ʼn Video waarin Christopher Panayiotou homself glo impliseer in die moord op sy vrou, Jayde, is Maandag in die Port Elizabeth-hooggeregshof as toelaatbaar verklaar deur regter Dayalin Chetty.
Dié binneverhoor het gehandel oor die toelaatbaarheid van ʼn geheime polisie-operasie waarin Christopher homself glo by die moord op sy onderwyser-vrou betrek.
Daar word beweer Panayiotou het glo die uitsmyter Luthando Siyoni gewerf om mense aan te stel om Jayde te ontvoer en vermoor. Die verdediging het aangevoer Siyoni is geslaan en gedwing om Christopher te impliseer en daarom is dit nie toelaatbaar nie.
Die staat beweer egter daar kan op die beeldmateriaal gesien word hoe Panayiotou Sioyni vir ʼn afluistertoestel deursoek. Panayiouto vertel dan glo vir Siyoni dit was veronderstel om soos ʼn rooftog te lyk en nie ʼn huurmoord nie.
Panayiouto het blykbaar ook vir Siyoni R2 000 gegee en vir hom gesê om sy foon te vernietig sodat die polisie dit nie kon opspoor nie.
Panayioutou en sy medebeskuldigdes, Luthando Siyoni, Zolani Sibeko en Sinethembe Nemembe, staan tereg vir die moord op Jayde in April 2015. Panayiotou word as die vermeende baasbrein agter die moord verhoor.
Panayiotou word ook aangekla vir dwarsboming van die gereg. Jayde se familie was duidelik gelukkig oor die uitspraak.
Lees alle vorige berigte oor die Panayiotou-saak op Maroela Media.
Ek is vandag so dankbaar dat ‘n gebed verhoor is, al die feite moet voor die hof kom en ‘n gewetenlose mens sal nie erken hy het dit gedoen, hy sal uitoorlê moet word en dit moet tel. Trots op Regter Chetty dat jy staan vir reg en geregtigheid. Ek sien in al hierdie groot sake waar groot geld op regshulp spandeer word het die Advokate lelike manier om mense los te kry, klim in eerbare mense se karakters in, pleit vir onskuld op al wat ‘n mense reg is, pleit op onskuld uit ‘n tikfout of spraak fout. Mense moet onskuldig op eerlikheid wees. Ek weet jy doen jou werk, maar ek glo jou werk moet wees vir ‘n ligter vonnis nie om ‘n Moordenaar los te kry nie. Verder is dit geen grap as dit in gesin / familie verband is nie, as jy nie eens jou eie familie kan vertrou nie, wie moet jy dan?????
Adv. Terry Price – hoe slaap jy in die nag?
Met toe oë
Justice hiehie hoe slaap jy in die nag of is die skuim familie van jou of verloor jy OK nou n paar sente
Oumie, jy verstaan verkeerd, Justice wil juis weet hoe die advokaat slaap in dienag, na sulke omstredenheid. Dit is Ekke wat spontaan antwoord en dit mag dalk na ‘n grap klink, maar dit is nie, hoe slaap mens as jy eerlike ordentlike mense se eerbaarheid aantas en beledig om iemand wat baie lelike goed gedoen het los te kry.
Eers op die een sy, en dan op die ander sy, rustig met sy handjies onder sy wang ingevou soos ‘n engeltjie …
Maar nee regtig! Hoe verdedig jy skuldige mense?? Ry jou gewete jou nie? En as iemand duidelik ‘n skurk en moordenaar is, mag jy ontrek? Of maak die geld dit beter?
Hoekom vra jy? Het adv. Price iets met die moord te doen? Andersins doen hy net sy werk soos al die ander advokate.
Bravo Lynni!!!
Ja jong mense het arme Gerrie Nel ook destyds uitgemaak as ‘n gewetenlose mens en tog het hy maar ook net sy werk gedoen. Almal wil alewig die prokureur stenig maar hy doen net sy werk! Mense moet tog onthou almal benodig een of ander tyd ‘n prokureur en wil jy dan een he wat pateties is in sy werk of wil jy een hè wat sy beste gaan doen vir sy klient?
Ek is so bly om te hoor dat hierdie video toegelaat word, die man moet betaal vir wat hy gedoen het aan n pragtige jong vrou met haar hele lewe voor haar.
Hy is skuim
Ek het ongelukkig die storie se draad verloor die afgelope ruk met die hofsake –
Hoe het die video/beeldmateriaal ter sprake gekom? – tydens sy onderhandelinge om die moord te pleeg ?