Hof keer veiling van Steve Biko se lykskouingsverslag

Steve Biko. Argieffoto

Steve Biko. Argieffoto

Die hooggeregshof in Johannesburg het Woensdag gekeer dat die oorspronklike nadoodse ondersoekdokumente van die anti-apartheid-aktivis, Steve Biko, opgeveil word.

“Die hof het ten gunste van die Biko-familie beslis en die verkoop van die dokument sal nie voortgaan nie,” het Thando Sipuye, woordvoerder van die Steve Biko-stigting, aan Sapa bevestig.

Die Mail & Guardian het Dinsdag berig die stigting en die Biko-familie het ʼn dringende hofaansoek ingedien nadat hulle bewus geword het dat die dokumente vandag tydens ʼn veiling verkoop sou word.

“Die Biko-familie, saam met die Steve Biko-stigting, is sterk gekant teen die verkoop van hierdie historiese dokument en het die hofinterdik ingedien om dit te voorkom,” het die stigting Dinsdag in ʼn verklaring gesê. Die familie beweer dat die dokument die eiendom van die Biko-familie en -stigting is en nie vir private gewin deur derde partye verkoop kan word nie.

Hy was 30 jaar oud toe hy op 12 September 1977 in die polisie se aanhouding dood is.

Die BBC berig die verkoper se ma het vir hom die dokument gegee. Sy was glo die sekretaresse van dr. Jonathan Gluckman, die patoloog wat deur Biko se familie aangestel is om die nadoodse ondersoek by te woon. Hy het glo die dokument vir haar gegee om te bewaar weens kommer oor die veiligheid daarvan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anet ·

Nou vra ek wie sal belangstel om die nadoodse ondersoekdokumente van Steve Biko will koop op ‘n veiling?. Hy is al 37jr dood, en ‘n hopie stof. Dit kan net die ANC kaders wees wat dit sal koop, buitendien se die verslae nie veel nie, net dat hy ‘n Brein besering opgedoen het gedurende ‘n stoei geveg met “Tronk bewaarders” destyds.

Kaspaas ·

Is hulle bang dat almal dalk uitvind hoe hy regtig dood is ?

nic ·

As die Biko familie die dokument dan die graagste wil hê dan sou hulle tog sekerlik ‘n plan kon maak om die hoogste bot te maak op die veiling?

Vic ·

Die patoloog se sekretaresse, en haar seun, behoort gedagvaar te word vir die poging om iemand se privaat mediese inligting te verkoop. Is dit vir haar gegee of het sy dit gevat?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.