Hof hoor oor ‘moordenaar’ se vorige oortredings

hof-hamer

Argieffoto.

Mzwandile Majosi (28), die man wat in hegtenis geneem is nadat ʼn polisiebeampte se liggaam in ʼn veld buite Kimberley gevind is, staan nou vir die vierde keer in sy lewe op ʼn strafregtelike aanklag tereg.

Maroela Media het vroeër berig Majosi is in hegtenis geneem nadat die liggaam van konst. Lentswe Edward Mogorosi op 8 Januarie in die veld naby Lerato Park gevind is. Mogorosi het verskeie steekwonde aan sy liggaam en gesig gehad.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê van Mogorosi se gesteelde besittings is in Majosi se besit gekry toe hy in hegtenis geneem is.

Volgens Nkwalase het Majosi Donderdag in die Kimberley-landdroshof verskyn waar hy om borgtog sou aansoek doen. Toe Majosi egter die bewyse aangehoor het wat die staat voorgelê het om sy borgtogaansoek teen te staan, het hy van plan verander en sy borgtogaansoek laat vaar.

“Die Valke se ondersoek het aan die lig gebring dat Majosi in 2008 aan roof skuldig bevind is, in 2010 aan diefstal en later weer vir dwelmbesit in hegtenis geneem is. Die derde aanklag teen hom is steeds hangend,” het Nkwalase gesê.

Majosi sal in polisieaanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 23 Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johanna Botha ·

Wat se dit van ons wet en kamtige korrektiewe dienste ….DIS N GEMORS !

simon ·

Iemand wat ek op laer skool geken het, het in sy latere lewe homself sodanig misdra dat hy as.”gewoonte misdadiger” deur n hof gevonnis is.
As ek reg onthou het dit beteken dat hy soort van permanent uit die samelewing verwyder is deur opsluiting.
Is so n klassifikasie vandag nog moontlik?

Ouvrou ·

Nee mens noem hulle mos nie misdadigers nie. Is nou gewoonte benadeelde.

Oupa ·

Dis weereens ‘n bewys dat die Westerse / Romeins-Hollandse regstelsel nie vir Afrika werk nie. Bundu-beginsels sal beter werk.

Pietertjie ·

Mens kan nie feite doodswyg nie. Die fout lê nie by die misdadiger nie: dit lê by die Regstelsel.

Stem Pieter ·

Pietertjie ongelukkig moet ek met jou saamstem. Eers het hulle die blaam op die polisie geplaas wat swak ondersoeke doen. Nou buig die polisie agteroor om misdadigers vas te trek en die ondersoeke na die beste van hulle vermoe te doen met die beperkte ondersteuning wat hulle kry, dan FAAL DIE REGSTELSEL hulle. HOEVEEEL van hierdie moordenaars was op parool? Hoeveel van hierdie moordenaars was op borg? Hoeveel van hierdie moordenaars het nie hulle volle vonnis uitgedien nie? Die REGSTELSEL in SA is tans wetsgehoorsame burgers GROOTSTE VYAND.

Jollie ·

Dis die gevolge van ‘n SWAK REGSTELSEL in SA. Jy laat hom vandag vry omdat jy politiek korrek wil wees, more pleeg hy weer moord, dan laat jy hom weer vry of gee hom ‘n opgeskorte vonnis, oormore maak hy weer dood of steel hy. Regtig julle moet julle sokkies optrek, die misdadigers loop in die strate rond en die onskuldige mense moet hulleself agter hekke en tralies en elektriese heinings toesluit. Mag ek nooit in ‘n hof kom waar enige van hierdie sogenaamde regters ‘n vonnis oor my moet uitspreek nie. So by the way, is MOTATA al nugter?

Judge Judy ·

Bring die dood straf terug! Skelm is nie meer bang vir tronk toe gaan nie want ñ bed en kos en nix doen is gewaarborg for life. Leke man leke nuwe SA.

Toubs ·

in saudi arabie sou hy al in 2008 sy hand deur n swaard verloor het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.