se deur gestamp aangesien hy “hom verset het”. Vumazonke is hierna na die Kabega Park-polisiestasie geneem en aan die ondersoekspan oorhandig.

Price het Majiba gevra waarom die besonderhede nie in sy verklaring was nie. Price het gesê Majiba lieg en waarom word dit nie in sy verklaring genoem dat Majiba na twee polisiestasies geneem is nie.

“Miskien vertel jy nie die waarheid nie, aangesien Vumazonke na die Uitenhage-polisiestasie geneem is.” Price het ook beweer Majiba was deel van ʼn groep wat Vumazonke aangerand het.

Price het gevra of Vumazonke se regte aan hom verduidelik is tydens sy arrestasie. Hy het ook gevra om Majiba se notaboek te sien. Volgens Majiba het die boek intussen weggeraak.

Panayiotou word daarvan beskuldig dat hy die meesterbrein agter Jayde se ontvoering en moord is. Die staat voer aan hy het Luthando Siyoni, ʼn uitsmyter by sy Infinity-nagklub, betaal om Vumazonke as sluipmoordenaar te huur. Vumazonke is glo deur Sinethemba Nenembe bygestaan om die ontvoering en moord uit te voer. Sibeko is in Julie vanjaar in hegtenis geneem nadat hy deur sy selfoon verbind is met die saak. Hy was glo saam met Nenembe en Vumazonke by die kompleks waar Jayde ontvoer is. Siyoni het intussen staatsgetuie geword.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jaco ·

Panayioto gaan loskom op allerhande tegniese punte en swak en nalatige polisiewerk.

Nog lank nie klaar ·

Stadig die saak is nog lank nie klaar. Dit is slegs hoogtepunte en dit is Price se persepsepsie, hy probeer elke tegniese punt, dit beteken nie dat dit juis waarde dra nie, die reg gaan kyk of dit geloofwaardig is en of dit die uitslag van die saak kan beiinvloed. Staan sterk getuies, moenie toelaat dat hy met sy ongeskiktheid jul deurmekaar maak of van stryk bring nie, dit is nie kruis ondervra nie, maar kruis boelie en met woorde in sy rigting in dwing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.