Hof hou Glencoe-boer agter tralies

(Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

Deur Tania Heyns en Christel Cornelissen

Garth Simpson, ʼn boer van KwaZulu-Natal, gaan hom tot die hooggeregshof wend nadat sy aansoek om borgtog Donderdag in die Glencoe-landdroshof van die hand gewys is.

Die 68-jarige Simpson is verlede maand op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat hy glo die 17-jarige Qiniso Dlamini in ʼn struweling doodgeskiet het.

Hy is sedertdien in aanhouding.

Natasha Ramkisson, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in KwaZulu-Natal, sê die saak teen Simpson is tot 26 November vir verdere ondersoek uitgestel.

Daniël Eloff, Simpson se regsverteenwoordiger, sê hulle gaan teen die besluit appelleer.

“Ons is besig om die oorkonde van die verrigtinge te kry sodat ons ʼn kennisgewing van appèl kan aanteken,” sê Eloff.

Hy sê hulle hoop om die saak binnekort in die hooggeregshof te laat hersien.

Simpson bly intussen agter tralies.

Op die dag van die skietery het Simpson ʼn trop beeste op sy plaas aangetref en die diere in ʼn kraal toegemaak om te probeer vasstel aan wie dit behoort.

Simpson se buurman het glo gesê dat sommige van die beeste gesteel is en die diere op Simpson se plaas het met ʼn beskrywing van die ander boer se diere ooreengestem. ʼn Groep jong mans het glo op die plaas aangekom en volgehou dat die beeste aan hulle behoort.

Simpson het in daardie stadium reeds die polisie ontbied en het met sy haelgeweer, wat hy glo vir selfverdediging gaan haal het, ʼn waarskuwingskoot afgevuur. Die mans het hom glo oorrompel. Op ʼn video van die gebeure, wat Simpson se seun gemaak het, kan gesien word hoe Dlamini vir Simpson ʼn skop teen die bors en ʼn hou deur die gesig gee, voordat Dlamini glo die vuurwapen probeer afneem en ʼn skoot klap. Dlamini stort daarna ineen.

Die burgerregtegroep AfriForum het verlede week aangekondig dat hy Simpson in die saak gaan ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

tweeling ·

“A country for all races to be treated equal” – ‘n reuse leun

Aai ·

Jammer om dit te se maar die wiel draai nou vir ons met die ANC in beheer.

Wakkerslaper ·

Maar die MK terroriste, waarvan baie ‘n kriminele rekord het, word parool toegestaan….. gaan lekker in hierdie “demokrasie” wat ons so graag wou gehad het…

Nie Verbaas ·

Dit is nie net MK terroriste met kriminele rekords nie. Kyk bietjie hoeveel in die regering het kriminele rekords.

Misky ·

Hoe is dit moontlik dat hierdie man steeds nie parool kry nie en nadat hy uit selfverdediging opgetree het? Erkende en geharde moordenaars kry binne paar dae parool, maar nie die boer nie. Maar word hy vermoor, bly hulle tjoepstil en sê na die tyd die aanval word “veroordeel en ondersoek’ en dis die einde. Die man het homself verdedig teen ‘n krimineel. Hoop Afriforum help vinnig en dan dagvaar jy die rook uit hulle. Daai staatsaanklaer ook sommer in persoonlike hoedanigheid!!!!

Werner ·

Die regering en sy rowerbendes terroriseer ons boere.Wie nog dink n stemmery gaan hulle help het n groot verassing wat vir hulle wag.

Wakkerslaper ·

….stem gaan niks verander nie, maar onthou, dit is net nog ‘n boksie wat ons aftik. Soos al die aanklagtes en verslae aan die VN, Europese rade ens. Die dag wanneer ons uiteindelik dinge in eie hande neem kan die wêreld nie omdraai en sê ons het nie alle vreedsame opsies probeer nie.

Johan ·

Ek is nie seker wat jy voorstel nie, ons is n baie klein minderheid in meeste gebiede. N opstand sal vir ons katastrofies wees. Ek weet nie werklik wat die oplossing is nie?

