Hof laat vaar saak teen vrou wat glo polisie aanval

Argieffoto

Argieffoto

Die Pretoria-landdroshof het ʼn aanrandingsaak teen ʼn vrou laat vaar nadat die Sunnyside-polisie beweer het hulle is Sondagoggend deur haar aangeval, het Beeld Woensdag berig.

Thandiswa Losi, die dogter van Suid-Afrika se ambassadeur in Tunisië, is vroeg die oggend saam met ʼn groep vriende in Esselenstraat in Sunnyside in hegtenis geneem vir aanranding nadat sy foto’s van die polisie geneem het wat glo ʼn ander vrou aangerand het.

“Ek het probeer om die voorval met my selfoon af te neem, maar ʼn polisiebeampte het my foon gevat. Daarna het hy my geslaan en in hegtenis geneem,” het Losi gesê.

Die polisie by die Sunnyside-polisiekantoor het haar glo beveel om die beeldmateriaal uit te vee. Sy is later die dag vrygelaat, maar die polisie het ʼn saak van aanranding teen haar aanhangig gemaak.

Sy het ook ʼn klag van aanranding teen die polisie aanhangig gemaak. Dié saak duur voort.

Losi was geïrriteerd toe die klag wat die polisie teen haar ingedien het, laat vaar is.

“Dit is uiters ongerieflik. Ten spyte van die feit dat ek onregmatig in hegtenis geneem is, het hulle my vandag vier uur lank hier laat wag,” het sy gesê.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het bevestig dat sy die voorval aangemeld het.

Ao. Dave Miller, polisiewoordvoerder, was Dinsdagoggend nie bewus van die voorval nie en lt.kol. Katlego Mogale, provinsiale woordvoerder, wou nie kommentaar lewer voordat daar behoorlik ondersoek ingestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ai tog ·

Een vrot aartappel maak die hele saak vrot hoe vertou mens weer die polisie na so geval?

ladybug ·

Ai saps, as julle iemand wil d@nner, doen dit waar niemand sien nie … leer julle dan nooit nie?

Riaan Slabbert ·

Verstaan ek jou reg Ladybug? Dit gebeur baie meer as wat jy dink dat swart polisie, blankes aanrand, en ongelukkig presies soos jy aanbeveel….waar niemand kan sien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.