Hof ‘kan Bank of Baroda nie voorskryf nie’

bank-of-baroda

Bank of Baroda. Foto: Marketing91.com

Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag ʼn dringende hofaansoek van die hand gewys wat deur 19 Gupta-maatskappye ingedien is om die hof te versoek om die Bank of Baroda te verplig om voort te gaan om dienste aan hulle te lewer.

Die 19 maatskappye, wat almal bande met die omstrede Gupta-familie het, wou gehad het die Bank of Baroda moet steeds dienste aan hulle lewer, hoewel die bank reeds aangedui het dat hy sy Suid-Afrikaanse tak wil sluit. Regter Ntendeya Mavundla het die aansoek met koste van die hand gewys.

Bank of Baroda het voorheen aangevoer hy wil al die rekeninge van Oakbay, wat bande met die Guptas het, sluit weens die risiko vir sy naam.

“Julle is daarvan bewus dat die groep al ʼn geruime tyd negatiewe nuusdekking in die media ontvang, wat volgens die bank ʼn potensiële risiko inhou en die belange van die bank nadelig kan beïnvloed. In hierdie omstandighede het die bank geen ander keuse as om sy bande met die firma te verbreek nie,” het Mavundla gesê.

Die regter het gesê die hof kan nie die bank verplig om sy tak in die land oop te hou en teen sy wil te bedryf nie.

In Januarie het Nedbank die Bank of Baroda in kennis gestel dat hy sy bande met die bank binne drie maande sal verbreek. Dit beteken vanaf 1 April sal Baroda nie meer bankgeriewe by Nedbank hê nie. Baroda maak op dié geriewe staat om bankdienste aan sy eie kliënte te bied.

Weens die beëindiging van dié verbintenis, het Baroda aangekondig hy sal sy plaaslike tak sluit. Hy verbreek ook vanaf 31 Maart alle bande met maatskappye wat op hul beurt bande met die Guptas het.

Dit is intussen steeds onbekend waar die Gupta-broers, Ajay, Atul en Rajesh, hulle bevind. Dit is ook ʼn raaisel waar voormalige pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, tans is. Dit is te midde van bespiegeling dat Ajay, Atul, Rajesh en Duduzane vir die Suid-Afrikaanse owerhede vlug.

Ajay is vroeër deur die owerhede as ʼn voortvlugtige bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lientjie ·

Al 19 takke is seker in die Sandton sakesentrum, want ek het nog nooit in al my jare so ‘n bank gesin nie!

marous ·

Die respondent moet teen sy wil bly , maar die aansoeker se belanghebbendes kan die land onder ‘n wolk verlaat? Wat ‘n grap!

Baroda Bank? ·

Die bank klink vir my soos iemand wat met ‘n wit T-hemp in ‘n modderpoel sit en probeer om mooi skoon anderkant uit te kom. Hulle is so vuil soos die poel waarin hulle sit…

zoom zoom ·

Bank maar al die Gupta gelde van nou af in die VBS bank. Hulle het darem vir zuma gehelp sonder om te hanna hanna

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.