Anel ·

Hierdie gaan regtig nie meer oor geregtigheid nie. As dit andersom was, was die skieter al lankal op R2. 00 borg vrygelaat. Hierdie land het absoluut siek geword. Dis net moord en doodslag elje dag maar jy mag jiu nie self verdedig nie. Sterkte aan hierdie boer en ek hoop hy word gehelp om ‘n masiewe siviele eis teen die staat in te sit.

Samuel ·

In hierdie geval speel die staatsaanklaer en die hof die rassekaart. As die boer swart was, sou hy lankal op parool uit gewees het. Wonderlike demokrasie.

Aai ·

Ek dink die probleem wat die staat het is omdat dit lyk of dit beplan was hoekom video maak met of sonder video gaan ‘n mens probleme he met die regering en jou velkleur.

Pieter ·

Ons moes lankal wakker geskrik het ons blankes kan en sal nooit kan saam staan nie.

Anoniem ·

Jy is reg Pieter, mense van naby wat hom ondersteun moes lankal in duisende na die hof en selle waar hy aangehou word (vreedsaam) opgeruk het en op parool aangedring het.

jou gewete ·

vreedsaam help nie, bande brand en klippe in pad en vragmotors plunder help wel

Johan ·

Natuurlik “staan-ons-saam”, wie dink jy betaal vir sy verdediging. As ons nie kon saamwerk nie was ons lankal uit Afrika soos die Europeërs. Jy kan nie meer verkeerd wees met jou stelling nie.

Di ·

Kriminele wat moord pleeg kry sommer dadelik borgtog maar die boer word geweier. Duidelik is dit weer ‘n RASMAL besluit. Die regter wat die besluit geneem het is seker ook een van “our people”

Piet ·

Swart boef val witte aan wat al n oumens is!!!!!Gee borg en gooi saak uit hof dis belaglik!!

Magda ·

Jammer jy het verkeerde velkleur. Hoop jou aansoek gaan slaag en dat jou on skuld ook bewys sal word. Dan DAGVAAR jy hierdie RASSISTIESE GEMORS VAN SA met so veel soos jy kan. Sterkte

My siening ·

Die ANC is die grootste rassiste inkluis hul leier wat kastig president is van SA, HY KYK NET NA SY ANC BOETIES EN BOGGER DIT WIT MAN. ANC KON NOG NOOIT LEI NIE!

Hennie J ·

Dis nou die nuwe regstelsel. n Openlik vyandige en leunagtige ondersoekbeampte, n behoorlik geintimideerde kleindorp landdros en n aanklaer wat nie wil afsteek nie. Die resultaat: TE HEL MET GEREGTIGHEID!!!

Antz ·

Rasmalheid, teen ons wittes. Dis al wat dit is. Die grootste rassistes was nog altyd hulle teenoor ons

Genis ·

Maar jy mag die Minister van Verdediging geiselaar hou? Banna Replubliek van formaat….

Johan ·

AfriForum help Garth asseblief met alle hulpmiddels waaroor julle beskik. Geregtigheid moet hier seëvier. Dankie vir julle bydrae.

Charl ·

Dubbele standaarde, swart moordenaars kry parool maar die blanke wat homself verdedig nie !!!

Theuns ·

Die hele regsproses in bevraagteken baar, soos weer hier bewys. Feite waarop die reg gegrond was in die verlede word ignoreer ten gunste van vooroordeel en emosie. Tragiese dag vir RSA. Mense word gyselaar gehou, skote word links en regs geskiet, maar belaglike R500 borgtog word toegestaan. Iemand wat homself verdedig word borg geweier? Howe dien politike agenda teen minderhede. ( Die kommentaar sal seker nei geplaas word nie omdat MAROELA OOK BEGIN DANS NA DIE REGIME SE PYPE…)

Jack ·

Wat kan wit mense anders verwag in die land van vervolging van wittes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.