Hof lewer uitspraak in Panayiotou-moordsaak

Christopher Panayiotou, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko in die hof (26 Oktober 2017). Foto: Raahil Sain/ANA

Uitspraak is Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gelewer in die saak teen Christopher Panayiotou, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko, die mans wat aangekla word van die moord op Jayde Panayiotou op 21 April 2015.

Regter Dayalin Chetty het Panayiotou en Nenembe skuldig bevind op ʼn aanklag van moord. Sibeko is skuldig bevind op ʼn aanklag van sameswering tot moord. Panayiotou is ook skuldig bevind aan dwarsboming van die gereg, terwyl Nenembe skuldig bevind is aan roof met verswarende omstandighede.

Die uitspraak volg ná ʼn marathon-verhoor wat meer as ʼn jaar gelede begin het en waartydens 58 getuies geroep is.

Jayde is op die oggend van 21 April 2015 buite die Stellen Glen-kompleks in Kabegapark ontvoer waar sy gestaan en wag het vir ʼn saamrygeleentheid werk toe. Haar liggaam is die volgende dag in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind. Sy is drie keer geskiet, twee keer in haar rug en een keer in haar kop.

Kapt. Gideon Olivier, ʼn ballistiese kenner, het tydens die verhoor getuig daar was ʼn ingangswond aan die linkerkant van Jayde se kop en ʼn uitgangswond aan die regterkant en “dit was definitief” die laaste skoot.

Die staat het aangevoer Panayiotou was die meesterbrein agter sy vrou se moord en dat hy vir Luthando Siyoni betaal het om huurmoordenaars te kry om Jayde te vermoor. Volgens die staat het Nenembe vir Sizwe Vumazonke gehelp om die moord uit te voer. Sibeko het ook ʼn rol in die uitvoering van die moord gespeel.

Vumazonke is verlede jaar in aanhouding dood terwyl Siyoni ʼn getuie vir die staat geword het.

Die staat het aangevoer Panayiotou wou sy vrou laat vermoor omdat sy vir hom finansieel ʼn las was. Dit het ook ná Jayde se moord aan die lig gekom dat Panayiotou in ʼn buite-egtelike verhouding betrokke was met Chanelle Coutts wat as ʼn bestuurder by Panayiotou se OK Grocer gewerk het.

Costa Panayiotou ondersteun sy seun Christopher tydens ‘n vorige verskyning in die hof (Mei 2016) Foto: ANA

Coutts het tydens haar getuienis in die hof erken dat sy in ʼn buite-egtelike verhouding met Panayiotou betrokke was, maar het gesê sy het nie enige kennis gehad van die omstandighede wat tot Jayde se moord gelei het nie.

Een van die verdoemende bewyse teen Panayiotou was ʼn gesprek tussen hom en Siyoni wat tydens ʼn geheime polisieoperasie op video vasgevang is. In die video impliseer Panyiotou homself by sy vrou se moord deur herhaaldelik vir Siyoni te sê om hom nie te bel of te SMS nie omdat “hulle” sy oproepe dophou. Panayiotou vra ook vir Siyoni watter vrae die polisie aan hom gestel het en of daar gevra is of hy [Panayiotou] by die misdaad betrokke was.

Panayiotou sê in die video “hulle”, vermoedelik met verwysing na die huurmoordenaars, het nie Jayde se sakke en juweliersware gevat nie en nou lyk die moord soos ʼn “hit”. “So nou is hulle agter my aan en daarom kan ek jou nie net so voor mense sien nie, Thando,” sê hy.

Peter Daubermann, vir die verdediging, het tydens sy slotbetoë aangevoer die feit dat Nenembe, Sibeko en Vumazonke met mekaar gekommunikeer het, is nie bevestiging van die inhoud van daardie gesprekvoering nie. Daubermann het dit gestel daar is geen bewyse voor die hof om te bewys waaroor die drie mans met mekaar gekommunikeer het of dat hulle by Jayde se moord betrokke was nie.

Hou Maroela Media dop vir meer.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Genieve ·

Pappa wag vir hom en ek hoop nie hy gaan ook in n spesiale tronk wees nie.Pollsmor toe met hom.Hy is die main ou agter sy vrou se dood.

LMF ·

Ag hoe sug ek n sug van verligting nou wag ek nog vir Henning wat het van hom geword MM hy het als gereel en dit by sy kind se skool of het geld die saak onder die mat gevee Rus in vrede vroue van gisinsgeweld en manne pas jul vroue mooi op en praat met mekaar en as dit moet skei net sonie is tronk jou voorland dankie ook vir regte manne daar buite

Mielie ·

Wil ek ook weet. Sou lief om hom en Gerrie te gesien het…….Sy dag sal ook kom

Mielie ·

Daar kon nie n ander uitspraak gewees het nie. Wat ek nie kan verstaan nie is hoekom hy met Jade getrou het. Hy was tog lief vir die ander vrou…..of was sy net n maklike target…..so so sad

Francois le Cochon ·

La’t ek sien. Dis vandag sy 31ste verjaardag. Plus 25 jaar tronkstraf, dan is hy 56. Werk dan vir 9 jaar, dan is hy 65, en kan op pensioen gaan. Ek werk al 40 jaar, en is nog nie op pensioen nie.

Kowa ·

Lekker verjaardaggeskenk wat hy gekry het! Ek dink Jade se familie en vriende sal sy “verjaarsdag” behoorlik vier.

Lana ·

Dankie tog. So ‘n sinnelose dood van ‘n pragtige jong vrou.

Sputnik ·

‘n Uiters dom ding om aan enige persoon te doen, soveel te meer aan ‘n pragtige mens soos Jayde!

Sputnik ·

Tragies dat die staatsgetuie nou (waarskynlik) skotvry daarvan afkom. As hy die die ou se vuil werwingswerk vir hom gedoen het nie, het Jayde dalk nou nog geleef!

Cherokee ·

Dit Sputnik, is wat ek ook lastig vind. Die Mikey Schultz wat Bret Kebble geskiet het en dit erken het in ‘n hof, het vry daar uitgestap omdat Glen Anglioti die vervolgers se teiken was. Schultz mag selfs weer wapens besit. Soos jy sê, dit is ondenkbaar om so een vry te skeld ter wille van staatsgetuienis.

Ek is.... ·

En wat van die ontvoering saak??? Het niemand gegeboet vir dit nie..

Dirkie ·

Die enigste wenner in die saak sover is ene adv Price. Hy het die man kaal uitgetrek wetende hy is skuldig. Hy tree eersdaags af terwyl Christopher in tronk sit. Mnr Bob Hewitt sit reeds na n saak wat teen hom gemaak was 30jr tevore. Geen forensiese bewysse en Mnr Price kon hom ook nie uit tronk hou nie. Arme Jayde se ouers het steeds meer vrae as antwoorde. Het Terry Price al iemand suksesvol verdedig?

Helene ·

Fantasties! Dankie Regter Chetty. Lieflike verjaarsdag geskenk vir hom.

Mariaan ·

Hy het gedink hy en sy minnares gaan teen dié tyd lankal in Griekeland gewees het. Toe boemerang sy planne. Wonder wat gaan nou deur daai kop van hom.
En dan sy minnares wat hom sowaar nog ondersteun. Wat sê dit van haar? Soort soek seker maar soort.

Linda.Klopper ·

By kon haar maar eerder.net gevra het vir n egskeiding!!!! So.pragtige vrou!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.