Hof lewer uitspraak oor Limpopo-handboeke

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak gelewer rakende ʼn aansoek om die onderwysowerhede in Limpopo te dwing om uitstaande handboeke af te lewer.

Die City Press berig regter Neil Tuchten het beslis dat die departement van onderwys leerlinge se regte tot onderwys geskend het omdat die departement nie daarin kon slaag om te verseker dat die leerlinge betyds, voor die aanvang van die 2014-skooljaar, hulle handboeke ontvang het nie.

Die gemeenskapsorganisasie Basic Education for All (Befa), wat deur die burgerregte-groep Section 27 ondersteun is, het verlede maand die aansoek gebring nadat die departement van onderwys erken het dat honderdduisende handboeke eers in April vanjaar bestel is weens begrotingsbeperkinge. Volgens die departement wag hulle steeds vir die aflewering van 158 000 handboeke.

Befa en Section 27 het aansoek gedoen vir ʼn hofbevel om die departement te dwing om te hou by sy spertyd van 6 Junie om alle uitstaande handboeke af te lewer. Volgens die koerant het Tuchten egter nie die aansoek toegestaan nie, maar slegs genotuleer.

“Ek hoop die departement sal nou aan hul beloftes voldoen,” het Tebogo Sephakgamela, van Befa, na die uitspraak gesê.

Elijah Mhlanga, die woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê die departement sal hard werk om die spertyd te haal.

SAUK-nuus het berig dat die departement die kostes sal betaal. – SAPA

Lees ook:
Hof gaan sê oor Limpopo-handboeke
Limpopo-skole nog sonder handboeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Wat n grap en ou angie swymel oor die “suksesvolle” jaareind slaagsyfers. Hoe slaag n student sonder handboeke ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.