Hof hoor van ‘hel’ ná vrou se skietdood

Jurie Steenberg Dinsdag in die hof. (Foto: Christel Cornelissen)

Sy lewe is in hel verander.

Só lui ʼn gedeelte van die slagofferimpak-verklaring van Jurie Steenberg, wewenaar van die vermoorde Riekie Steenberg, wat Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria voorgelees is.

Riekie Steenberg (50) is in Junie 2016 op ʼn kleinhoewe in Kameeldrift, in die noordooste van Pretoria, in ʼn gewapende rooftog doodgeskiet. Jurie Steenberg is tydens die aanval in die blad gewond en ernstig aangerand.

Dolphy Sambok (45) en Karabo Ephraim Semake (25) is vroeër vandeesmaand skuldig bevind aan Riekie Steenberg se moord, asook klagte wat insluit gewapende roof en poging tot moord. Vonnisverrigtinge het vandag begin.

In sy verklaring sê Jurie Steenberg hy was sedert die aanval die teiken van tallose skinderstories en hy is in ʼn stadium selfs as ʼn verdagte in die saak beskou. Hy is ná die aanval en weens die beserings wat hy destyds opgedoen het in permanente pyn. Hy sukkel ook weens pyn en vrees om snags te slaap en sê sy sakeonderneming het groot skade gely.

“My skoonfamilie het boonop my lewe hel gemaak,” lui sy verklaring.

Jurie Steenkamp sê in sy verklaring hy beoog om die Kameeldrift-omgewing binnekort te verlaat. “My lewe hier is verby,” het hy in sy verklaring gesê en terselfdertyd gevra dat die skuldiges verantwoordbaar gehou word.

In ʼn verklaring van Diaan Lourens, Riekie seun, wat ook tydens die verrigtinge voorgelees is, sê Lourens die familie worstel met talle vrae. “Met een skoot is ons geliefde van ons weggeneem.”

In die verklaring sê Lourens ook die familie vind dit bitter moeilik om hulle lewens ná die voorval voort te sit. “Ons worstel met die wete dat sy wreed vermoor is en dat haar moordenaars nog nie gevonnis is nie.

“Sy is egter nou op ʼn veilige plek waar God se liefde haar omvou.”

Regter Hennie de Vos wou by Sambok en Semake se regsverteenwoordigers weet of daar enige vooruitsig op rehabilitasie vir die twee is. Sambok het verskeie vorige veroordelings en sy vingerafdrukke en DNS is onder meer op ʼn toneel gevind waar daar by ʼn fasiliteit van die departement van korrektiewe dienste in Brits ingebreek is. Uitspraak is nog nie in daardie spesifieke saak gelewer nie.

“As ʼn man besluit om by ʼn tronk in te breek, kan jy ooit sê dat daardie mens gerehabiliteer kan word?” wou De Vos weet.

Die regter het ook gesê hy het tydens die hofverrigtinge geen berou by enige van die twee gesien nie.

“Ons almal glo in die goedheid van die mensdom, maar êrens moet ons die streep trek. Het ons in dié land nie al te ver gegaan nie?” het die regter gesê.

“Êrens langs die pad is genoeg genoeg.”

Die saak word Woensdag voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Cherokee ·

En ek verpes die woorde ‘genoeg is genoeg’ want selfs die eerste keer was een te veel.

Wonner ·

My innige simpatie aan Jurie Steenberg wat sy vrou verloor het en dan nog deur die familie valslik beskuldig word as medepligtige. Ek hoop hulle vra hom om verskoning en dat hy kan aangaan met sy lewe.

Cherokee ·

Dit laat mens tog wonner of daar nie dalk ‘n geskiedenis is wat hulle so aanvallend maak nie.

Jacoba ·

Familie moet ophou vinger wys en seker maak van hulle feite voor hulle vals beskuldigings maak. Besef hulle dat hy hulle nou kan aankla vir naamskending, emosionele pyn boop sy pyn wat hy ervaar deur sy vrou te verloor op so ‘n wrede manier. Wat van die emosionele pyn van sy kinders as gevolg van die familie. Mense kan wreed raak waneer hulle self emosionele pyn ervaar in hul rou proses. Hulle optrede is verkeerd punt.

Swanna ·

Die doodstraf so net die regte antwoord vir daardie twee gewees het maar nou ja ons weet dit sal nie plaasvind nie en so ook met ander, dit is waarom hulle geen berou toon nie want hulle weet oor ‘n paar jaar is hulle weer uit en dan doen hulle dit maar weer4.

Adriana ·

Trek eerder weg en begin n nuwe lewe want met sulke skoonfamilie gaan jy net hel kry.
Jy is al deur genoeg.

