Hof keer Guptas se versoek dat Gordhan moet opdok

Pravin Gordhan. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag ʼn versoek deur die Gupta-beheerde Sahara Computers verwerp dat minister van finansies Pravin Gordhan persoonlik die regskoste moet betaal in die voortslepende hofsaak waarby Suid-Afrika se groot banke betrokke is.

Regterpresident Dunstan Mlambo het gesê die 14de respondent [Sahara Computers] het ʼn kennisgewing ingedien waarin die outoriteit bevraagteken word van die staatsprokureur om die aansoeker, die minister van finansies, te verteenwoordig. Mlambo het gesê die hof is tevrede dat die staatsprokureur wel voldoende mag het om Gordhan te verteenwoordig tydens die hofverrigtinge.

Adv. Kameel Premhid, vir Sahara Computers, het ook aangevoer dat Gordhan persoonlik die regskoste vir die “onnodige aansoek” moet betaal, omdat hy glo betrokke is in ʼn “politieke sameswering”.

Gordhan het die hof genader om ʼn verklaringsbevel uit te reik wat hom sal verhoed om in te gryp in die dispuut tussen die Gupta-beheerde Oakbay Investments en Suid-Afrika se groot banke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Landi Maree ·

Vandat di Gupta in Jacob Zuma se kamp beland het gaan ons land net meer agteruit uit raak di regering net meer korrup
Hulle beheer ons president en hy spring soos n marionet
En dan maak hy in elk geval met ons lan en regering asof hulle n sirkus is n di res net marionette.

Johann ·

Whahahahaaaa. Die Adv se naam is Kameel? Hy wil seker die GUPTAS deur Sahara sleep en red…?

Marie Visser ·

Ek sou my so skaam as ek die Guptas was, ek sou stert tussen die bene die land uitgevlug het en al my Zubagasie saamgevat het.

John ·

Vreemdes dink nog altyd vir die ANC, nog altyd, ook vir Mandela. Die’ grond-gryp-griep wat nou uitbreek, waai ook uit die Ooste soos vele ander siektes. Camoes skryf in sy Lusiade dat Vasco da Gama se seereis en ontdekking van Indie in ‘n redelike nagmerrie ontaard het, toe skelm inwoners van die bemanning gevange gehou het. Hulle moes uiteindelik dieselfde speletjie speel om uit die kloue te ontkom en was bly toe die vreemde land met sy nog vreemder gelowe agter die blou horison verdwyn vir hul terugreis om die Kaap van Storms (en die skrikwekkende fata morgana van die Adamastor op hul heenreis).

sioux ·

het die gupies tie wragtig guppies geword in die hof? geluk mnr gordhan. ons bid jou ook oorwinning toe in jou stryd as min. va. finansies.

christa ·

Ai tog wens net hul wil nou net vir Gordan uit los hy doen ten minste iets vir Land zuma is n stuk gemors Jaag hom weg ons kan nie verder met so n pateet sit vir n President nie 2de ZIM.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek is sat vir die daaglikse Gupta teen Gordhan nuus. Hopelik sal die Zuma aanhangers (en sommer hy met sy standerd 3 mentaliteit ook) na vandag se begrafnis begryp dat Gordhan seker een van die populerste ministers is wat SA nog gehad het toe duisende mense hom staande toegejuig het toe versoek is dat hy moet wys waar hy in die gehoor is en opstaan. Die aandag op hom was beslis onverwags en was hy agterna baie aangedaan oor die vertoon van duisende mense se aanhang openlik aan hom vertoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.