Hof hoor oor man wat baba teen muur slaan

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag die skokkende besonderhede van die verloop van gebeure gehoor toe ʼn man sy vriendin se sewe maande oue babadogtertjie teen ʼn muur doodgeslaan het.

Zukile Nakupi (32) is tot 14 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan vir die moord op die klein Inganathi Mnyani van Philippi in Januarie vanjaar. In die pleitooreenkoms het Nakupi vertel wat die dag van 21 Januarie gebeur het toe hy Inganathi vermoor het.

Nakupi en Inganathi se ma, Andisiwe Mnyani, het die nag by hul huis in Philippi geslaap. Die paartjie se ouer biologiese kind was ook aan die slaap in ʼn ander slaapkamer. Omstreeks 01:00 het Andisiwe wakker geword om Inganathi te voed.

Nakupi, wat ten tyde van die voorval dronk was, het wakker geword en ʼn rusie het tussen hom en Andisiwe ontstaan oor ander vroue wat gereeld vir Nakupi bel. Terwyl die paar baklei het, het Inganathi op die bed gelê. Sy het van die bed afgeval terwyl die bakleiery aan die gang was.

“[Nakupi] erken hy het op die baba getrap terwyl hy met haar ma op die bed gestoei het. Hy erken hy het meer as een keer op [Inganathi] se lyf en kop getrap. [Nakupi] het toe die oorledene opgetel en haar teen ʼn paal en teen die muur van die plakkershut geslaan. Hy het haar toe agter die bed ingegooi,” lui die pleitooreenkoms.

Nakupi het gesê hy kan nie onthou wanneer klein Inganathi ophou huil het nie. Hy het erken sy optrede was met opset en onwettig en het skuld beken.

Regter John Hlophe het Dinsdag aan Nakupi gevra of daar enigiets is wat hy in die hof wil sê. Hy het in ʼn skaars hoorbare stem aan die kind se familie om verskoning gevra.

Hlophe het gesê Nakupi het opregte berou getoon wat die hof toegelaat het om van die minimum vonnis van 15 jaar af te wyk. Die hof het ook bevind dat hy gerehabiliteer kan word.

Die baba se familie was nie in die hof nie, maar volgens die staatsaanklaer, adv. Thabo Ntela, is hulle in kennis gestel en is hulle tevrede met die vonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lou ·

Selfs al ken ek net ten dele wil ek graag met die regter verskil. Daars niks rehabiliteerbaar aan ‘n person wat ‘n baba doodslaan nie. Die enigste straf daarvoor is die doodstraf, of dan ten minste lewenslank sonder parool. Hierdie ou gaan miskien net 7 jaar sit. Ek verafsku ‘n dronk groot sterk mens wat ‘n weerlose baba so doodslaan.

Antoinette ·

Hoe is dit moontlik dat enige iemand met so ‘n ligte vonnis tevrede kan wees? Daar is GEEN verskoning vir enige iemand wat ‘n baba vermoor nie, alleenlik die doodstraf of lewenslank x2.

Theresa ·

Beslis. Hy het meer as eenmaal (hy erken dit) op die arme ou dingetjie se lyfie getrap. Baie bewus van als??

JJ ·

Sal darm goed wees as hul aan hom kan doen wat hy aan die babba gedoen het. Dalk hom oor of agter n muur gooi en vergeet as mens klaar is. Soms skaam ek my as mens, wat het daai babba tog gedoen om dit te moet beleef!!!!!!!!!!!!!! 14 jaar tronkstraf ASB man…..

Sandra ·

Ja Lou, ek stem volkome met jou saam. Lekker ou verskoning ek was “dronk” en nou dat ek nugter is, nou is ek jammer. Ongelukkig te laat, die onskuldige baba is dood.

G ·

Mag hy in die tronk kry wat hom toekom. Rehabiliteerbaar? Ha. Ek wonder hoe hul tot daardie gevolgtrekking gekom het.

Rina Diederichs ·

Hy verdien geen vonnis nie, wreedste van wreed om ‘n arme weerlose ou babatjie so te verniel. Mag hy kry wat hom toekom in die tronk. Vonnis is belaglik. Mag hy sy lewe lank met daardie gehuil en kerm van die onskuldige ou mensie saamleef totdat hy van sy kop af raak. Drank is te veel al gebruik as verskoning.

Ook n ouer ·

14jaar nie genoeg nie….sluit die monster lewenslank toe…hy verdien nie vryheid of die reg om te leef nie…ONSKULDIGE BABATJIE IS VERMOOR

Denise ·

Die man het geweet wat hy doen hy se dan dit was met opset ek het nie woorde nie dit is skokkend !!!!

Jean ·

14 JAAR? ‘n Kind en dier in SA het geen regte nie, geen regverdigheid wanneer hulle mishandel en gemartel en doodgemaak word nie. Ons het die stemloses erg gefaal. Hy vermoor ‘n baba met OPSET en hy kry 14 jaar? Is seker binne 2 jaar uit weens goeie gedrag of een of ander rede .. RIV klein babatjie .. daar sal nooit justice wees vir onskuldige babas en diere in hierdie land nie.

Skatymir ·

Is dit regtig nodig om hierdie irelevante inligting as nuus weer te gee of het Maroela media ook nou sensasie jagters geword. Ps 137:8,9?

LB S ·

Regter Hlophe, jy stel my bitter teleur, ek het meer van JOU verwag, van MINIMUM vonnis AF TE WYK? Wat van hy moes MAKSIMUM VONNIS gekry het sonder opsie vir parool????

En Skatymir, hou jou gedweep vir jouself. Dit is NODIG dat die publiek weet wat gebeur het en wat die vonnis was. Almal het nie die saak gevolg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.