Dolla ·

Dis vir my snaaks dat die skoonfamilie dadelik uitgekryt word as die badies. Niemand weet presies wat in die familie situasie aangegaan het. Niemand kan hulle kwalik neem siende dat sy vorige vrou in dieselfde manier dood is. Dis net menslik om so iets te vermoed. Niemand dink aan wat haar ouers en familie moes deurmaak nie, en nog steeds moet. Ja, dis vir hom erg, maar hy kan nog ʼn vrou kry, haar ouers kan nie nog ʼn kind kry nie. Om jou kind so aan die dood af te staan, breek ʼn ouer.

Viss ·

Dolla, as dit dalk so was sou die aangeklaagdes dadelik met die sak pattats voorendag gekom het ter straf versagting. So gebruik ‘n bietjie common sense voor jy met sulke goed voorendag kom.

Simpatie ·

Jurie, ek salueer jou. Na al die valse beskuldigings op hierdie selfde media, het jy regop gebly, al was dit seer. Jy het jou eerste vrou op dieselfde manier verloor. Ek is dankbaar die booswigte is gevang. Sterkte oud kollega, staan sterk. God sal jou bewaar!

Tino ·

Daar moet lyfstraf wees as deel van die vonnis wat na die die uitspraak deur die familie van die slagoffers en die oorlewende slagoffer uit gedeel kan word. Mense wat in die tronk is moet ook harde klippe kap werk in ketting bends doen.

Dit sodat waneer hulle lewens lank in die tronk land dit met pyn en soortgelyke nagevolge en beserings is. Dis te lekker om gemaklik in die beskuldigde bank te sit en dan ‘n agtermekaar mannetjie in ‘n plek gaan sit waar jy kos en slaap plek kry en nooit weer hoef te werk nie.

Sê maar net ·

Jurie se verklaring in die hof is hartverskeurend maar dan kan jy oom nie anders as om dit in twyfel te trek nie, aangesien sy vorige vrou ns meming ook so ‘n dood gesterf het.
Daar wasr hy in die hof afgeneem is, lyk vir my na ‘n selfvoldane gesigs uitdrukking.
Het sy skoonfamilie nie tóg rede om te glo dat hy betrokke was by hul dogter se moord nie?
Ja dit is al drie jaar later maar dit lyk nie na ‘n man wat tot dusver deur hel gegaan het nie of hoe????

Beryl ·

Hy is selvondaan want die misdadigers is gevonnis?, reken ek.

Cherokee ·

Nee Beryl, die moordenaars is selvondaan terwyl hy selfvoldaan is. En ek dink sy skoonfamilie se aanvalle moet op ‘n weegskaal geplaas word eer dit sommer net weggevee word.

Mariaan ·

Dit laat mens nogal wonder “se maar net” Hy lyk vir my ook heel goed en gesond…

Speedguard ·

Wat wil julle he, moet hy nou in sak en as sit, was hy skuldig bevind met die eerste vrou se lot …….NEE so nou is hy bevlek, as ek hy is sal ek almal hetsy direkte famielie en skoon famielie pak slae gee! Sterkte Jurie .

Cherokee ·

Skoon famielie, direkte famielie, geel mielies of wit mielies, sif dit want miskien is daar bruikbare mielies.

Klip inni Bos ·

Ai ons ou volkie darem. Ek kan partymaal ook so lekker bespiegel.

Niklaas ·

Aangesien daar steeds antwoorde gesoek word en hierdie ding n herhaling van gebeure met sy eerste vrou is, is die skoonfamilie skepties. Die res van ons almal sou dalks netso opgetree het tot daar totale sekerheid is.

Michelle ·

Te veel moordenaars het weg gekom met bloed vergieting gee die man en seun berusting sluit die twee vir die res van hul lewens op gooi daardie sleutels weg doodstraf sal nie kom nie ANC het dit klaar belowe gee hul die swaarste straf moontlik sonder enige parool.

ES ·

Niemand hier ken hom nie, en maak aannames dat hy tog iets daarmee te doen gehad het. Die feit dat hy sy eerste vrou ook op so wyse verloor het kan bloot toeval wees. En 9 uit 10 keer as iemand betrokke was by die moord op hul eggenoot, impliseer die beskuldigdes daardie persoon onmiddelik, want wie wil alleen tronk toe gaan vir iemand anders se besluit?

Onthou, smart en depressie kan baie maklik met ‘n glimlag weggesteek word. Niemand het enige idee deur watter hel daardie man moes gaan nie.

Dink ·

Mense, ons moet tog nie so vinnig en sonder kennis aannames en veroordelings maak nie.

Wimpie ·

Jurie lyk vir my na ‘n gelukkige wewenaar! iets ruik vir my na dooie kat!

Weet ·

Hy was so gebroke, is al lankal verloof, 6 maande na sy “groot verlies” het hy weer verloof geraak! Maar hou dit geheim vir die media en hof

Attie. ·

Weet, jys ‘n vuurhoutjie wat ‘n lont soek om brand te steek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.