Hof kap vrou oor Facebook-plasings

Argieffoto

Argieffoto

Die Pietermaritzburg-hooggeregshof het beveel dat ʼn vrou lasterlike kommentaar oor haar voormalige kêrel en pa van haar kind van haar Facebook-blad moet verwyder, het The Star Donderdag berig.

Die pa, ʼn sakeman van Durban, het ʼn interdik teen die vrou bekom nadat sy kommentaar oor hom op die sosialemediaplatform gelewer het ná ʼn beweerde aandjie uit, terwyl hul vyfjarige dogter in sy sorg was.

Alhoewel die vrou nie sy naam gespesifiseer het nie, het die verwysing na haar “eks” hom geïdentifiseer. Die lasterlike plasing is gemaak nadat hul dogter ʼn naweek saam met haar pa spandeer en glo ʼn partytjie saam met hom bygewoon het. Hulle het glo by die huis oornag en die dogtertjie moes ʼn bed deel met ʼn vrou wat ʼn voorskoolse onderwyser is. Die vrou is aan die dogter bekend en sy is nie in ʼn verhouding met die pa nie.

Die ma het daarna op Facebook geskryf daar was ʼn “jol” en dat haar eks se “dronk vriende” opgeëindig het om langs haar dogter te slaap.

Die hof het die vrou beveel om die man se regskostes te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

EMK ·

Dis hoekom ek NOOIT op FB sal gaan, dis net ‘n “tool” vir dom mense om hul vrotasems oor almal te mors. Het sy regtig gedink sy gaan daarmee wegkom – sy het net haar klas gewys en beslis nie gemaak dat mense sleg dink van haar man nie, inteendeel mense dink maar net minder van haar. FB en meeste van die sosiala media word misbruik in plaas van GEbruik waarvoor dit eintlik is.

Karen ·

Ek stem, as jy ‘n naweek saam met jou kind/ers gaan spandeer om haar/hom/hulle nie aan ‘n gekuiery bloot te stel nie (maar dan nou weer jy kry kuier and dan kry jy KUIER). Jy het genoeg tyd om te kuier die naweke wat jou kind nie by jou is nie.

Dit gesê, moet ons ook versigtig wees vir aannames maak. Ons was nie daar nie en weet nie of die vriende “dronk” was nie. Die ma was ook nie daar nie, kyk waar het haar aannames haar gebring??!

EMK ·

@Dalene, was jy daar? Hoe weet jy daar was “dronk vriende”?? Dis JUIS hoekom die pa haar hof te gesleep het. Mens moet oppas wat mens van ander sê. In Spreuke staan nie verniet geskryf ” ‘n Skinderstorie is soos lekker kos – mense sluk dit so maklik” so onthou dit gerus volgende keer voor jy aannames maak.

Opinie ·

Man, die ma het bloot ‘n lat gesoek om die pa by te kom. Dalk het die dogtertjie lekkerder by hom gekuier as wat sy by haar ma bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.